Pedofiel-fotograaf gevonnis

Rudolph Coetzee (Foto verskaf deur die SAPD)

Rudolph Coetzee (Foto verskaf deur die SAPD)

Rudolph Coetzee (23) is Woensdag in die Noord-Kaapse hooggeregshof gevonnis op 45 aanklagte insluitend verkragting, seksuele aanranding, poging tot verkragting en die vervaardiging van kinderpornografie.

“Coetzee is effektief tot 24 jaar tronkstraf gevonnis,” het lt. Olebogeng Tawana, woordvoerder van die polisie, gesê. Al die aanklagte hou verband met oortredings met plaaslike kinders tussen drie en 12 jaar oud, hoofsaaklik seuns. Die misdade is tussen Mei 2010 en April 2014 gepleeg.

Regterpresident Frans Kgomo het Coetzee tot 24 jaar tronkstraf gevonnis op vyf aanklagte van verkragting, 10 jaar op 16 aanklagte van seksuele aanranding, agt jaar op twee aanklagte van poging tot verkragting en 10 jaar op 22 aanklagte van die vervaardiging van kinderpornografie. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word. Hy sal effektief 24 jaar agter tralies deurbring.

“Coetzee is klinies gediagnoseer as ʼn pedofiel, iemand wat seksueel geprikkel word deur jong kinders,” het Tawana bygevoeg.

Hy is al sedert sy inhegtenisneming op 22 Mei 2014 in aanhouding. Tydens sy inhegtenisneming het die polisie beslag gelê op pornografiese materiaal waar hy kaal is saam met kinders tussen drie en 12 jaar oud en seksuele dade met hulle pleeg. Die foto’s was op sy persoonlike rekenaar en die polisie het beslag gelê daarop tydens die klopjag en soektog by sy huis wat hy as ʼn fotografie-studio gebruik het.

“Die hof het tydens die vonnisoplegging gesê Coetzee het die lewe van kinders verwoes, en hulle almal het emosionele trauma opgedoen,” het Mashudu Malabi, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), in ʼn verklaring gesê. “Een van die kinders toon selfmoordneigings en ander het dwelms en alkohol begin misbruik. Die hof het beveel dat Coetzee se naam in die lys van seksuele oortreders aangeteken word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Elmarie Pretorius ·

Ek bid dat hy nooit ooit parool opsie kry nie. Dankie vir die vonnis hoop die wat besig is met sulke dade STOP.

Gerhardt ·

Amper se ek AMEN! In die fliek “I spit on your grave” het die vrou ‘n baie goeie metode gehad met ‘n snoeisker en druk dit in sy mond. Dit sou ‘n gepaste straf wees.

Annie ·

Pedofiele rehabiliteer nooit. Kinders is lewenslank getraumatiseer. 24 jaar is te min. En wanneer raak die 24 jaar verkort vir een of ander obskure rede?

PIXIE ·

Annie ek stem 100% saam met jou . Net 24 jaar? Een van die dae is hy uit op parool en dan gaan hy net weer aan met sy vieslike gewoontes. Sulke ^%$ sal NOOIT gerehabiliteer word nie. Sny af wat pla asseblief tog of gooi die sleutel weg. En net 23 jaar oud? Alle kragtie so jonk en sy hart en verstand (as hy verstand het) is so vol vuil gedagtes. Sy ouers is seker baie hartseer dat hulle oulike laaitjie so uitgedraai het. Sterkte mnr en mev. Om te dink julle het hom so mooi groot gemaak en kyk nou net. Dit is nie julle skuld nie hoor moenie julself verwyt nie.

Griki ·

Ek dink ook 24 jaar is nie naastenby genoeg nie. Hy het nie die dade samelopend gepleeg nie, hoekom moet die vonnisse samelopend uitgedien word. Hy moet vir ewig toegesluit bly want hy is nie rehabiliteerbaar nie. Kastrasie gaan ook nie help nie. Sy oe kan nog steeds sien en sy hande kan nog steeds met ‘n rekenaar werk.

Jenny thom ·

24 Jaar is heeltemal te min. So ‘n vieslike vent moet vir die kinders se pappas gegee word om mee af te reken. Hulle sal presies weet wat om met hom doen.
So jammer vir die kinders, hoe kom hulle ooit oor sulke ongewone, onmenslike gedrag van mense wie hulle veronderstel was om te vertrou?
Drie jaar oud, dit is net peuters!!! Vieslike vent dan is hy nie eers skaam om direk vir die kameras te kyk nie. Hy laat nie eers sy kop in skaamte sak nie!! Hy is nie jammer vir enige daad wat hy gepleeg het nie. Beslis nie wat hy aan die kinders gedoen het waarmee hulle nou moet lewe nie. Getraumatiseer vir die res van hul lewe.

neelsie ·

Hoop die “inmates” kom die vark goed by .
Glo nie hy sal die parooltyd haal nie .
Gee daardie tipe vir die publiek. As dit my kind was………..

Rieks ·

Die ouderdom van die boosdoener is skrikwekkend… Het begin toe hy 18/19 jaar oud was! Mensig wat gaan deesdae aan in ons samelewing. Ek het 2 kleindogters – ek sidder om te dink wat en waarmee hulle in die toekoms saam mee moet leef – en dan lyk die boosdoeners nog so normaal soos ek en jy! Weet verseker – jy gaan aan die verkeerde kant van ‘n paar boosdoeners wees agter daardie tralies. Jy het baie mense se lewens en toekoms verwoes…

Kate ·

Elke denkbare, onpubliseerbare skelwoord snou ek hom toe. ONS betaal vir sy verblyf in die tronk, “Pappa wag vir jou” gaan hom net plesier verskaf, dis wat hy wil hê. Dan gaan hy waarskynlik nog gratis sielkundige hulp kry (en die arme kindertjies, wie betaal vir hulle berading?)Ek stem saam met Jenny, gee hom vir die pappa’s en mammas van die kindertjies, dan sal hy die straf kry wat hom toekom!!!!!!!!

Anschen ·

Hy moet doodstraf kry, sodat sy onmoeting bespoedig kan word. Geen mens kan hom ooit swaar genoeg straf nie

Zhara ·

Ek hoop hy leef lank en kry baie swaar geen genade vir hom nie, hoop hulle maak van hom n vroutjie in die tronk. Arme kinders ek is self n mamma en kinders behoort gekoester en liefde gegee te word nie deur so VARK verwoes word nie.

Helen ·

Alle seksoortreders se gevrete behoort vir die wêreld gewys te word. Hulle sal in elk geval dan wens hulle is eerder in die tronk, en nie op straat nie.

Arno Joubert ·

Ek stem! Geen persoon mag minderjariges se lewe so verwoes nie. Ek wonder of die persoon nie self ook n slagoffer was as kind nie? Indien wel moedig ek alle persone aan om hulle self aan te meld as slagoffers sodat hulle gemonitor kan word!

Jakkie ·

Hierdie jongman se pa is oorlede toe hy baie klein was. Wat sy omstandighede daarna was, is nie om op uitgebrei te word nie. Hy het toe reeds die spoor byster geraak nie omdat daar finansiële gebrek was nie, maar omdat …. Dis tragies. Sy ma behoort grootliks skuld te dra dat hy verward groot geword het. Ek kry die ouma en tannie baie jammer. Sy dade is nie verdedigbaar nie, so ook nie hoe hy groot geword het nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.