Pediater aangeval: Veiligheidsmaatskappy help glo nie

Dr. Anthony (Tony) Allden en sy seun, Ralph. Foto: Facebook

Dr. Anthony (Tony) Allden en sy seun, Ralph. Foto: Facebook

Dr. Anthony (Tony) Allden, ʼn bekende pediater van Pretoria, is steeds in ʼn stabiele toestand in die Montana-hospitaal nadat hy Woensdag in die vroeë oggendure by sy huis in Amandasig geskiet is.

ʼn Familielid het Donderdag aan Maroela Media gesê Allden (56) gaan vir die volgende 48 uur onder swaar verdowing gehou word.

Beeld het Donderdag berig Allden het in sy bed gelê toe sy aanvallers hom in sy nek, bors en maag geskiet het. Die verdagtes het met mediese toerusting, ʼn aktetas, selfoon, handsak en beursie met ʼn onbekende hoeveelheid kontant gevlug.

Allden se vrou, Annatjie, het aan die dagblad gesê sy het omstreeks 03:00 wakker geword toe die verdagtes hul glasdeur breek om toegang tot die huis te kry. Sy sê die huis se alarm het afgegaan, maar die veiligheidsmaatskappy ADT, het glo nie dadelik reageer nie. “Wat vreemd is, is dat die alarm nie afgegaan het toe die mans verby die buitesensors geloop het nie,” het Annatjie aan Beeld gesê. “Ons twee honde het ook nie geblaf nie.” Sy vermoed die verdagtes het die sensors op ʼn manier afgeskakel.

Die egpaar se 22-jarige seun, Ralph, was tydens die voorval in die huis, maar is nie gewond nie.

Annatjie en Ralph het Tony na hul voertuig gedra om hom na die hospitaal te neem. Toe hulle buite kom, het ʼn ADT-voertuig verbygery. Ralph het vir die wag gesê sy pa is geskiet en benodig hulp, maar die wag het glo weggejaag.

Mike Kidson, besturende direkteur van ADT se noordelike streek, het aan Beeld gesê hulle is besig met ʼn “noukeurige ondersoek” om te bepaal wat by Allden se huis gebeur het.

Niemand is nog teen Donderdag in verband met die voorval in hegtenis geneem nie. Die polisie kan ook nie sê hoeveel verdagtes by die voorval betrokke was nie. Die polisie ondersoek ʼn saak van huisbraak en poging tot moord.

Lees ook:
PTA-pediater stabiel
PTA-pediater tydens huisbraak geskiet

– SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

vuilbaard ·

DIE BANGGAT “SEKURITEIT” JAAG WEG?? Seker net bekommerd oor sy eie sekuriteit!
Dis my eie ondervinding van ADT ook – hulle kan nie wag om jou geld te vat, maar verdwyn soos mis voor die son wanneer hulle moet presteer.

Canned Phantom ·

Ek moet darem so ‘n bietjie vir ADT opkom. Ek is al baie jare by hulle en hulle was nog elke keer binne 10 minute op my perseel na ons gebel het. Indien my alarm vir enige rede sou afgaan bel hulle gewoonlik binne 60 sekondes terug om te hoor of alles OK is. Ek het ‘n paar jaar terug hart probleme gehad. Na herhaalde pogings om met MTN se 112 nommer reg te kom (>15min) het my seun die nooddiensknoppie op ADT se alarm gedruk. Hulle man was binne 7 minute in my huis om te help. Dis dalk net ‘n swak wag wat toe aan diens was.

Belinda ·

Jip hier kan ek ook stem nog altyd as ons n vermoede gehad het van iets wan hulle binne 5 minute op my perseel en ek het nooit enige swak diens ontvang van hulle nie kan eerlik se hulle het seker maar n fout met die aanstelling gedoen maar ja ek kan eerlik se ek het nog altyd goeie diens ontvang…………….

Babs ·

Nie snaaks dat mense kla oor ADT. Daar is goeie ouens en minder goeie ouens. Sommige is net daar om ‘n salaris te trek.

Theresa ·

So word almal op wie ons glo kan staatmaak slapgat. En onskuldige mense boet met hulle lewens. Ons bid nogsteeds vir Dr Allden en glo die Here staan langs sy bed en hou Sy hand van beskerm oor hom.

anneke ·

Hier is almal besig met ADT. Ek se weer mag die Dokter deur druk en gou op sy voete kom die kinders verlang na goeie diens van hom. Maar ons Vader sal hom dra deur die tyd. So kom ons almal bid vir hom en vergeet van ADT. Onse Vader in die Hemel gaan saam Dokter Alden deur die diep water en maak dit weer vir hom ligter. Gaan saam sy familie en vriende en bring hom terug na ons. Amen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.