PE-skool kry lening om onnies te betaal

Ouers betoog voor die Astra Primary School in Bethelsdorp. Foto: Facebook

Ouers betoog voor die Astra Primary School in Bethelsdorp. Foto: Facebook

Ouers en leerders van ʼn skool noord van Port Elizabeth in die Oos-Kaap sal na verwagting Dinsdag weer betoog oor die voortdurende tekort aan onderwysers.

Richard Draai, sekretaris van die Northern Areas Education Forum (NAEF), het gesê alle skole in die noordelike gebiede is van die protesaksie ingelig wat vanaf 08:00 in Standfordweg sal plaasvind. Draai het gesê die protesaksie is ter ondersteuning van die Astra Primary School in Bethelsdorp.

Die skool is verlede week gesluit nadat woedende ouers betoog, die skoolhekke afgesper en bande gebrand het. Die ouers eis dat tien vakante poste by die skool onmiddellik gevul word.

Maandag is ʼn massavergadering tussen die skool en die ouers gehou en daar is besluit dat die skool gesluit sal bly. “Die probleem is die proses vir die vul van poste is heeltemal gebrekkig en verkeerd. Dit spreek nie tot die probleme van oorbevolking en die niebetaling van onderwysers nie,” het Draai gesê.

Ouers betoog voor die Astra Primary School in Bethelsdorp. Foto: Facebook

Ouers betoog voor die Astra Primary School in Bethelsdorp. Foto: Facebook

Draai het gesê skole in die gebied sukkel omdat die onderwyserstal bepaal word volgens elke skool se begroting eerder as volgens die getal leerders by die skool. Van al die skole is Astra Primary die slegste af.

“Dit is ongelooflik. Die skool moes ʼn lening aangaan om die onderwysers te betaal. Hulle moes êrens R70 000 per maand kry om die tien onderwysers te betaal,” het hy gesê.

Die skool het onlangs hierdie tien onderwysers afgelê omdat die beheerliggaam nie meer geld gehad het om hulle te betaal nie. Ouers het woedend hierop gereageer. Die skool het na bewering tans 22 onderwysers teenoor 1 128 leerders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

thelsa ·

Maar intussen spandeer die cANCer miljoene aan verkiesingspartytjies, advertensiemateriaal vir die verkiesing, hofsake deur Nr 1, Nkandla, SAL wie se g@t in die moeilikheid is weens onbevoegde bestuursvernuf, nuwe vlerke vir die Kripvreters en so kan ons maar opnoem. Geld vir onderwys is daar nie en dan sal die agbare Minister van (S)Onderwys hierdie week die stelling maak dat ‘iemand wat nie kan lees nie, kan nie wiskunde doen nie’ Haar stelling is 100% in die kol maar hulle doen bitter daaraan om dit moontlik te maak vir leerders om toegang tot onderwys te kan kry. In die hierdie geval is die verhouding van onderwysers tot kinders 1:51

Nita ·

Ja dit was n kwade dag toe ons slim regering besluit het om onderwys kolleges te sluit. Almal het met n beurs studeer, hul 4 jaar terug gewerk. Die voedingsaar vir v an onderwysers vir skole. 40 kinders per klas is die absolute maksimum. En bring dit af na 25 kinders per klas en dan sal jul sien hoe vinnig verander ons swak onderwysstelsel na n puik een.

snoefie ·

sulke ouers verdien die galg. hulle kinders het klaar n agterstand dan kan hulle nog die skole “sluit” om te wys hulle is kwaad. wie doen dit? kan net inbesiele wees. laat julle kinders in daardie oorvol klasse sit. hulle kry darem onderrig. hulle leer iets. die ouers kan lekker staan en brand en skree en dans maar dis duur druiwe oor die tien wie afgele is. het skoolgehou, seker wonder dat hulle eers matriek het. maar wit onderwysers, gekwalifiseer en met ondervinding wil hulle ook nie he nie. moenie met die kinders se skoolooleiding mors nie. julle het vir die anc gestem. lewe met hulle oningeligte besluite. julle kinders gaan mos gratis skool.

Koos1 ·

Stadig snoefie. Ek stem saam met jou dat dit nie die beste raad is nie maar ongelukkig is dit al taal wat die regering verstaan. Ek le die blaam voor die regering se deur.
Ek dien tans op ‘n beheer liggaam van ‘n laerskool. Ons huidige beheer liggaam het ‘n tegniese bankrot skool geerf van die vorige beheer liggaam, en met die Here se genade en harde werk is die skool nou redelik goed af (ons kan salarisse betaal en instandhouding doen). Die beheerliggaam met saam met die skool en department gewerk om die skool te laat werk, ongelukkig is die department gereeld afwesig met die proses. Ons het met Engelse klasse begin wat die skool oop gemaak het vir meer leerders en dit was suksesvol, maar nogsteeds is Mnr. Lufisi (die LUR van Onderwys in Gauteng) op ‘n oorlogspad oor die Afrikaanse (lees wit) skole.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.