PE-polisiebaas betrap rowers in huis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Polisiebaas in Port Elizabeth is Woensdagaand met ʼn mes gesteek nadat hy vier rowers in sy huis betrap het.

Brig. Marinda Mills, provinsiale polisiewoordvoerder, het bevestig dat genl.maj Dawie Rabie in sy huis in Summerstrand in ʼn struweling met rowers betrokke was. Rabie is die Motherwell-polisiebevelvoerder en was jare lank die bevelvoerder van die Mount Road-polisie.

“Hy was in sy huis saam met sy kleinkind en nog ʼn familielid toe hulle stemme in die huis gehoor het,” het Mills gesê. Sy het gesê Rabie het gaan ondersoek instel en vier onbekende mans in die huis betrap.

“ʼn Struweling het tussen die verdagtes en [Rabie] ontstaan. Die verdagtes het met drie selfone en ʼn iPad op die vlug geslaan.” Die rowers het toegang tot die huis verkry deur die diefwering van een van die kamervensters te verwyder.

Volgens Mills het Rabie ʼn steekwond aan sy kop opgedoen, maar is nie ernstig beseer nie.

ʼn Saak van gewapende roof en aanranding met die doel om ernstig te beseer word ondersoek. Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Jos ·

Hoe ironies is dit dat die hooggeplaastes in die polisie altyd vir ons wil vertel hoe om op te tree in sulke gevalle en hier probeer so ‘n persoon Rambo speel teen vier inbrekers.

lw ·

Ek stem Hasie. Ek is nie n regsgeleerde nie maar as jou aanvaller gewapen is, is dit poging tot moord. Dis omdat die strawwe teen kriminele so lig is wat hul maak wat hul wil.

Eben Kitching ·

Ek stem saam dat dit poging tot moord is. Ongelukkig geld dit net as die aanvaller wit is. Dit is baie duidelik dat wette, aanklagtes en staatsaaklaer selektiewe vervolging en toepasing van wette gebruik.

Annie ·

Saak moet hanteer word as poging tot moord…. en hoogste moontike straf moet gegee word

Oosie ·

Ek stem saam. Poging tot moord spel tog duidelik uit dat die aanvaller WOU/WIL slaag en hy sal nie sy modus operandi verander nie. Bring die doodstraf terug, sluit poging tot moord daarby in en hierdie land se misdaadsyfers sal drasties daal om nie eens te praat van die druk op die belastingbetaler om al die misdadigers op te pas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.