Pecanwood-moord: Seun sal geëvalueer word

Hope Zinde (Foto: SAUK)

Hope Zinde (Foto: SAUK)

Die 28-jarige seun van die voormalige SAUK-raadslid Hope Zinde (50), wie se liggaam oor die naweek in die kattebak van haar motor gevind is, het Maandag in die Brits-landdroshof verskyn.

Mark Warona Zinde word aangekla van die moord op sy ma, asook die onwettige besit van dwelms. Die saak is Maandag na die Brits-streekshof oorgeplaas en Mark sal Vrydag in hierdie hof verskyn. Hy sal tot dan in aanhouding bly.

Mark het gedurende sy hofverskyning verward voorgekom en stadig met sy hande in sy sakke geloop. Hy het geen oogkontak gemaak met sy familielede wat in die openbare galery gesit het nie. Landdros Moses Maswanganyi het beveel dat Mark se geestestoestand geëvalueer moet word.

Hope Zinde se liggaam is Saterdag in haar motor se kattebak by hul huis in Pecanwood Estate naby Hartbeespoortdam gevind, maar daar word vermoed dat sy reeds dae vantevore al vermoor is. Noordwes-polisiebeamptes het by die huis gaan ondersoek instel nadat hulle ʼn berig ontvang het dat sy dae laas gesien is. Zinde se seun was by die huis toe die polisiebeamptes op haar liggaam afgekom het.

Hope Zinde was ʼn voormalige raadslid van die SAUK en sedert 1991 ʼn joernalis by die openbare uitsaaier. Sy was later ook skrywer en vervaardiger van verskeie programme. Sy was in 2000 ʼn anker-uitsaaier en uitvoerende vervaardiger by SABC Africa. Sy het die nuusprogram Perspective aangebied en was mede-aanbieder van 180 Degrees.

Familielede van Hope het buite die hof gesê begrafnisreëlings is nog nie gefinaliseer nie. Hulle het bygevoeg dat hulle haar seun sal ondersteun.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

SNEL ·

Net so hartseer storie. Hierdie kind was ook sy ma se alles en daar vermoor hy haar.

THEA SWART ·

Frans kan ons dan dieselfde se van Henri wat sy hele gesin uitgewis het – nee ek dink ons moet wegkom van “kleur” af stuur die seuns weer vir weermag opleiding dat hulle kan manne word en nie ‘n klomp boelies nie – lyk my dit is die seuns wat ons moet kortvat wat gebeur?

anne ·

Wie dink jy gaan hulle seuns weermag toe stuur soos die situasie nou huidiglik daar is? Daar is beslis ander maniere.

Natuurlik verward ·

Natuurlik sal hy verward voorkom, dwelms is halfpad uitgewerk en hy begin besef wat hy gedoen het, wie sal familie in die oe kan kyk! Ek hoop regtig jy vat verantwoordelikheid vir jou dade, jy het nie net jou eie Ma, maar wel n geliefde familielid en gas in almal se sitkamers sommer netso verwyder van die aardbol! Ek hoop jy kry ook vir Gerrie Nel en sy onbeskofdheid!

Jenny ·

Goed gese Andre. Mense wat so vining oordeel moet liewer 2 keer dink

Denise ·

Ek het geen simpatie met mense wat dwelms gebruik en dan onskuldige mense vermoor nie hulle weet goed wat die gemors doen . Dit is lafhartig wat hom ookal gepla het kon hy op n beskaafde manier met sy moeder uitgepraat het maar om in moord oor te gan nee wat sy het dit nie verdien nie geen ouer verdien dit nie!!!! Dit is siek en barbaars!!!! Sterkte aan die familie!!!!

Denise ·

Tragies sy ma het nie verdien om so te sterf nie, wat hom ookal gepla het kon hy rustig met haar bespreek het hoekom so wreed wees dwelms is van Satan dit maak die mense gek ek het nie simpatie met enige mens wat onskuldige mense vermoor nie!!! Dit was sy moeder die enigste een wat hom lief het!!!

Ronell ·

Dit staan allen in die Bybel. Kinders sal hul ouers dood maak in die laaste dae.

Leon Pit ·

Hy moet geevalueer word ?. Hy moet tronk toe wa hy hoort ma of dit gaan gedeur sal net die man in die maan weet.

Marietjie ·

Meeste misdade is dwelmverwant. Dit is die euwel van ons samelewing. Ons moet daar begin. Dit vernietig ons samelewing en ons kinders!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.