PE-polisie soek hulp om persoon uit te ken

Argieffoto: Kent Williamson

Die polisie in Port Elizabeth in die Oos-Kaap doen ʼn geregtelike doodsondersoek ná ʼn man Woensdagoggend gevind is waar hy aan ʼn boom hang.

Kol. Priscilla Naidu, woordvoerder van die polisie, het gesê Humewood-ondersoekbeamptes is dringend op soek na die naasbestaandes van ʼn onbekende bruin man wat in South End aan ʼn boom in Upper Valleyweg gehang het.

Twee verbygangers het omstreeks 08:00 op die man, tussen 25 en 30 jaar oud, se liggaam afgekom.

“Die oorledene was vermoedelik haweloos en het waarskynlik in die bosse daar naby gewoon,” het Naidu bygevoeg.

Enigiemand wat die man geken het of weet wie sy naasbestaandes is word versoek om met die polisie in Humewood kontak te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Maljan ·

Goe kan die publiek help sonder n foto of ten minste n skets van hoe die oorledene gelyk het? Dis tog net plein vertraag om hulp te vra met identifisering, dan is daar nie eers n identikit of foto tw sien nie.

Nettie ·

Ai Maljan, wil jy REGTIG ‘n foto van ‘n DOOIE MAN, wat miskien al VIR DAE LANK aan ‘n boom, in wind, weer, son ens. gehang het, sien??? ‘n Skets of identikit van die lyk, indien die verganingsproses al begin het, sal bloedweinig help met uitkenning.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.