Die Oos-Kaapse provinsiale geografiese namekomitee sal later vandeesmaand na verwagting begin met verskeie openbare verhore oor die moontlikheid om Uitenhage, Port Elizabeth en die Port Elizabeth Internasionale Lughawe se name te verander.
Dit sal een van talle naamveranderings wees wat sedert die aanbreek van demokrasie oor die hele land gedoen is. Grahamstad se naam is verlede maand na Makhanda verander.
Die Port Elizabeth Internasionale Lughawe was voorheen bekend as die HF Verwoerd Lughawe, terwyl Oos-Londen Lughawe bekendgestaan het as die Ben Schoeman Lughawe. Verlede jaar het die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit die moontlikheid begin ondersoek om die lughawe na wyle oudpres. Nelson Mandela te vernoem.
Die King Sabata Dalindyebo plaaslike munisipaliteit probeer egter al jare lank om die Mthatha Lughawe na Mandela te laat vernoem.
Die voorgestelde nuwe name vir Port Elizabeth is Gqebera, I-Bhayi en Nelson Mandela City.
Die voorstelle vir die Port Elizabeth Internasionale Lughawe is Nelson Mandelabaai Lughawe, Nelson Mandela Lughawe, Raymond Mhlaba Lughawe, Sipho Hashe Internasionale Lughawe, David Stuurman Internasionale Lughawe en die Khoi-San Internasionale Lughawe.
Die voorgestelde name vir Uitenhage is Garden Town, Kariega, Tolofiyeni en Kamesh.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
30 Kommentare
Gaan nuwe name enige waarde toevoeg? Ons land het ander prioriteite wat die geld voor gebruik kan word. Dit is net simpel politieke twak wat dit dryf.
Pateties en geldmors……
Ek was gebore in Port Elizabeth. ..
Tot ek doodgaan … sal ek sě Port Elizabeth. …. My dogter sal groot word met PORT ELIZABETH.
Kyk, daai Oos Kaapse regering maak so ‘ n “sukses” van die Oos Kaapse, hulle kan gerus onafhanklik word. Dan kan hulle hul belasting geld op naam veranderings spandeer.
Voorwaarts mars
Laat hul verander oor 40 bestaan ons nie eens meer nie dan verander hulle weer