Pecanwood-moord: Seun het glo dwelmprobleem

Hope saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Hope saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Die seun van die voormalige TV-aanbieder Hope Zinde (50), wie se liggaam Saterdag in die kattebak van haar motor gevind is, was glo op die punt om na ʼn dwelmrehabilitasiesentrum te gaan voor hy in hegtenis geneem is.

Mark Warona Zinde (28) het Vrydag in die Brits-streekshof verskyn op aanklag van moord en dwelmbesit. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy ma by hul huis in die Pecanwood Estate naby Hartbeespoortdam in Noordwes vermoor en haar liggaam in haar motor se kattebak versteek het. Kristalmetamfetamien ter waarde van R350 is ten tyde van sy inhegtenisneming in sy besit gevind.

Daniel Molusi, Mark se regsverteenwoordiger, het Vrydag aan die hof gesê dat Hope op 4 Junie vanjaar reëlings getref het vir haar seun om in ʼn dwelmrehabilitasiesentrum opgeneem te word. Molusi het versoek dat Mark vir sielkundige evaluering gestuur word en het ter ondersteuning van sy versoek ʼn verklaring van Mark se ouma voorgelees.

In die verklaring versoek Mark se ouma dat hy vir sielkundige evaluering gestuur word, omdat haar dogter glo oor hom bekommerd was. Hope het glo aan haar ma gesê dat Mark teruggetrokke geraak het, geweier het om met haar te kommunikeer en hom in sy kamer toegesluit het. Volgens die verklaring was Mark ook aggressief en gewelddadig.

“Die beskuldigde het teengeskop teen sy ma se plan om hom na ʼn rehabilitasiesentrum te stuur weens sy swak geestesgesondheid. Die beskuldigde is ʼn gevaar vir homself en vir ander,” het Molusi gesê.

Molusi het verder gesê Mark het glo op 8 Junie sy ma aan haar kraag gegryp en haar rondgeruk. Saterdag het hy glo geweier dat ʼn veiligheidswag sy ouma toelaat om sy ma se huis in Pecanwood binne te kom. Sy het uiteindelik toegang tot die huis verkry deur die polisie te bel en het toe op haar dogter se liggaam afgekom.

Die staat het nie die verdediging se aansoek teengestaan nie en landdros Lawrence Matthee het beveel dat Mark in die Weskoppies psigiatriese hospitaal in Pretoria opgeneem word. Die saak is tot 18 Julie uitgestel.

Lees alle vorige berigte oor Hope Zinde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Gavin ·

Dis sy jeuse gewees om dwels te gebruik en om sy ms te vermoor.
Dis beste rehabilitsasie vir hom is lewens lank in die trok te sitzm

christine ·

Ja die Nigeriers sorg dat al die ANC ondersteuners verdwyn of gebruikloos raak. Maar die grense bly oop. Wys nou hoe wis hulle mekaar uit. Red n volk met so nasie sterkte ouma jy het die regte ding gedoen. Maar ai tik verslawing jy herstel nooit maak maar reg vir n tweede ronde

Grap ·

Hou die balans in stand net soos in die natuur waar die swakkes uitval sodat die sterkes kan oorleef.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.