PE-polisieman aan diens geskiet

Foto: SAPD, Facebook

Foto: SAPD, Facebook

Die Oos-Kaapse polisie het ʼn voorval waarin twee beamptes, ao. Ewald Els (40) en ao. Jakobus Botha (42), Donderdagaand aangeval is terwyl hulle aan diens was, ten sterkste veroordeel.

Kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder, het gesê die twee beamptes, wat by die KwaZakhele-polisie in Port Elizabeth gestasioneer is, was omstreeks 18:30 in die Zwide-omgewing besig om leidrade op te volg oor verdagtes wat vuurwapens in die publiek hanteer.

“Die beamptes het vier verdagtes in Ngwekazistraat gesien en hulle genader,” het Soci gesê. “Die beamptes was besig om die verdagtes te deursoek toe een van hulle ʼn vuurwapen uitgeruk en op die beamptes losgebrand het.”

Die polisie het teruggeskiet. Ao. Els is tydens die skietgeveg in die bolyf getref. Hy is in ʼn stabiele toestand in ʼn plaaslike hospitaal. Ao. Botha is nie tydens die voorval beseer nie.

ʼn 30-jarige verdagte is in hegtenis geneem en die polisie het op ʼn vuurwapen beslag gelê. Die verdagte moet binnekort in die New Brighton-landdroshof verskyn. Die ander drie verdagtes het te voet gevlug en is steeds soek.

Die polisie ondersoek ʼn saak van poging tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.