PE se nuwe naam bly – en basta!

Besware teen Port Elizabeth se naamsverandering na Gqeberha, is van die hand gewys. (Foto: DA)

Die departement van sport, kuns en kultuur het Sondag aangekondig dat hy die proses om klagtes oor naamsveranderinge vir verskeie plekke in die Oos-Kaap te oorweeg, afgehandel het. Dit sluit in die verandering van Port Elizabeth na Gqeberha en Uitenhage na Kariega.

“Die minister het alle besware teen die betrokke naamsveranderinge, soos op 23 Februarie in die Staatskoerant gepubliseer, oorweeg. Na afloop hiervan is daar besluit dat geen van die klagtes wat geopper is, die hersiening van die besluit om die name te verander regverdig nie,” het die departement in ʼn verklaring gesê.

Daar was uit die staanspoor hewige teenkanting uit verskeie oorde nadat Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, in die Staatskoerant aangekondig het dat verskeie dorpe, stede en lughawes in die Oos-Kaap se name verander word.

Benewens Port Elizabeth en Uitenhage het King William’s Town na Qonce verander, Maclear na Nqanqarhu en Berlin heet nou Ntabozuko.

Die Port Elizabeth-lughawe se naam het verander na die Hoofman Dawid Stuurman-lughawe en die Oos-Londen-lughawe verander na die Koning Phalo-lughawe.

Selfs die Nelson Mandelabaai-metro in die Oos-Kaap was nie tevrede met die naamsverandering nie en het ’n formele voorlegging ingedien, waarin beswaar aangeteken word teen die naamsverandering van Port Elizabeth na Gqeberha. Een van die besware was dat nie nuwe naam geen verbintenis met die mense van die metro het nie.

Luidens die departement se verklaring het hy ʼn petisie met meer as 12 000 handtekeninge van inwoners van die Nelson Mandelabaai-metro ontvang, asook 690 e-posse wat ontevredenheid met die betrokke naamsveranderinge weergee.

Die departement sê van die besware wat hy departement ontvang het, is dat die nodige openbare insette nie verkry is alvorens die name verander is nie, alternatiewe name nie oorweeg is nie en dat naamverandering nadelig vir toerisme in dié gebied sou wees. Nóg ʼn beswaar was dat die geld wat gebruik sal word om name te verander, eerder aangewend kan word om dienslewering te verbeter. Nie een van dié argumente het skynbaar vir die departement gewig gedra nie, en al die besware is van die hand gewys.

“Die minister wil graag inwoners daaraan herinner dat die naamsveranderinge ten doel het om te verseker dat plekname die taal, kultuur en erfenis van ʼn bepaalde gebied, eerder as die verlede van kolonialisme en apartheid weerspieël,” lui die verklaring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

52 Kommentare

Persheks Adri ·

Ons kan nie eers die stupid naam uitspreek nie! Hy’s ‘n regte pyn

Hydi ·

Verander dorpsname, breek standbeelde af, verander straatname – niks verander ‘n volk se siel nie.

Gert ·

Sy het net aangegaan met haar dinge en niks gevoel vir die mense wat daar bly nie. Ras kaart niks snaaks daar nie

Tipper ·

Ons hou maar net by Port Elizabeth,nou Geberha,dan Gemorsa.

Persheks Adri ·

Al wéér apartheid! Die geld kon beslis vir beter dinge gebruik word. Die redenasie vermoë van die mannetjie gaan my gesonde verstand te bowe hy’s openlik rassisties

Elinette ·

Die hele ANC en hul ondersteuners is rassisties …. O, ekskuus, ek is verkeerd. Swart mense kan mos nie rassisties wees nie – net blankes is rassisties.

Jannie van Niekerk ·

Ag wat dit help hulle niks om Port Elizabeth se naam te verander na Gqeberha omrede Port Elizabeth ‘n kolonialistiese naam is nie. Almal praat van PE en nie van QHA nie….So kry vir hulle.

Riaan ·

Ek sukkel met die uitspraak, ek het dit so 3 keer probeer doen toe begin die meubels in my huis opstyg, so ek bly liewers maar by PE

Chris ·

Al wat belangrik is, is die minister se ego. Die publiek s’n gevoel tel nie. Dit is ANC demokrasie.

Nie Verbaas ·

Die minister het klaarblyklik geen idee van fondse wat daar nie is nie. Strate kan vuil wees, mense sonder krag en water maar die “magtige” meneer dink dit dra nie gewig nie. Hoeveel dink hy kos dit om n naam te verander? Geld val mos uit die hemel uit.

Impartial ·

Baie hartseer! Ek voel soos n buitelander in my eie land. Dis die mees aakligste ere om in te wees, wat belangrik is, is dat ons die kinders die ware feite leer.

melaney ·

Dit wys net hoe min hy tussen sy ore het. Daagliks kla “our people” oor werkloosheid, armoede, tekort aan behuising en dienslewering wat nie meer bestaan nie, maar hy sal geld gebruik vir twak. Jy kan nie die verlede doodmaak deur dorpe en stede se name te verander nie.

Persheks Adri ·

Hy’t wragtag niks tussen sy ore nie!!! Hy dink net hy’s slim

Anel ·

Geen mens kan die name uitspreek nie en verder klink dit soos iets wat as jy dit inkry sal jy doodgaan. Net geldmors en ego streeling. Pleks bou hulle hulle eie dorpe en plekke en noem dit dan wat hulle wil. Los bestaande plekke uit. Hulle het in elke geval geen opbouende aandeel daarin gehad nie, breek slegs af!

KB ·

Gaan kyk gerus na bestaande swart dorpe: die woonbuurtes het nog nie name nie (dis bv. Blok X3A), en die strate is selfs naamloos!
Nou kom neuk hy met naamsveranderinge van bekende plekke!
Al wat ek kan sê, is: Shame, siestog…so dom soos grond.

Keelvol ·

Ag wat, hulle voel niks vir die witman in die land nie. Daarom het hulle nie eers aan die klagtes gesteur nie.

Cherokee ·

Kolonialisme. Het ons nie ook gely onder kolonialisme nie? Na die engelse, net na goud ontdek is in Johannesburg, die land wou afneem soos om lekkergoed af te neem by ‘n kind. Wonder waarom, toe ek ‘n kein kind was, het die grootmense Port Elizabeth en Mosselbaai omgewing genoem die kolonie.

KB ·

Jy moet oplet in die klas…????

Die Kaap Provinsie (WesKaap, OosKaap, NoordKaap) was vroeër die Kaap Kolonie.

Mier14 ·

Weereens n bewys dat logika geen rol speel nie. Miljoene word verkwis aan naamsverandering, eerder as verbetering v paaie, armoede, ens.

Hoekom ·

Daar is ook nie ‘n regverdige rede vir die verandering van die name in die eerste plek nie…

Persheks Adri ·

Apartheid is die antwoord vir die patesiese mannetjie met bril…

Kokerboom ·

Wat n absurde naam…so kaap hul die land. Vir my bly dit PE en Uitenhage9My geboortedorp) . As hul nou opvoeter onder die volksvreemde name sal niemand weet waar dit is!Desperate pogings van ANC regime om verlore aansien te herwin. Mense bly nogsteeds huisloos, kosloos, werkloos, krag en waterloos!!

Corne123 ·

Ja so more die ANC nog geld terwyl da mense in land sterf aan jongersnoot. LMGA
Net in SA

Lood ·

Dis belaglik. Daar moet eintlik ‘n reël wees – Bou self ‘n stad – dan mag jy die plek ‘n naam gee.

Jdb ·

Los dit vir die media en weerkanale om PE uit te skakel deur te hamer op die nuwe naam. Neem nou maar Die Groot Ontbyt se Elsa Esterhuyzen wat by elke geleentheid so smalend die “Gqeberha” benadruk – so asof sy trots is daarop dat sy die naam kan uitspreek. In die proses verwyn Port Elizabeth, Uitenhage, Grahamstad, Queenstown, Maclear en vele ander van die toneel af.

capie ·

En wat verhoed die gewone mense en media soos Maroela media om slegs die ou naam te gebruik, nie eers die nuwe naam te noem nie. Dit is tyd dat ons self besluite begin neem en nie net gathondjies speel nie

gatgogga ·

Kultuurdiewe.
Maar dit is maar net nog ‘n manier om ons uit te lok.
Dit voel vir hulle asof hulle iets regkry.

Blomme ·

Tog so jammer dat almeer bewys word dat ons besig om in die afgrond van vernietiging af te gly… Onnosel was nog nooit slim nie.

Margaret ·

Hierdie nuwe name beteken niks vir die locals nie. Hulle weet nie eens waarvan die name kom nie.

KB ·

En ek moet vir Nathi Mthethwa glo?!

Watse navorsing het hý gedoen voordat hy die name eenvoudig/summier verander het?

Hoe kan Nathi Mthethwa die besware aanhoor/oordeel? Dit behoort ‘n onafhanklike instansie te wees!!!

Dit is eenvoudig diktatories.

KB ·

So gepraat van al die Kaap’e ….. (dis nou die provinsies…)

Waar is die SuidKaap? Is dit nou Robben-eiland?
(Dáárs nou ‘n paar straatname wat ou Nathi kan verander (bv. Murray’s Bay, Craig, Westford, Perimeter…))

Komaan Nathi, oom Nelson sal bly wees.

Nie Verbaas ·

En ons kan dink van die minister se vermoe wat ons wil, en basta!

Bart-Man ·

RSG se vroue is mal daaroor om daai tong klap naam te lees. Hulle kan nie wag om die die weer te lees nie. Gelukkig bly ek in Transvaal. My weer hom eerste. Din sit ek my radio sagter, want ek is bang die tong klap gaan my speakers blaas

Andrew ·

En daarom, as dit jou kwaad maak moet jou uitgangspunt “bou” wees. Vergeet van wat gebou was. As jy wil bly vir die behoud van jou kultuur (God, gesin, gemeenskap) raak betrokke by gemeenskap strukture wat die aspekte ten doel het. Die wat al aanvaar het dat als verander gaan word is nie meer emosioneel ge-affekteer deur nonsens soos naam’s veranderinge en kwotas nie. Daar is al lank terug begin bou aan altenatiewe en solidariteit doen deesdae uitstekende werk. Help bou aan Orania en soortgelyke kultuur gemeenskappe en organisasies.

As jy enige tiepe vraag het soos “JA MAAR WAT VAN” , dan bly maar eerder by die “status quo” en anvaar rasse reels. Dink net as elke buitelandese Afrikaaner elke maand $1 aan Orania se groei wou bydra (soorgelyk soos met die staat van Israel)?

Marisa W ·

Het enige iemand dan geglo hulle gaan die besware in ag neem?

Jacques ·

Moet dan nie die blankes se belasting gebruik vir al die veranderings nie. Niks wat blankes doen of sê word in ag geneem nie, al wat die regering van blankes wil hê is hulle geld.

Spook ·

Hulle kan die plek strooibaai noem, solank iemand tog net asb die dienste lewer waarvoor betaal word. Dit gebeur duidelik nie. Die lughawe daar is ook vernoem na ‘n baie berugte skaapdief van lank terug.

Jaco ·

Hoekom is PE se lughawe se nuwe naam, Dawid Stuurman, ‘n Afrikaanse naam? Ek dog Afrikaans is dan die taal van die onderdrukker? Of is daar uitsonderings?

Winnie ·

As mens vorm voltooi is daar altyd vraag oor waar jy gebore is. So ek sal n/a moet skryf want Port Elizabeth gaan mos nie meer bestaan nie. En ek is nie gebore in daai plek met die onuitspreekbare naam nie. Die mense het obsessie om alles te verander terwyl daar Hendrik Verwoerd rylaan in Centurion is en dit na 27 jaar. Hoekom was name soos Kerk straat en Zambesi straat verander. Dit was tog nie afbrekend of aanstootlik nie. Dit maak my siek

Elinette ·

Het enige iemand ‘n idee van wat Gqberha beteken? Uit watter taal kom dit – Xhosa? Dan word die res van die mense wat in die Oos-Kaap en omstreke woon mos ontken … Hulle kan name verander soveel hulle wil – dit sal net mooi NIKS vir toerisme en die ekonomie in hierdie reeds-afgebroke, agtergeblewe provinsietjie beteken nie. Verbeel jou – ‘n Duitse toeris wat Port Elizabeth toe wil gaan, moet vra om ‘n kaartjie na Gqberha te bespreek …………….. Wat ‘n taal-flater en konfusie sal dit nie wees nie!!! Naamsveranderinge beteken vir niemand (behalwe diegene wat stééds nie oor Apartheid en die ‘ongeregtighede’ van die verlede kan [of wil] kom nie) niks nie – dit kos net etlike honderde-duisende rande, terwyl daar mense is wat van honger, koue, verwaarlosing en tekortkoming omkom.

Andries ·

Ek is dom met ‘n roomys teen die voorkop dom. Wat kan jy dan meer verwag.

Karina ·

Dit is San – Koi name. Helfte van die Xhosa inwoners kan nie eers die naam uitspreek nie! Wat nog van al die ander mense van ander lande wat hier woon? Gits wil net maak wat hulle wil

John ·

Vir die toestand wat die stede en dorpe in is pas die naam veranderinge beter want die name wat daar was sou nooit sulke slegte dienslewering aanvaar het nie. So, ja, eerder QêBêRa as die edel naam Port Elizabeth….

Rian ·

Maar julle is eerder tevrede met die vernoeming na ‘n engelse koningklike. Verbysterend!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.