PE-strande gesluit ná haai gesien is

Kingstrand, Port Elizabeth (Foto: southafrica.net)

Kingstrand, Port Elizabeth (Foto: southafrica.net)

Drie strande in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap is Dinsdag gesluit nadat ʼn haai in die omgewing opgemerk is.

Kupido Baron, woordvoerder van die munisipaliteit, het bevestig Humewood, Kingstrand en Pollokstrand in Port Elizabeth is gesluit nadat die haai, ongeveer een meter lank, omstreeks 13:00 opgemerk is.

“Die strande word gesluit om die veiligheid van swemmers te verseker,” het Baron gesê.

Volg die munisipaliteit op Facebook (www.facebook.com/NMBayM) of Twitter (@NMBmunicipality).

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Kosie ·

Ek het n smash en grabber by die robot gesien. Wonder wanneer gaan hulle die pad sluit.

neelsie ·

Min mense bewus van hoeveel haaie naby swemstrande gevang word , met visstok, van die sand af(meeste word weer vrygelaat).
Haaie belangrik in die see– mense nie!

Barno ·

Ek wil net seker maak… daar’s ‘n see langs die strand?

Haaie bly in die see.

Wat mis ek hier?

Martin ·

Ek weet nie, maar dit klink nogal na baie. Ek sien niks fout met die berig nie. Weereens alles wat jy hier lees is GRATIS. Dankie Maroela.

Takkie Takuuza ·

Gooi hom in die swembad.

Toemaar groenie en die boomvashou brigade dis net ‘n grappie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.