Pecanwood-moord: Seun soek borgtog

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Mark Zinde (24), die seun van die voormalige TV-aanbieder Hope Zinde (50), sal na verwagting Vrydag in die Brits-landdroshof om borgtog aansoek doen.

Zinde is Maandag in dié hof geskik bevind om verhoor te word nadat hy psigiatriese waarneming in die Weskoppies-hospitaal in Pretoria ondergaan het.

Volgens die verslag wat aan die hof voorgelê is, is Zinde in staat om die hofverrigtinge te volg en ʼn betekenisvolle bydrae te lewer. Die verslag sê ook hy is in staat om te besef sy optrede was verkeerd en het aan geen sielkundige afwyking gely toe hy na bewering sy ma vermoor het nie.

Francois Joubert, Zinde se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê hulle betwis die verslag, aangesien Zinde voor die hofsaak psigiatriese behandeling ondergaan het.

Zinde staan tereg op aanklagte van moord en die besit van dwelms.

Hy word daarvan beskuldig dat hy sy ma, ʼn voormalige joernalis, televisie-nuusaanbieder en direksielid van die SAUK, in hul huis in die Pecanwood-landgoed, naby Hartbeespoortdam in Noordwes, vermoor en haar liggaam in haar motor se kattebak versteek het. Kristalmetamfetamien ter waarde van R350 is ten tyde van sy inhegtenisneming in sy besit gevind. Hope se liggaam is op 11 Junie in die kattebak gevind. Sy is glo ʼn paar dae voor haar liggaam gevind is, vermoor.

Lees alle vorige berigte oor Hope Zinde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

MM ·

Wel op 24 behoort hy beslis te weet wat hy gedoen het. Hulle wil altyd agter hulle drug gewoontes weg kruip. Wees ‘n man en vat verantwoordelikheid vir jou dade!

Berhalet ·

Mmm… Om ‘n gram meth te kry en nog iemand te vermoor? Nee wat, los hom maar in die selle!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.