PE-polisie maak groot daggavonds

Polisiebeamptes by een van die vragmotors. Foto: Verskaf.

Polisiebeamptes by een van die vragmotors. Foto: Verskaf.

Vinnige optrede deur die Port Elizabeth-polisie het daartoe gelei dat twee vragmotors, wat talle sakke dagga vervoer het, in hul spore gestuit is.

Ao. Gerda Swart, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, het gesê die polisie het Sondagaand ʼn klag ontvang dat verdagte mans by New Brighton-strand items uit ʼn vragmotor laai en in ʼn ander een inlaai.

“Die polisie het inligting opgevolg en een van die vragmotors met drie insittendes op die N2 in die rigting van Grahamstad opgespoor en van die pad af getrek,” het Swart gesê.

Die polisie het die vragmotor deursoek en op 8,5 kg sakke vol dagga afgekom wat tussen meubels versteek was. Daar is ook ʼn onbekende hoeveelheid kontant in die vragmotor gevind. Die drie mans, almal in hul 30’s, is in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van en handel in dagga. Die verdagtes sal na verwagting Dinsdag in die Port Elizabeth-landdroshof verskyn.

Verdere ondersoek het die polisie na die tweede vragmotor gelei wat onderweg was na George.

“Die vragmotor is sowat 40 km buite Port Elizabeth op die N2 opgespoor en van die pad af getrek. Daar is op altesaam 25 sakke vol dagga met ʼn gewig van 667 kg beslag gelê. Die dagga het ʼn geraamde straatwaarde van R667 000.”

Die 28-jarige bestuurder van die vragmotor is in hegtenis geneem en na die Hankey-polisiestasie geneem vir aanhouding. Die verdagte, Luzuko Galolo, het Maandag reeds in die Hankey-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van en handel in dagga. Die saak is tot 2 November uitgestel. Hy bly in aanhouding tot dan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Eugene ·

Daar is geen rede om gelukkig te wees nie. Al glo jy dagga is verskriklik sleg (wat dit rerig nie is nie), al wat nou gebeur is dat die mark meer waardevol gaan raak. Elke dagga klopjag konsentreer net meer krag in die hande van die bende wat die gereg kan ontduik. Vir elke klein vissie wat jy vang, het die ander visse meer spasie om te groei.
Persoonlik dink ek ons moet net die dam leeg tap. Maak dagga wettig, reguleer dit en sterf die regte misdadigers se inkomste af

Jenny ·

Stem 100% saam. Gee dit vir Sheldon Cramer om olie te maak wat help teen kanker en ander siektes.

Eugene ·

Hierdie is so simpel, ‘n mors van my belasting geld.

In plaas daarvan om mense toe te sluit vir iets wat minder skade doen as ‘n Black Label, hoekom fokus ons nie ons hulpbronne op iets belangrik soos… ag, ek weet nie…..plaasmoorde!

As die polisie ‘n derde so vinnig gereageer het op plaas moorde as wat hulle doen om ‘n trok vol pot van die pad af te trek, so ons miskien in ‘n baie veiliger land gebly het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.