Pecanwood-moord: Seun weer in hof

Hope saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Hope saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Die 28-jarige seun van die voormalige SAUK-raadslid Hope Zinde (50), die vrou wie se liggaam in die kattebak van haar motor gevind is, sal Vrydag in die Brits-streekhof verskyn.

Mark Warona Zinde word aangekla van die moord op sy ma asook die onwettige besit van dwelms. Die saak is Maandag na die Brits-streekhof oorgeplaas.

Mark het gedurende sy hofverskyning verward voorgekom en stadig met sy hande in sy sakke geloop. Hy het geen oogkontak gemaak met sy familielede wat in die openbare galery gesit het nie. Landdros Moses Maswanganyi het beveel dat Mark se geestestoestand geëvalueer moet word.

Zinde se liggaam is Saterdag in haar motor se kattebak by hul huis op die Pecanwood-landgoed naby Hartbeespoortdam gevind, maar daar word vermoed dat sy reeds dae vantevore al vermoor is. Noordwes-polisiebeamptes het by die huis gaan ondersoek instel nadat hulle ʼn berig ontvang het dat sy dae laas gesien is. Zinde se seun was by die huis toe die polisiebeamptes op haar liggaam afgekom het.

Zinde is Donderdag ter ruste gelê. Sy was die hoof van korporatiewe sake by die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) en is ʼn voormalige raadslid van die SAUK.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Koos ·

Die euwel van dwelms en wat dit aan mense en families doen…..Bring terug die gespesialiseerde dwelm eenheid

ELSABE ·

EN DAN KOM HY SKOTVRY DAARVAN AF ” WANT HY WAS BEDWELLEMD”

tamboti ·

Geen effektiewe dissippliene van klein af vir SA jonges (en groot mense) lei tot allerhande onheil. Net MENSE REGTE viral vir die oortreders! Geen ommekeer nie – ‘n Sodom en Gommorra situasie.

So sad ·

So sad hoe jy vir jou Ma dankie se seun, as jy goed aanvang met drugs in jou lyf, moet dit dan nie gebruik. Jy geniet mense regte , word getoets wat het van jou Ma se reg op lewe geword? Hoop jy vars behoorlik uit in die tronk dat jy mooi weet jy het jou beste ondersteuner aan jou eie hand verloor!

Leef ·

Die land en gemeenskap moet zero tolerance vir enige dwelms, hul gebruikers en verkopers he. Geen genade aan enigiemand in die voorsieningsketting. Dis al wat sal werk. Dwelms vernietig mense, gesinne en hele gemeenskappe en streke.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.