PE-owerhede gereed vir nuwejaarsvieringe

Vuurwerke-en-Guy-Fawkes

Argieffoto: Learnenglishteens.britishcouncil.org

Die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit is gereed vir die skare mense wat na verwagting vanjaar weer na Port Elizabeth se strandfront sal stroom vir hul nuwejaarsvieringe.

Mthubanzi Mniki, woordvoerder van die munisipaliteit, het gesê twee operasionele sentrums sal in Humewood in die stad opgestel word. Nooddienspersoneel, polisie-, metropolisie-, verkeers- en brandweerbeamptes sal almal vanaf hierdie sentrums hul operasionele pligte uitvoer.

Mniki het gesê daar sal sterk op die strande, vanaf Kings-strand tot by Maitlands, gefokus word. “Nog ʼn operasionele sentrum sal by St. George’s-strand opgestel word wat op St. George’s-strand, Blouwaterbaai en Newbrighton-strand sal fokus,” het hy gesê.

ʼn Ekstra 60 lewensredders en seisoenale skoonmakers is ook ontplooi. Die stad se afvalbestuur het ekstra vullisverwyderaars al langs die kuslyn ontplooi, asook ʼn meganiese veemasjien wat sal help om gebreekte glasbottels op te ruim.

Mniki het ʼn beroep op plaaslike inwoners, besoekers en besigheidseienaars gedoen om verantwoordelik op te tree en hul samewerking aan beamptes aan diens te gee.

Hy het gesê daar sal ten sterkste opgetree word teen mense wat in die openbaar drink of onder die invloed van alkohol bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Wouter ·

In die openbaar drink en dan bestuur? Bahaha dis n grap. Wie gaan hulle keer om op straat en sypaatjies te staan en suip bottels stukkend gooi vuur te maak ens?

Johann Marx ·

Om die mensdom van homself te red en beskerm………is dit nie teleurstellend nie?

M ·

Ek verkies om veilig by di huis te bly en di nuwe jaar in te gaan sonder ‘n gesuip

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.