Pecanwood-moord: Seun steeds in Weskoppies

Hope saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Hope saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Die seun van die voormalige TV-aanbieder, Hope Zinde (50), wat teregstaan vir haar moord, ondergaan steeds psigiatriese evaluering in die Weskoppies-hospitaal in Pretoria.

Mark Warona Zinde (23) se saak sou Woensdag in die Brits-landdroshof hervat, maar is uitgestel tot 12 September, aangesien hy weens die evaluering nie in die hof kon wees nie.

Volgens hofdokumente het die hospitaal nog 30 dae versoek om die evaluering te voltooi. Die evaluering sal na verwagting op 8 September voltooi wees.

Die psigiatriese verslag sal die hof inlig of Mark geskik is om verhoor te word.

Mark staan tereg op aanklagte van moord en die besit van dwelms. Hy word daarvan beskuldig dat hy sy ma in hul huis in die Pecanwood-landgoed, naby Hartbeespoortdam in Noordwes, vermoor en haar liggaam in haar motor se kattebak versteek het.

Kristalmetamfetamien ter waarde van R350 is ten tyde van sy inhegtenisneming in sy besit gevind. Hope se liggaam is op 11 Junie in die kattebak gevind. Sy is glo ʼn paar dae voor haar liggaam gevind is, vermoor.

Lees alle vorige berigte oor Hope Zinde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

jaco ·

Psigiatriese observasie in n staatshospitaal? Die personeel moet 8uur begin maar meeste is half9 eers daar. Teetyd is 10uur tot 10.15, maar dit word na n halfuur gerek. Middagete is 45 minute maar word ook na langer as n uur gebrek. 3uur se Teetyd is weer n halfuur van onproduktief wees. Half5 maak die plek toe, maar van 4 uur af werk niemand nie en na kwart oor 4 is almal weg. Vrydae werk niemand na half3 nie en Vrydae en Maandae is helfte van die personeel weg weens Vrydagsiekte of Maandagsiekte.
Hierdie man gaan nog LANK in weskoppies wees vir sogenaamde observasie

MM ·

Alle pasiente wat die hof vra vir psigiatriese evaluering gaan Weskoppies toe. Oscar was ook daar gewees.

Cherokee ·

Waar werk jy Jaco? Nuuskierig omdat jy die tye so goed en presies ken.

jaco ·

Ek ken genoeg mense wat in die staatsdiens werk. Dis waar ek my feite kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.