Pecanwood-moord: Sielkundige verslag betwis

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Hope Zinde saam met haar seun Mark. Foto: Facebook

Mark Zinde, seun van die voormalige TV-aanbieder, Hope Zinde (50), wat teregstaan vir haar moord, sal ʼn psigiatriese verslag, wat bevind het hy is geskik om verhoor te word, teenstaan.

Hy het Maandag in die Brits-streekhof verskyn nadat hy in Junie na die Weskoppies psigiatriese hospitaal in Pretoria gestuur is vir sielkundige evaluasie. Francois Joubert, Zinde se regsverteenwoordiger, het aan die hof gesê hulle betwis die verslag, aangesien Zinde voor die hofsaak psigiatriese behandeling ondergaan het.

Volgens die verslag wat aan die hof voorgelê is, is Zinde in staat om die hofverrigtinge te volg en ʼn betekenisvolle bydrae te lewer. Die verslag sê ook hy is in staat om te besef sy optrede was verkeerd en hy het nie aan enige sielkundige afwyking gely toe hy na bewering sy ma vermoor het nie.

Zinde word daarvan beskuldig dat hy sy ma by hul huis in die Pecanwood-landgoed by Hartbeespoortdam vermoor het. Hope se liggaam is op 11 Junie in die kattebak van haar motor gevind. Sy is vermoedelik reeds dae vantevore vermoor.

Landdros Lawrance Matthee het die saak tot Vrydag uitgestel, wanneer Zinde om borgtog sal aansoek doen. Hy sal vir die res van die week in aanhouding bly.

Lees alle vorige berigte oor Hope Zinde op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

KarooKlong ·

Francois Joubert, jy doen net jou werk. Slaap jy maklik?

Arizona ·

Natuurlik sal hy. Almal wat mos n geliefde vermoor het mos n skroeg los as hulle gevang worf

Maria van Dieweeck ·

Hy is nie mal nie! Hy was net hoog, baie hoog.

Berhalet ·

Sjoe Mnr Joubert… Is dit die beste verdediging wat jy kan aanvoer? Jy spesialiseer in regte, nie psigiatrie nie… Maar jy weet reeds hy is skuldig en het geen ander verweer nie, nê?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.