PE-moord: Identikit uitgereik

Die identikit wat deur die polisie uitgereik is. Foto: Verskaf

Die identikit wat deur die polisie uitgereik is. Foto: Verskaf

Die polisie het Sondag ʼn identikit uitgereik van ʼn man wat moontlik verbind kan word met die ontvoering en moord van Jayde Panayiotou (28), die onderwyseres van Port Elizabeth wat Dinsdagoggend verdwyn het.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, het aan Maroela Media gesê die tekening is saamgestel uit beeldmateriaal wat hulle van veiligheidskameras bekom het. Die polisie het Donderdag twee foto’s uitgereik wat uit dieselfde beeldmateriaal bekom is. Volgens Janse van Rensburg is hulle onseker of dit dieselfde man is wat op albei foto’s verskyn.

Panayiotou se liggaam is omstreeks 10:00 Woensdagoggend in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy vermoedelik Dinsdag buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is. Sy het gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry, maar het verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Panayiotou was ʼn onderwyser by die Riebeek College Girls’ High School in Uitenhage.

Enigiemand wat die verdagte op die idenitkit herken of meer inligting oor die saak het, kan ao. Anel van Eyk by 041 397 6857 of SAPS Crime Stop by 08600 10111 bel.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Peet Schabort ·

Dit wil vir my lyk of veiligheidskameras opgegradeer moet word om beter foto’s te neem. Sou graag wou weet of die kameras by die Parlement, Uniegebou, Nkandla, Reserwebank ens. van beter gehalte is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.