PE-onnie is doodgeskiet; polisie soek na 2 verdagtes

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

Jayde Panayiotou. Foto: Verskaf

ʼn Voorlopige ondersoek na die moord op die Port Elizabeth-onderwyseres Jayde Panayiotou (28) dui aan dat sy geskiet is.

Kapt. Sandra van Rensburg, polisiewoordvoer, het gesê ʼn volledige nadoodse ondersoek sal Donderdag of Vrydag gedoen word.

Panayiotou se liggaam is omstreeks 10:00 Woensdagoggend in ʼn “afgeleë gebied” naby die Kwanobuhle-township buite Uitenhage gevind, nadat sy vermoedelik Dinsdag buite die Stellen Glen-veiligheidskompleks in Kabega Park ontvoer is. Sy het glo gestaan en wag vir haar vriendin saam met wie sy werk toe sou ry, maar het verdwyn voordat haar vriendin opgedaag het.

Panayiotou was ʼn onderwyser by die Riebeek College Girls’ High School in Uitenhage.

Volgens Van Rensburg het die polisie twee verdagtes geëien wat vermoedelik by die moord betrokke was of meer inligting oor die saak kan hê. “’n Plaaslike taakspan insluitend speurders, misdaadintelligensiebeamptes en forensiese kenners sal voortgaan om enige leidrade en inligting op te volg in ons soektog na die moordenaars,” het sy gesê.

Enigiemand wat die mans op die foto’s herken of meer inligting oor die saak het, kan ao. Anel van Eyk by 041 397 6857 of SAPS Crime Stop by 08600 10111 bel.

Van Rensburg het gesê gerugte dat ʼn man wat twee maande gelede in hegtenis geneem is in verband met ʼn kaping en op borgtog uit was, nou met die moord op Panayiotou verbind word, kan nie in hierdie stadium bevestig word nie, maar die moontlikheid word wel ondersoek.

Klik hier vir alle vorige berigte oor die saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pops ·

Barbare!!! Mag aan julle gedoen word wat julle aan ‘n pragtige jong vrou gedoen het. Ek hoop die polisie maak voorbeelde van julle!!! :(

Theresa ·

Dis darem vreeslik. Hulle voel niks vir ‘n lewe nie. Hulle kon net die geld getrek het en haar iewers gelos het. R1700 vir so pragtige mens se lewe. Goeie genade!!
Ek stem saam met Pops en Scalla.

peet ·

Ek is nie n kenner nie maar dit lyk soos dieselfde ou op al twee fotos,die ou wat die pin nr gehad het.

Leeutjie ·

Peet ek dink jy het iets beet. Dit lyk vir my ook so. Maar wat ‘n gesig!!!

Maronel ·

Ek dink ook dit is dieselfde persoon. In die begin het die koerante berig dat hier ‘n beter foto is van die verdagte.

Beatrix ·

Ek… dink dit is wreedloos…. hoekom, nie net vat wat jy soek… en n Pragtigge vrou se lewe spaar… ek stem saam… bring die Doodstraf terug…. dis al manier om te boet vir jou

Bobbejaan agter die Berg ·

Stem dit was onnodig om haar lewe te neem. Darem is daar nog niks berig dat sy verkrag is of iets nie, haar dood was vining, en kan ek myself nie indink waardeer sy alles gegaan het nie! Steeds bly ek wonder wat haar man van al hierdie dinge dink. . .

Adel ·

Haar man, Christopher, kom net vir my te kalm voor vir iemand wat sy lewensmaat verloor het.

Fransie ·

Verskriklik tragies. Adel hoe kan jy so iets kwytraak? Kan jy die skok indink van so ‘n tragedie? Hoe wil jy hè moet hy reageer? My hart bloei vir hom en haar mense.

anon ·

nie snaaks maar hier in limpopo was al 2 gevalle gewees van mans wat hul vroue laat vermoor een was swanger en ander een 3 klein kindertjies

Andre Marais ·

aai Adel en Anon hoe jammer dat Julle veral gedurende so Tragedie en die Trauma wal so Baie nou moet deurgaan SULKE kommentaar “kan” lewer ! ! ! !
enige Mens met net ‘n bietjie respek vir andere lewer nie sulke kommentaar nie – asseblief dit is so onodig al is die optrede en of dan die houding vir julle hoe agterdogtig – hou tog ASSEBLIEF net op.
Haar Man (Christopher) se van is ook Panayiotou en Hulle (Hy en sy Pa) is baie welgestelde en baie Gelowige Mense in Uitenhage en Port Elizabeth – ontrafel self die verbintenis van Hulle Van met die Geloof wat Hulle “aanhang” en vra Jou/Julle self die vraag af of dit (die Barbaarse optrede) dan in “sy optrede / houding” sou geld – Ek glo NIE.
Dalk lees Hulle nie die Forum NIE maar daar is baie andere wat Hulle ken en of dalk Familie of Vriende wat dit wat Julle hier uiter lees! sê iets bemoedigend of bly net stil en voel Jammer in Jou Hart saam met Hulle vir Hulle met ‘n gebed.
‘n Baie Lekker Lang Naweek vir Julle ALMAL.

Hannelie ·

Dis so verskriklik hartseer! Sterkte aan haar familie. My hart is so seer vir hul part.
Dis nie barbare nie, dis gemors van die aarde. Hulle verdien doodstraf. Maar weereens gaan hul niks oorkom, want hul word beskerm deur Zuma en die res van die regering!!!! Wanneer word Suid-Afrika wakker!! Ons kan nie trots wees met hoe dinge hier werk en hanteer word nie.
Adel het jy haar man gesien om agter te kom hy is te kalm???? Ken jy hom?? Geen een weet waardeur hy en die res van haar familie gaan nie. Sulke tye onttrek jy jou gewoonlik van als en almal. Mag Jesus hul ondersteun in hierdie vreeslike hartseer waardeer hulle gaan.

Gina ·

As jy kyk hoe gaan dit in die SAPD dan wonder ek of hul ooit hierdie groot sake wat so oop gevlek is gaan kry. Kyk maar na die bylmoorde in die kaap. Boet sit nie eers naby sus Marli nie…Is dit ook geld wat praat? Sterkte aan die familie. Jul gaan nog lank wag vir antwoorde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.