Pecanwood-moord: Hofsaak hervat

Hope saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Hope saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Die seun van die voormalige TV-aanbieder, Hope Zinde (50), wat teregstaan vir haar moord, se hofsaak sal na verwagting Maandag hervat word nadat hy psigiatriese evaluering in die Weskoppies-hospitaal in Pretoria ontvang het.

Mark Warona Zinde (23) se saak is in Augustus in die Brits-landdroshof uitgestel, aangesien die hospitaal nóg 30 dae versoek het om die evaluering te voltooi. Die psigiatriese verslag sal die hof inlig of hy geskik is om verhoor te word.

Mark staan tereg op aanklagte van moord en die besit van dwelms. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy ma in hul huis in die Pecanwood-landgoed, naby Hartbeespoortdam in Noordwes, vermoor en haar liggaam in haar motor se kattebak versteek het.

Kristalmetamfetamien ter waarde van R350 is ten tyde van sy inhegtenisneming in sy besit gevind. Hope se liggaam is op 11 Junie in die kattebak gevind. Sy is glo ʼn paar dae voor haar liggaam gevind is, vermoor.

Lees alle vorige berigte oor Hope Zinde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hoop ·

Hoop regtig dat gereg sal geskied teenoor sy Ma, wat met haar gebeur is 2 x nie reg, geeneen verdien dit om sommer net afgemaai te word nie & tweedens nie deur jou eie kind nie! Sy was n groot aanwins vir die land!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.