PE-paartjie in hof oor foto’s van babamishandeling

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Egpaar van Port Elizabeth staan tereg op aanklag dat hulle deel is van ʼn sindikaat wat foto’s versprei van babas wat mishandel word.

Die 33-jarige man en 22-jarige vrou van Westering word daarvan beskuldig dat hulle deel is van ʼn internasionale kinderpornografiekring wat beeldmateriaal versprei van babas en pasgeborenes wat mishandel word.

Die 22-jarige vrou het Dinsdag vlugtig in die stad se landdroshof verskyn. Die 33-jarige man was nie Dinsdag in die hof nie en ʼn lasbrief vir sy inhegtenisneming is verleng tot 5 April.

Aanklagte teen die egpaar hou verband met die invoer, besit en verspreiding van films of publikasies wat uitbeeldings of beskrywings bevat wat kinderpornografie of die seksuele uitbuiting van kinders bevorder.

Staatsadvokaat Jason Thysse het Dinsdag aan die hof gesê ʼn gespesialiseerde internasionale eenheid ondersoek ook die saak. “Die ondersoekbeampte is nie plaaslik gebaseer nie, en ek sal moontlik na Johannesburg moet reis om dokumente, video’s en foto’s te besigtig,” het Thysse verduidelik. “Dit sal hopelik voor 5 April plaasvind.”

Die 33-jarige man het tydens hul eerste hofverskyning verlede jaar in April aan verslaggewers gesê die media ruk die saak uit proporsie, en ken nie die volle verhaal nie. Hy het ges6e mense veroordeel hom.

Heila Niemand, bevelvoerder van die Gautengse eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele oortredings, het in April verlede jaar spesiaal na Port Elizabeth gereis vir die egpaar se hofverskyning. Sy het gesê nadat die paartjie in hegtenis geneem is, is nog 81 leidrade internasionaal opgevolg. Sy het in daardie stadium gesê daar was reeds ses inhegtenisnemings in België en drie inhegtenisnemings in Amerika. “Dit het direk gespruit uit die inhegtenisnemings in Port Elizabeth,” het Niemand verduidelik. “Dit wys jou net – deur een inhegtenisneming in Suid-Afrika het ons verseker dat verskeie slagoffers nou veilig is en dat verdagtes vervolg sal word.”

Germaine Vogel, ʼn verteenwoordiger van Vroue en Mans teen Kindermishandeling, het aan ANA gesê toegewyde spanne maak seker dat nog inhegtenisnemings sal volg. “ʼn Man in Plettenbergbaai is in 2014 in hegtenis geneem en dit het tot verskeie ander inhegtenisnemings gelei,” het Vogel gesê. “Daar is ook ʼn man in Midrand wat aan die sindikaat gekoppel word. Dit is baie ernstige misdade en ons moet dit stopsit. Ons moet meer bewustheid kweek en kinders moet op die internet gemonitor word. Dit is misdade teen kinders. Dit is kindermishandelingmateriaal – ons moet dit nie kinderpornografie noem nie, want dit verduidelik nie die werklikheid daarvan nie.”

Die saak teen die egpaar is tot 5 April uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Operasie Cloud 9 op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

hein ·

Dis onmoontlik vir my om myself eers te probeer indink hoe psigopaties siek so iemand moet wees. Kan nie eens my indink dat sulke mense bestaan nie!! Gewoonlik is ek die genadigste mens wat ek ken, maar sulke mense moet iets vreesliks aangedoen word. Net tronk en gooi die sleutel weg is nie genoeg nie. Mag die kinders betrokke vir aanneming opgegee word en by ouers beland wat hulle met die grootste respek en liefde grootmaak. GEEN kind verdien om mishandel te word nie…..

Francois le Cochon ·

Ek sou ook graag wou kommentaar lewer hieroor, maar het in my amper 60 jaar nog nie genoegsame Afrikaanse woordeskat opgebou om hierop te reageer nie.

yolande ·

Dit los n sleg smaak in my mond en gaan my laat rond rol vanaand. Die male van die hemel maal fyn. Mag hulle voel hoe dit voel om mee gepeuter te word en niks terug kan doen nie…. ñ Sel deel met iemand wat erger is. Ja, dis lelik om so te sê, maar met babas!!!

poplap ·

Dit verstom my elke keer as vrouens by sulke walglike dade betrokke raak. Sy gaan nou seker ook soos daai gespuis Adv Barbie beweer sy was onder sy “spell”. Evil is nie genoeg van ‘n beskrywing vir hierdie gemors. Die goes moet vd planeet verwyder word. WALGLIK AAKLIG

Elbie ·

Absoluut ontstellend! Gooi hulle in die tronk, verwyder hulle uit die samelewing! Hulle behoort nooit weer die voorreg te he om vry te wees nie. Hoe walglik siek is party mense nie!

Henri ·

Los die gereg hieruit, want een slim regsgeleerder gaan hulle mos bystaan in die hof. gee hulle vir die mense om hulle te vonnis.

Louis Venter ·

Ja ek weet van ‘n paar regsgeleerdes, wat met die hulp van korrupte mediese dokters, babamoordenaars verdedig en los kry. Vir geld. Eendag sal hulle voor God moet staan.

Nina ·

Hoe walglik! Mag hul alles en nog meer terugkry wat hulle so lekker uitdeel! Vir die kinders bid ek net die beste vorentoe…x

Onskuldig ·

Wag maar met die oordeel tot die waarheid uit is. Paar jaar gelede is my rekenaar “ge-hack” deur ‘n persoon in Switserland en het hy my rekenaar as “server” gebruik om sulke goed beskikbaar te stel vir ander om af te laai. My data was binne ‘n paar uur opgebruik en die polisie het my inhegtenis geneem. Twee jaar en omtrent veertigduisend rand later het forensiese ondersoekers my onskuld bewys en is die saak terug getrek. Ek kom glad nie op vir sulke mense nie, maar met die tegnologie vandag is jy absoluut onnosel om jou by so iets te begewe. Alles, maar alles kan nou “ge-trace” word. So kom ons kyk of hulle skuldig is voor ons hulle hel toe verdoem, onthou die oordeel wat jy uitspreek gaan daai ou niks maak nie, dit kom op jou boekie.

Toffie ·

Hou op om op pornografiese websites en die deep web rond te lê dan sal jou rekenaar nie ‘n stoorplek vir al wat vieslike perversiteit is word nie.

Vliegie ·

Die mensdom word net wreder en sieker…. hoeveel kinder lewens moet nog vernietig word sodat n siek volwassene hetsy, vrou of man, se perwerse obessie gevoed kan word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.