PE-pa in hof oor dogters se porno

Argieffoto

Argieffoto

WAARSKUWING: Die berig kan kinders en sensitiewe lesers ontstel.

ʼn 44-jarige man wat beskuldig word daarvan dat hy pornografie van sy agtjarige tweelingsdogters versprei het, het Donderdag vlugtig in die landdroshof in Port Elizabeth verskyn.

Die man is van Lorraine in Port Elizabeth, maar sy naam kan nie bekend gemaak word nie om die identiteit van sy kinders te beskerm.

Die pa van die tweelingdogters staan tereg op drie aanklagte wat met die skep, verspreiding en besit van kinderpornografie verband hou, ʼn skedule 5-oortreding. Hy is in November verlede jaar in hegtenis geneem deur beamptes van die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings.

Dit het Donderdag aan die lig gekom dat die man van voornemens is om skuld te erken op die aanklagte teen hom.

Staatsaanklaer Jason Thysse het aan die hof gesê bewyse wat tydens die man se inhegtenisneming gekonfiskeer is, moet vir forensiese analise gestuur word.

Volgens die klagstaat het die man foto’s geneem wat sy tweeling seksueel uitbuit en hy het kaal foto’s van hulle op die internet versprei. Hy is glo ook betrap met kinder- en babapornografie op sy skootrekenaar.

Hy het geen vorige skuldigbevindings of hangende sake teen hom nie en is tans uit op borgtog van R10 000.

Die saak is tot 1 Junie uitgestel vir verdere ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Serf ·

Ek kan dit glad nie verstaan , watter plesier iemand uit kinder pornagrafie kan kry nie. Verseker moet daar ‘n sielkundige afwyking wees!

foxi ·

Siel sieklike gemene stukkie mens……..om jou eie kindertjies so te misbruik om jou tevrede te stel! Kom by meneer………..jy is siek man en jy het dit sekerlik geweet maar het aangehou met jou dade. Jy het jou kindertjies se lewe verwoes en jy sal met jou eie gewete moet saamleef vir die res van jou lewe……..

Jakoba ·

Foxi hy lees beslis nie jou kommentaar nie. So jy skel in die wind. As hy dit dalk sou hoor van iemand anders sal jou kommentaar soos water van ‘n eend se rug afrol. Die tipe mens het geen gewete nie.

Elize C ·

Ek presies DIT dan die rede hoekom ek nog altyd glo dat lae hals rokke/bloesies of kort rokkies of uitlokkende gedrag NIE aanleiding gee tot verkragting nie. Ja, beslis sal so iets sommige mans seksueel stimuleer en veroorsaak dat hulle dalk hulle “luck” sal probeer by so meisie, maar sodra sy dit duidelik gaan maak dat sy nie belangstel in seks nie, sal die man dit daarby laat, dalk met ‘n gekneusde ego, maar hy gaan haar nie by wyse van spreke die bosse insleep en geweldadig verkrag nie. So ‘n meisie/vrou wie dan om welke rede verkies om so aan te trek of op te tree, gaan moet vrede maak daarmee dat sy waarskynlik sulke tipe gedrag van ‘n man gaan uitlok, en gereeld ‘n man se attensies gaan moet afweer – haar saak as sy haarself wil laat voorkom as ‘n “maklike/los” meisie. ‘n Verkragter tref geen onderskeid tussen oud of jonk, aantreklik of minder aansienlik, lae hals en kort rokkie of verweerde sweetpak, fietse lyfie of gestrem nie. Dis bloot ‘n daad van magsbewys en geweld. Watse seksuele stimulasie of uitlokking kon ‘n 80-jarige vrou (of ‘n baba/kind) veroorsaak? Ek glo dit is ‘n chemiese afwyking in die brein wat ‘n man(vrou) so laat optree, en sulke dade soos in die berig genoem laat pleeg, en ek glo hulle sal dit weer en weer doen, met min kans op rehabilitasie, sonder permanente medikasie/terapie om daardie afwykende drange te onderdruk/beheer.

Brabus ·

Genade, die wereld is siek.
Maroela kan julle dalk nie opskrif wysig nie, dit wil amper voorkom asof die dogters die pornografie gedoen het.

*** ·

Ek stem saam; “… oor porno-foto’s van dogters” sal meer korrek wees.

Uit op borgtog – ek hoop die kinders is op ‘n plek van veiligheid, baie ver van hom af.

Karoomeisie ·

Ja dis iek verby. Daar is nie n kans dat so persoon reg kom ek weet. Want sit met so saak wat binnekort voorkom. Ons gesin gaan daardeur. Hul heti gewete,skaamte en glo hul is onskuldig. Maar bewyse is daar. Die kinders lei daaronder res van hul lewe en veral meisies.Dan wordcda 5jr tronkstraf gegee,hoe belaglik!!!! Hul mort nooit weer uitkom.

ken van benoni ·

Sjoe daar is baie van hierdie sake in P E. Voer hierdie mense vir die haaie in die baai. Kom ons kry ons lands ekonomie weer aan die gang deur te spaar op tronke!!!

Christa ·

Die grootste fout ooit is toe volwasse pornografie gewettig is. Mense wat so siek is dat hulle tydskrifte van kaal mense koop het reeds sielkundige hulp nodig. Dit is logies dat volwasse pornografie hulle later nie meer sal bevredig nie – waarheen gaan hulle dan om hulle siek drange te bevredig? KINDERPORNOGRAFIE!!!

Jy kan nie die Duiwel by jou huis innooi en dink hy gaan net in die kombuis bly nie!!! Hy neem jou HELE huis oor!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.