PE-moord: Man getuig van vrou se ontrouheid

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man van Port Elizabeth wat daarvan beskuldig word dat hy sy vrou ten aanskoue van hul jong kinders met ʼn mes doodgesteek het, het Maandag in die stad se hooggeregshof vertel van sy vrou se buite-egtelike verhouding.

Die man, wie se naam nie genoem kan word nie om die identiteit van sy kinders te beskerm, het na bewering in Oktober 2013 sy vrou verskeie kere met ʼn mes in haar bolyf, kop en rug gesteek terwyl hul twee kinders, onderskeidelik 6 en 11 jaar oud ten tyde van die voorval, in die huis was.

Een van die kinders het voorheen in trane in die hof getuig hoe sy by haar pa gepleit het om nie haar ma met ʼn mes te steek nie.

Die man, wat voorheen as ʼn tegnikus by die munisipaliteit gewerk het, het aan die hof gesê hy en sy vrou het huweliksprobleme gehad en dat hy een dag by die huis gekom het en haar saam met ʼn ander man in die bed betrap het. “Ek het haar en die ander man in my slaapkamer betrap. Ek het vir hulle gesê ek sal hulle nie pla nie en het geloop,” het hy gesê.

Hy het gesê hy het daarna maatskaplike werkers genader om hom te help om toesig oor sy kinders te kry, omdat hy nie met sy vrou wou versoen nie, maar bloot ʼn hofdatum wou kry om wetlik toesig oor sy kinders te versoek. Volgens die man het hy daarna saam met polisiebeamptes na die gesin se huis gegaan om sy vrou van die komende hofverrigtinge in te lig.

Hy het gesê die kinders was alleen tuis toe hy en die polisiebeamptes daar aankom en hulle het vir hul ma gewag om terug te keer. Toe sy by die huis aankom, het hulle die nodige dokumente aan haar gegee, maar sy het geweier om dit te onderteken en die vrouepolisiebeampte gegryp en uit die huis gestamp.

Die man het gesê hy het later weer sy vrou gesien en sy het gehuil en hom gevra om haar terug te neem. Hy het ook beweer dat die kinders gevra het of hulle by hom kan bly omdat hulle ma hulle gereeld alleen by die huis gelos het.

Die verhoor duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

DPJ ·

Die vrou hulle huwelik op haar voorwaardes voortsit. Wou nie die man toesig toestaan nie. Nou dra sy die gevolge.

Dawn Neethling ·

Sy dra nie die gevolge nie Sy is dood Hy en die kinders dra die gevolge

Oom Boer ·

Daar mag dalk huweliks probleme ontstaan het, maar regtig dit kan geensins so ‘n wrede moord regverdig en dit ten aanskoue van kindertjies. Wat sal gebeur as een van die kinders ‘n fout maak en jy Mnr verloor weer jou kop en selfbeheersing? Enige redelike mens sal woedend wees as jy op so toneel afkom waarin vrou betrokke is, as dit te sêdie ware weergawe is, maar dan is daar vele ander menslike maniere tot ooreenkoms, maar nie moord nie. Jammer maar dit was ‘n koelbloedige misdaad wat gepleeg is, wat hierdie vrou en Ma geensins verdien het nie ongeag van omstandighede.

DPJ ·

Oom Boer lees maar weer die berig. Die man het omverskoning gevra. Later saam met ‘n geregsdienaar terug eg gaan en haar egra om regs doumente te teken as ontvangs erkening.

Chris W ·

Ontrouheid regverdig nie moord nie.Skei en kry klaar want as die “hormone ” eenkeer gepla het SAL dit weer pla in die teokoms!

Oom Boer ·

@DPJ, dankie vir jou tereg verwysing op artikel, maar staan by my kommentaar dat ongeag van omstandighede binne die huwelik is dit nogtans nie geregverdig om sy vrou later op so wrede manier te vermoor ten aanskoue van die kinderjies nie. Ek is selfs ‘n Oupa groeitjie/Oupa en Vader en sal dit nooit kan aanvaar dat sulke ernstige stappe geneem word nie as daar soveel ander uitwegte tot berading of skei dan soos uitgewys deur Chris W, nie moord nie.

Rens Roodt ·

ONTROUHEID IS OOK NIE REGVERDIG NIE – DIT VERNIETIG LEWENS –

Liewe Heksie ·

Sy storie nie “haar storie” en die waarheid Dit was baie drasties en eenkeer snap altyd snap

Lindie ·

Kan nie glo dat julle ‘n moordenaar se stories glo nie. Kan nie hierdie gevoellose kommentare glo nie. Arme vrou!

Karma ·

Lindie, arme vrou se dinges! Daar is ALTYD drie kante van ‘n storie: MY kant, JOU kant en die WAARHEID. Wie weet, dalk is dit nie die eerste keer wat hy haar betrap het met ‘n ander man nie? Dalk het hul huweliksbootjie al vele keer deur stormwaters beweeg en was dit nie die eerste keer dat hy haar vergewe en aangegaan het met die huwelik nie.

Ek dink ook nie sy sal kwalifiseer as kandidaat vir “Moeder van die Jaar” nie, nie as sy haar kinders gereeld alleen los nie. Nee wat, jammer dat die kinders dit moes aanskou (hulle is vir seker geknou vir die res van hul lewens), maar ek dink “Moedertjie” het haar ‘come-uppance’ gehad – “You live by the sword, you die by the sword”. Ek dink dit behoort as ‘n passie-moord beskou word; natuurlik moet die man gestraf word – hy het ‘n lewe geneem, maar dit was waarskynlik in ‘n woedebui toe hy nie rasioneel gedink het nie. Die feit dat ‘n mes gebruik is en die aantal kere wat sy gesteek is getuig daarvan.

En voor diegene wat nou die klippe wil laat waai, ek is al twee keer in ‘n verhouding verneuk. So, ek ken die pyn en hartseer.

Gesiggie ·

Gerhard hoe ongevoelig van jou? Niemand verdien om vermoor te word, maak nie saak wat… daar is ander oplossings”’ natuurlik sal die man nou enige verskoning gebruik, om homself onskuldig te bewys. maar dit gaan hom niks baat” hy het sy vrou vermoor. Hy het soveel skade aan sy kinders gerig…Vroue is nie altyd Engeltjies… maar mans ook nie”’ Dit klink my jy het n bietjie van n gerbroke huwelik gehad Gerhard.. en nou wil jy ander vrouens ook insleep… almal is nie dieselfde. Enige iemand wat instaat is om iemand dood te maak.. IS SIEK”’ Die Pa moet boet vir sy dade.. Wonder partykeer hoekom vrouens… ander weivelde soek? Die man is ook n probleem. Soek die antwoord by jouself, voordat jy vingers wys. As jy omgee vir jou kind… veg tot die einde”

ai... ·

Lees die dogtertjie se getuie in ‘n vroee artikel. Arme kinders

Karma ·

Ai… Ek het nou die aanvanklike nuusberig gelees – nou verstaan ek beter. Mense, die ander kommentators, lees eers die aanvanklike berig; dit sal jul opinies vir seker swaai.

Nico K ·

Ek kan nie glo soveel mense kies die man se kant nie. As jou vrou onttrou is, skei haar. Dit kan nie moord regverdig nie. Dit gaan gewoonlik oor die man se ego wat geknak is. Kom daar oor.

Gerhard ·

Gesiggie – Al wat ek positief uit jou skrywe kan neem is jou laaste paar woorde, en glo my ek doen dit al vir die laaste paar jare en baie duisende rande later. Ek is glad nie ongevoellig teenoor vrou soos jy beweer nie, ek is nou gertoud(2de keer) met die wonderklikste vrou wat daar is en ons respekteer mekaar op alle vlakke en het ‘n wonderlike verhouding. Al wat ek sê is dat vroue te geneig is om altyd die onskuldige een te speel, intussen weet mense soos jy nie wat agter geslote deure gebeur nie en lig jou opinie oor dinge waarvan jy nie weet of ondervind het nie. Hoop jy het ‘n wonderlike en gelukkige huwelik. Groete

Laurika ·

Ek was self menigde male deur my ex man verneek. Nog nooit het ek die gevoel gekry ek gaan hom ten aanskoue van my kinders met ‘n mes dood steek nie. Ek het my kinders gevat en oorbegin sonder hom. Hy stel nie eers belang om sy twee tieners te besoek nie. Ek het wel met ‘n fantastiese man getrou in die tussentyd en hy is meer as genoeg “PA” vir hulle. Absoluut niks kan moord regverdig nie. Nou gaan die arme kinders sonder ma OF pa grootword aangesien hy toegesluit gaan wees. Help mos nou veel die swaap….

Gesiggie ·

Gerhard.. baie dankie vir jou terugvoer… dit is juis uit ondervinding dat ek aan jou probeer vertel, dat mans ook nie Engeltjies is, maar dat die vrou altyd verkwalik moet word? Ek is baie dankbaar dat jy met jou 2 de huwelik meer gelukkig is… n mens maak net eenkeer n fout? en dan nie weer… net partykeer vat dit n mens te lank om te besef? En ja ek weet glad nie wat agter jou gelote deure aangaan? en dit ook nie my plek om te weet.. Maar my opinie net: JY MOOR NIE VIR ONTROUHEID? JY SKEI EERDER. Sterkte Gerhard, mag als vir jou mooi uitwerk… terwille van jou kind…. bloed is dikker as water.. Moet moet gebeur…. sal gebeur.

Monica ·

Maklik om nou allerhande stories te vertel. Die vrou is oorlede en kan nie haar kant van die saak stel nie. Waar is die getuienis van die sogenaamde polisielede wat saam met hom kamtig daar was? Moenie te gou oordeel nie … as hy kan moord pleeg kan hy jok ook.

tw ·

Lees asseblief die vorige berig. Twee woorde staan uit, naamlik “vervreemde vrou”en “geld”.

pop ·

Kla sommer die polisie ook aan wat nie hulle plig gedoen het en toelaat dat n lid van die publiek haar uit huis uit gooi. Het sy daardie dag haar werk gedoen dan het die vrou vandag gelewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.