PE-mesaanval: Vrou lewe in vrees na man borgtog kry

Anne-Marie Stevens in Julie vanjaar. Foto: Maroela Media

Anne-Marie Stevens in Julie vanjaar. Foto: Maroela Media

Anne-Marie Stevens (44), die vervreemde vrou van Martin Stevens, wat daarvan beskuldig word dat hy haar verlede jaar Oktober verskeie kere met ʼn mes gesteek het, sê sy lewe in vrees nadat hy vandeesweek op borgtog vrygelaat is.

Tsepo Ndwalaza, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het aan Maroela Media bevestig Martin (48) is Woensdag in die Port Elizabeth-landdroshof op borgtog van R5 000 vrygelaat. Die staat het die aansoek teengestaan. Ndwalaza het nie die borgtogvoorwaardes bekendgemaak nie.

Maroela Media het vroeër berig Martin, van Algoapark, staan tereg op ʼn aanklag van poging tot moord, nadat hy Anna-Marie glo buite ʼn vriendin se woonstel in Sydenham oorval en verskeie kere met ʼn mes gesteek het. Stevens het homself destyds, kort na die voorval, aan die polisie oorgegee. Maroela Media het in Julie vanjaar met Anne-Marie gesels oor hoe haar lewe onherroeplik verander het na die aanval.

Charlotte White, Anne-Marie se suster, het Donderdag aan Maroela Media gesê Anne-Marie “is ʼn senuweewrak” vandat sy die nuus ontvang het dat Martin vrygelaat is. “Ek is nie ʼn bang mens nie, maar Anne-Marie is nou baie bang. Ons glo hy sal een of ander tyd weer met haar kontak maak,” het White gesê.

“Ek het vir Anne-Marie gesê Martin sal of homself nou gedra totdat die verhoor verby is en dan sy straf soos ʼn man vat, of hy sal terugkom om klaar te maak waarmee hy begin het,” het White gesê. “Ons is baie geskok dat hy borgtog vrygelaat is.”

Martin sal op 20 September weer in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Drieks ·

Neeee. Hy uit op borg. Dit nie reg nie. Die polisie moet haar nou gaan oppas.

Johanna ·

Hy steek jou verskeie kere met ‘n mes gaan gee homself oor aan die polisie nou kry hy borg
wees versigtig asb.

commentqueen ·

…met al die moorde en geweld op vroue…. en die hof besluit NOGSTEEDS om die man op borg vry te laat!! Skrikwekkend….

Cherokee ·

Ek lei af hy het skuld erken na aanleiding daarvan dat hy homself aan die polisie oorgegee het. Weet nie hoe die gereg en sy regsverteenwoordiging dit kan verduidelik dat hy toegelaat word om tussen mense te beweeg nie.

Cherokee ·

Kan dit nie glo nie Klong van die Karoo! Hopelik wel net vir ‘n wyle.

oni ·

n Maand voor sy verhoor kry hy borg’om wat te doen. kan net wonder.

Charlitte White ·

Net gou n regstelling.My suster is n bang mens Na die aanval omdat sy niks vir haarself kan doenn nie.Ek versorg haar en Nee ek is Nie bang vir Martin Stevens nie hy sal nie naby my suster kom nie.Hy het haar lewe verwoes.Ek wens hom geen kwaad toe nie ek hoop die 10 maande wat Matin in aanhouding was het hy tyd gehad om te dink.Die gereg moet sy gang gaan en Martin moet sy straf soos n man vat.Niks kan Annamarie se lewe vir haar teruggee nie.Haar spinalcord is afgesny sy sal nie weer kan loop nie.Ek sal na haar kyk solank God my spaar….God sal vir ons n uitweg gee dis nie altyd maklik nie.SY genade is vir my genoeg.

Wat-ek-lees ·

Wat ek lees kan ook ek nie verstaan. Wat ek wel weet is dat jy Charlitte iemand is wat ek salueer. Hoe sou mens jou/julle wou bystaan.

Charlotte white ·

Dankie wat-ek-lees.Ek Glo met my hele wese dat n wonderwerk sal gebeur.Engele is nie net in die Hemel nie,daar is engele daarbuite.God sal vir ons n deur oopmaak en HY sal voorsien.Dat my suster leef is genade sy is vir dood gelos.Ons SAL hierdeur kom.Daar is krag in gebed en ek Glo al kan my suster nie weer loop nie sal sy so herstel dat sy haarself kan help.

nog in vrou wat in vrees leef ·

My lewe is ook om in vrees te leef nadat ek n agterstallig onderhoud saak oop gemaak het. Hy is tot alles in staat en glad nie bang vir die wet nie.

Wat-ek-lees ·

Aan al julle wat deurgaan as mans: Om so jou kind te verag wat jy deel van is is die naam van ouer nie werd. Jy is nie naastenby ‘n pa vir die kind wat jy help maak het. Eintlik was jy ‘n verkragter wat nou weghardloop vir die resultaat van jou daad. Om te dink dat daardie einste kind eendag gaan vra waar is pa en die antwoord wat ma sal moet gee: “Hy het ons weggegooi”.
Sies vir julle. Ek het vir julle ook harde woorde en dit is ontmanning omdat julle nie mans genoeg is om in te staan vir julle dade.
“Nog ‘n vrou wat in vrees leef”, sterkte aan jou en sukses word jou toegewens want om sy wegkruipplek te kry is in baie gevalle alreeds ‘n groot werk.

Helen ·

En sy is die tweede vrou wat hy probeer vermoor het. Eerste een is vermoor deur hom en hy het daarmee ook weg gekom?

Martin ·

Ek wil julle net inlig ek is uit op R15000 bail en nie R5000 nie ek weet waar julle jul inligting kry nie

Boerklong ·

Dat hulle hom op bail laat gaan het is al klaar baie erg en moet seker vreeslik erg vir Annamarie en haar suster wees. Saterdagaand word hy by n dans opgemerk waar hy dans en musiek maak asof daar niks gebeur het nie,het die man dan geen geen gevoellens nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.