PE-polisievrou het bendelid-geliefde ‘beskerm’

Argieffoto

ʼn Voormalige lid van die bende-taakspan van Port Elizabeth, wat geswyg het oor waar ʼn berugte bendelid homself bevind, het besluit om skuldig te pleit op aanklagte teen haar. Die man was in daardie stadium ook in die geheim haar geliefde.

Die saak teen konst. Alicia Beeming het Vrydag in die landdroshof hervat. Sy staan tereg op aanklag van dwarsboming van die gereg.

Die staat was Vrydag gereed om voort te gaan met die saak, maar Beeming se prokureur het aangedui dat die polisiebeampte skuldig wil pleit.

Beeming werk steeds by die polisie, ondanks die feit dat sy skuldig bevind is op aanklag van wangedrag tydens ʼn interne departementele verhoor in November verlede jaar. Sy het ʼn boete van R2 400 betaal. Sy is ná die verhoor teruggestuur na haar oorspronklike stasie by Motherwell-polisiestasie waar sy binne die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings.

Kragtens die aanklag het Beeming geswyg oor haar verhouding met ʼn bendelid, Hans Jordaan, terwyl sy ʼn aktiewe spesialis-ondersoekbeampte was wat bendebedrywighede in Port Elizabeth se noordelike gebiede ondersoek het.

Volgens die klagstaat het Beeming vergaderings van die bevelvoerder van die eenheid, kapt. Mike Grobler, bygewoon waartydens bende, bendebedrywighede en gesoekte verdagtes geïdentifiseer en bespreek is. Beeming het toegang gehad tot geheime intelligensie en vertroulike dossiere wat deur die taakspan ondersoek is.

Volgens die staat het sy inligting gehad oor waar Jordaan homself bevind, maar het geswyg daaroor terwyl haar eenheid na hom op soek was in verband met ʼn aanklag van poging tot moord wat met ʼn bendeskietery in 2014 verband hou.

Die staat beweer Beeming was in ʼn verhouding met Jordaan terwyl sy ten volle daarvan bewus was dat hy ʼn verdagte is wat die bende-taakspan in hegtenis wou neem.

Die staatsaanklaer het gesê sy het versuim om haar bevelvoerder in kennis te stel van die verhouding. Beeming was by Humewood-polisiestasie se speurafdeling voordat sy in April 2014 na die bende-taakspan oorgeplaas is.

Die saak is uitgestel tot 20 Junie wanneer Beeming skuldig sal pleit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Scalla ·

Ook maar mens, sy het seker n baie mooi persoonlikheid en hy het haar gevlei, jou ou rakker

REALISTIES ·

Dis mos nog aan die order van die dag. Die lid sal in SAPS bly en aangeprys word i.p.v. haar werk kwyt te wees. Wat is die integriteit van die polisie mag en Hoeveel het kriminele rekords?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.