PE, Uitenhage se name dalk ook binnekort verander

Port Elizabeth. Foto: Niel Grundling, Panoramio (via stadiumdb.com)

Die Oos-Kaapse provinsiale geografiese namekomitee sal later vandeesmaand na verwagting begin met verskeie openbare verhore oor die moontlikheid om Uitenhage, Port Elizabeth en die Port Elizabeth Internasionale Lughawe se name te verander.

Dit sal een van talle naamveranderings wees wat sedert die aanbreek van demokrasie oor die hele land gedoen is. Grahamstad se naam is verlede maand na Makhanda verander.

Die Port Elizabeth Internasionale Lughawe was voorheen bekend as die HF Verwoerd Lughawe, terwyl Oos-Londen Lughawe bekendgestaan het as die Ben Schoeman Lughawe. Verlede jaar het die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit die moontlikheid begin ondersoek om die lughawe na wyle oudpres. Nelson Mandela te vernoem.

Die King Sabata Dalindyebo plaaslike munisipaliteit probeer egter al jare lank om die Mthatha Lughawe na Mandela te laat vernoem.

Die voorgestelde nuwe name vir Port Elizabeth is Gqebera, I-Bhayi en Nelson Mandela City.

Die voorstelle vir die Port Elizabeth Internasionale Lughawe is Nelson Mandelabaai Lughawe, Nelson Mandela Lughawe, Raymond Mhlaba Lughawe, Sipho Hashe Internasionale Lughawe, David Stuurman Internasionale Lughawe en die Khoi-San Internasionale Lughawe.

Die voorgestelde name vir Uitenhage is Garden Town, Kariega, Tolofiyeni en Kamesh.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Deon ·

Gaan nuwe name enige waarde toevoeg? Ons land het ander prioriteite wat die geld voor gebruik kan word. Dit is net simpel politieke twak wat dit dryf.

Jean ·

Ek was gebore in Port Elizabeth. ..
Tot ek doodgaan … sal ek sě Port Elizabeth. …. My dogter sal groot word met PORT ELIZABETH.

Wiehan ·

Kyk, daai Oos Kaapse regering maak so ‘ n “sukses” van die Oos Kaapse, hulle kan gerus onafhanklik word. Dan kan hulle hul belasting geld op naam veranderings spandeer.
Voorwaarts mars

Irene ·

Laat hul verander oor 40 bestaan ons nie eens meer nie dan verander hulle weer

Ben Potgieter ·

As jy nie ‘n plek instand kan hou nie verander die ANC name.Hier by ons in Mpumalanga het Badplaas en Machado dorp se name onlangs verander .Ek is so goddank bly daaroor,want die dorpe was eens op ‘n tyd netjies gewees.Nou lyk dit soos afrika,vervalle en stinkende ou dorpies.Wens ook hulle wil Pretoria se naam verander ,want die stad waar ek vandaan kom is ook vervalle in die meeste area’s.

Theo ·

Hoekom krap waar dit nie jeuk nie. Port Elizabeth en Uitenhage is mooi en neutral name. Port is ‘n hawe en die nuwe naam moet in lyn daar mee wees. Dink ook aan bite landers, hulle moet dare stede en lughawens se name kan spell en uitspreek. Met all respek teenoor Madiba, maar daardie naam is al holrug gekry. Buitendien, ons het groot geword met PE of Die Baai.

jaco ·

uitenhage is nederlands; garden town is engels. so een koloniale taal van n onderdrukker word net met n ander koloniale taal van n onderdrukker vervang. baie vreemd.

IK ·

Baie goeie idee. Volgende behoort die name vd weeksdae te wees. Daar is ook twaalf- en dertien volmane in jare. Daarom kan daar dan 12 maande in sekere jare wees en in ander jare 13. Dus sal daar ‘n ekstra betaaltjek wees sommige jare. Ek glo ook dat die naamgewing van maande moet verander na name uit die oertyd. Wat van die name van planete ens.
Ons eie GPS-stelsel? Weg ook met westerse kleredrag en vervoer. Hier wag ‘n verruklike tyd op ons. Nee, ‘verruklik’ menende ‘uitmekaar geruk’. Ag, my ouderdom tel teen my. Dalk moet ek ook soos Ratelband ‘n plan maak met my ouderdom, veral die ‘dom’-gedeelte . . .

Peter Holmes ·

Mmm ja ek het gelees die klomp het nou skielik wakker geword in Grahamstown en uitgevind Kolonel Graham het hulle sleg behandel. Eish dis amper 140 jaar gelede !!!!!

Mickey ·

Soveel energie vir soveel nonsens terwyl miljoene honger gaan slaap.

Wdp ·

Verander net alles in die land na mandela dan is hulle happy en dan kan almal in vrede in sy land woon wat agteruitgaan

Afrika Artappel ·

Hoogtyd dat die naam verander word! Die duiwe blerts my al jare en julle dink dis snaaks? Nee, dis tyd dat ek gaan rus. Vernoem dit na een van die swart baanbrekers van wetenskaplike deurbrake wat in my geliefde stad gebore is. Iemand wat ‘n rol gespeel het as ontdekker van nuwe fisika of Chemie, of wiskundige, of biologiese deurbrake.

Donderstorm ·

Dit raak nou plein belaglik hul vat bietjie vir bietjie waneer raak ons mense wakker ?

Snowball ·

ANC se idee van swart bewussynskepping – dorpsname wat verander en verpligte ANC geskiedenis op skool. Leë, futlose pogings. Die massas gaan bewus bly van hulle honger mae en sinkdakkrotte of die name verander van Pretoria na Tshwane, of SA na Azania. Die ellende wat die korrupte cANCer oor die mense bring is blywend en verstikkend, soos oop riool.

Dr Cornelis ·

Dat mense plekname verander beteken tog nie dat JY dit moet verander nie?
In my land is daar mense wat praat van Lüttich en andere sè Liège terwyl ons natuurlik LUIK sè.
Vir die pos was dit nooit ‘n probleem nie.
Hou net vol met die bestaande name

bgj van der westhuizen ·

oos kaap kan nie behoorlik vir hulle mense daar sorg nie almal kom wes kaap to maar wil nou name verander doen dit maak soos julle wil suid afrika val uit mekaar ons is een van die dae deel van china wand die anc regering is te sleg om n land te bestuur

Tinkie Smit ·

Grahamstad se naamsverandering was onwettig en nie volgens die boek, daar is hofsake oppad. Intussen verval die dorp se infrastruktuur onder die hande van dieselfde mense wat geld gaan mors om die naamsverandering voort te dryf. Dis soos om ‘n pleister op koeelwond te plak.

Marina van der Merwe ·

Waarvoor name verander..Belaglik verby.. Daar is nie geld in SA. Gebruik die biki wat beskikbaar is om die armes se nood te verlig en om te help kos koop..

Elna Strydom ·

Oh my aarde….hulle kinders verdrink in oop put toilette by die skole, maar hulle het geld om name te verander. Gradeer eerder daai skole op as om geld te mors op sulke bog.

D B ·

John, stem saam, lankal my voorstel. Ons praat en praat en praat, maar al taal in Afrika wat almal verstaan is oorlog. Dan, wie ook al oorbly, kry die land en kan dan alle name na willekeur varander.

Landi ·

Daar is nie geld om crime te fight nie, maar ons wil naam borde verander (wat nie langer as n maand oorleef nie) terwyl boere se vee van droogte sterf en geen buffer aan publiek geoffer word met brandstof en elektrisiteit pryse?! Ons sal dit terug verander, al vat dit n oorlog man! Alles is n klug – tot e-toll en SA’ners wat hulle in die buiteland wil belas.

Jakkals 911 ·

Wonder net – as daar WERKLIK so’n plek genaamd “Driebuffelsmeteenskootgeskietfontein” is/was, wonder ek watter naam dié sou kry????

Alida ·

Bou gedienste huise vir die mense dit skep werk en misdaad sal afneem.

Andre C ·

Die mense wat naamsverandering dryf weet hulle aangewese groep het nie die vermoe om enige plek te ontwikkel dat daar eendag n volhoubare dorp/stad of struktuur kan ontstaan nie.Die enigste korttermynprestasie wat hulle vir hulle ondersteuners kan bied is om name te verander!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.