PE-tiener sterf ná gebou op hom intuimel

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Tiener se poging om bakstene bymekaar te maak om vir ekstra inkomste te verkoop het Woensdag tragies geëindig toe die vervalle gebou waarin hy was in duie gestort en hom vergruis het.

Ronaldo Bergess (14) is dood nadat die plafon en ondersteuningsmure van die vervalle gebou op die hoek van Highfieldweg en Matinisistraat in Korsten, Port Elizabeth omstreeks 12:00 ineengestort het.

Daar was aanvanklik vermoed dat meer kinders in die puin vasgekeer was, maar ná ʼn drie uur lange reddingspoging is slegs Bergess se liggaam opgespoor.

Die brandweer het die reddingspoging beheer en ʼn stootskraper en mobiele hyskraan is onder meer ingespan om by sy liggaam uit te kom.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.