Pearson bied 200 beurse aan vir 2019

Pearson Institute (Foto: Pearson Institute)

Die privaat tersiêre instituut Pearson het Woensdag gesê hy bied 200 beurse ter waarde van R10 miljoen vir 2019 aan vir behoeftige, verdienstelike studente.

Pearson, voormalig bekend as die Midrand Graduate Institute en een van die eerste privaat, universiteitsvlak, graadtoekenningsinstansies in suider Afrika, het gesê hy het kennis geneem dat die werkloosheidskoers tot 27% gestyg het en dit maak dit nog moeiliker vir persone, met slegs ʼn matrieksertifikaat en min ervaring, om die arbeidsmark te betree.

“Alhoewel ʼn graad nie ʼn werk verseker nie, sal dit aansoekers ʼn beter kans bied om ʼn werk te verseker bó diegene wat slegs matriek het,” het dr. Nhlanhla Thwala, akademiese direkteur van die Pearson Institute, gesê.

Die instituut het gesê die beurse sal studies finansier vir hoër sertifikate en voorgraadse programme van graad 12-leerders wat toelating het vir ʼn Baccalaureus-graad, diploma en hoër sertifikaat. “Ons wye reeks studieopsies beteken dat aansoekers blootgestel word aan hoër opleiding wat vroeër nie vir hulle beskikbaar was nie,” het Thwala bygevoeg.

Aansoeke sluit op 18 Januarie 2019. Klik hier om meer te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Gert ·

Sedert 2018 studeer “behoeftige” studente reeds gratis, hulle klasgelde, akkommodasie, kos en boeke word ten volle gedek deur die regering (lees belastingbetalers). Dus is hier 2 opsies: Gee die “behoeftiges” nou nog ‘n beurs by, sodat hulle in weelde kan studeer, of anders, help dalk die wit studente wat vir geen staatshulp kwalifiseer nie.
Toemaar, ek weet dis wensdenkery!

koos ·

“alhoewel ‘n graad nie ‘n werk verseker nie, sal dit aansoekers ‘n beter kans bied om ‘n werk te verseker bo die wat net matriek het”
ek het nuus vir die skrywer van hierdie berig:
hy vergeet totaal van die “regte” velkleur. dis die eintlike deurslaggewende ding om werk te kry. ek het gesukkel en gesukkel, werksaansoek na werksaansoek. GEEN werk gekry nie, want eks wit. my universiteitsgraad op my CV het dus niks gehelp nie. uiteindelik, in ;n poging om regstellende aksie te omseil, het ek glad nie meer op my CV aangedui dat ek ‘n graad het nie – bloot 3 jaar gedek met “I attended Stellenbosch university”. Skielik het ek begin werksonderhoude kry en NIEMAND het ooit gevra wat ek op universiteit bereik het nie. uiteindelik het ek ook werk gekry – nou nie hoog betalend nie, maar dit hou my aan die gang.

Gemaskerde Sopbeen ·

As jy met ‘n “don’t-care” / jy skuld my / die wêreld skuld my / ek-wil-begin-met-R45K per -maand-plus-‘n-behuisingstoelaag-plus-‘n-motortoelaag-plus-medies-plus-pensioen” houding deur die lewe wil gaan, en aandring op “gratis hoër onderwys” met jou 30% slaagsyfer in Wiskunde en Engels……gaan ‘n “graad” jou ook nie help om werk te kry nie, Dr Thwala. Mense wat nie werk in hierdie land nie, het nie ‘n “werks-tekort probleem” nie, hulle het ‘n “attitude probleem”…………

John ·

77% van swart landelike grond is steeds onontwikkeld… hoekom? Want ons wag vir ontwikkelde wit grond…. Ons die armste van die armes… ons wag… Dit is ons motto…
Dis waar human rights vandaan kom. Dit werk soos ‘n bom… en as dit nie gou kom nie… gebruik ons ‘n bom. Van al die gee het ons uiteindelik mense in poste wat nie weer hoe om die werk te doen nie… en dan wag hulle…. Teen betaling natuurlik…..

Chrisjan ·

Hou op gee vir behoeftiges, gee vir die wat dit verdien.

Foxi ·

Pearson……wie is die behoefdiges? Sovêr ek weet kry daardie kamtiges behiefdiges n beurs…..nie eens vier maande DAARNA skop daardie behoefdige die beurs op en hy/sy besef dit werf te veel werk en tyd om te studeer. Wat nou? Daardie beurs kon gegaan het aan iemand wat jy weet wat sal deurdruk om te studeer. Almal wil ‘EDUCATION’ hê, maar is nie bereid om daarvoor te werk nie. En dis n feit…….

Floppie ·

Seker nie een witte nie .. ons is mos WHITE PRIVILEGED .. kry vir julle .. alles gaan flop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.