Pecanwood-moord: Borgtogaansoek hervat

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Mark Zinde (24), die seun van die voormalige TV-aanbieder Hope Zinde (50) wat van haar moord verdink word, se borgtogaansoek word Dinsdag in die Brits-landdroshof hervat.

Zinde is verlede Maandag in dié hof geskik bevind om verhoor te word nadat hy psigiatriese waarneming in die Weskoppies-hospitaal in Pretoria ondergaan het. Hy het Vrydag vlugtig in die hof verskyn om aansoek te doen om borgtog. Die staat het die aansoek teengestaan en uitstel gevra om met die ondersoekbeampte te vergader.

Zinde staan tereg op aanklagte van moord en die besit van dwelms.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sy ma, ʼn voormalige joernalis, televisie-nuusaanbieder en direksielid van die SAUK, in hul huis in die Pecanwood-landgoed, naby Hartbeespoortdam in Noordwes, vermoor en haar liggaam in haar motor se kattebak versteek het. Kristalmetamfetamien ter waarde van R350 is ten tyde van sy inhegtenisneming in sy besit gevind. Hope se liggaam is op 11 Junie in die kattebak gevind. Sy is glo ʼn paar dae voor haar liggaam gevind is, vermoor.

Lees alle vorige berigte oor Hope Zinde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.