Pecanwood-moord: Seun weer in hof

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Mark Warona Zinde, wat verdink word van die moord op sy ma, die televisiepersoonlikheid Hope Zinde (50), sal na verwagting Dinsdag in die Brits-landdroshof hoor of ʼn hooggeregshofdatum vasgestel is vir sy verhoor.

Zinde (23) word daarvan beskuldig dat hy sy ma verlede jaar by hul huis in die Pecanwood-landgoed by Hartbeespoortdam in Noordwes vermoor het. Hope se liggaam is op 11 Junie in die kattebak van haar motor gevind. Sy is vermoedelik reeds dae vantevore vermoor. Sy was ʼn voormalige raadslid van die SAUK en sedert 1991 ʼn joernalis by die openbare uitsaaier.

Zinde is vroeër op borgtog van R10 000 vrygelaat. Sy borgtog is egter teruggetrek nadat hy in November weer in hegtenis geneem is nadat hy glo sy pa, dr. Lebohang Mohale Manoto, aangeval het. Hy het sy pa na bewering op 6 November met ʼn glas in die gesig geslaan terwyl Manoto ʼn koerant by sy huis in Walkerville, suid van Johannesburg, gelees het.

Tydens Zinde se vorige verskyning in Januarie het die hof ʼn aansoek om hom weer vir psigiatriese waarneming by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal in Pretoria te stuur, van die hand gewys. Sy regsverteenwoordiger, adv. Francois Joubert, het die uitslag betwis van die oorspronklike ondersoek wat by Weskoppies gedoen is oor sy geestestoestand. Volgens die ondersoek is Zinde geskik om verhoor te word.

Lees die vorige berigte oor die Pecanwood-moord op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Paul ·

Maar Haleluja Rika God ons vader het reeds die wereld oorwin

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.