Pecanwood-moord: Seun in hof

Hope Zinde (Foto: SAUK)

Hope Zinde (Foto: SAUK)

ʼn 28-jarige man wat daarvan verdink word dat hy sy ma vermoor het, is formeel van moord aangekla en verskyn Maandag in die landdroshof in Brits, Noordwes.

Hope Zinde (50) se liggaam is Saterdag in haar motor se kattebak gevind by Pecanwoord Estate, naby Hartbeespoortdam, het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

Zinde was ʼn voormalige raadslid van die SAUK en sedert 1991 ʼn joernalis by die openbare uitsaaier. Sy was later ook skrywer en vervaardiger van verskeie programme. Sy was in 2000 ʼn anker-uitsaaier en uitvoerende vervaardiger by SABC Africa. Sy het die nuusprogram “Perspective” aangebied en was mede-aanbieder van “180 Degrees”.

“Die slagoffer se seun, wat aanvanklik ondervra is, is aangekla van haar moord. Hy sal na verwagting ook tereg staan op ʼn aanklag van die besit van dwelmmiddels (kristalmetamfetamien),” het hy gesê.

Volgens inligting is die polisie na die toneel nadat hulle ʼn berig ontvang het dat die ma al ʼn paar dae lank nie gesien is nie. “Beamptes het haar seun by die huis gekry. Hulle het die huis en eiendom deursoek en die vrou in die kattebak van haar motor gevind,” het Mokgwabone verduidelik.

Zinde is vermoedelik al verlede Maandag oorlede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Johann Marx ·

En daar, in die middel van die berig, is sy “paspoort” tot ‘n opgeskorte vonnis: “Ek het nie geweet wat ek doen nie, ek was op Crystal Meth…..sorry”….

Piet Snot ·

Art 1 van Wet 1 van 1988: As jy iets gebruik wat maak dat jy nie weet wat jy doen nie (drank, tik ens), kan jy steeds nie skuldig bevind word aan die oorspronklike misdaad (soos moord) nie, want jy kon nie die nodige opset vorm nie (want jy was “hoog”).
Jy kan egter wel skuldig bevind word aan oortreding van dié wet, wat dieselfde straf dra as die oorspronklike misdaad.
Briljante stukkie wetgewing.

Irene ·

Wat gaan aan dat die ma nou ook vermoor word hoeveel moorde nog sies

Daleen ·

Dis tragies om van haar dood te hoor. Wat nog meer ontstellend is,is dat al Maandag vermoor is, en haar lyk nou eers gevind is.
R.I.P. Hope

Bokram ·

Dit gaan oor dwelms,sy wou hom seker nie geld gee vir nog nie

M ·

Lyk my deesdae kan mens nie eers jou familie vertrou nie. Die seun het duidelik geen respek vir sy ma gehad nie.

Speedguard ·

Veral nie familie nie, hul kou jou droog en spug jou uit en dan is dit jou skuld ook nog !!

So hartseer ·

Dit is ongelooflik hartseer dat n formidabele persoon met goeie leierseienskappe vir n paar rand vermoor is! Verder jong man die enigste persoon wat jou kon help het jy van die aarde verwyder, mag jy in die tronk bly en heel uitgevars word dat jy elke dag wakker kan skrik met die wete ek het nie meer n Ma en dit Vir nog n bietjie tik, hoe seer het jy nie haar hart gemaak nie!

Se maar net ·

Dwelms! Ek het amper dieselfde paadjie as sy geloop.My eie kind wou my ook om die lewe bring oor geld maar ek kon dit afweer maar nie te lank nie,het hy my belegging wat my enigste inkomste was,via internet bedrog gesteel.Vandag kripeer ek sonder enige sent.Waar is die destydse Narkotika Buro van die Polisie wat met dwelms gewerk het? Dankie aan ons agbare regering.

miemie ·

ek is so janmer te hoor wat jy deur is ek het ook 2 seuns wat dwelms gebruik. of gebruik het dis n alewige op en af toestand dan is hul skoon vir n ruk dan gebruik hul weer ek hoop om nou die jongste en sy meisie uit my huis uit te kry dat hul op hul eie gaan bly net ouers wat daardeur gaan sal verstaan watse hel ons deurgaan ek myself is ook al deur baie geld uit deur die kinders

Tammy ·

Hoe tragies is hierdie geval nie! Alle respek aan die dame, RIV Hope! Dwelms is n keuse, dis soos drank. Niemand vertel jou om dit te gebruik of misbruik nie. Ongelukkig het dit n verskoning geword vir moord en alle ander misdade en tel as versagtend. Nee, die owerhede moet net strenger teen dwelms optree en dit strafbaar maak gelykstaande aan moord vir die gebruiker en verkoper al is daar nognie ander misdade gepleeg nie, want dis n tydbom , die dwelmslaaf gaan een of ander tyd kop verloor.

cobusp ·

Blameer die soustrein te veel geld………ma n raadslid van sauk……werk vir sauk………bly in pecanwood………..seun n druggie …….en nou die moord saak……….

cobusp ·

Maroela, volgens Beeld was die oorledene n groot figuur en werksaam by “Prasa, nog n sous trein” maar niks word van Prasa genoem in julle berig nie????

vermeende ·

Ek wonder net of die saak ook so groot sal wees soos die Oscar saak en ek wonder of die saak ook gebruik sal word om die publiek se vertroue in die regstelsel te herstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.