‘Pedofiel’ glo by dagsorg in Soweto

Foto bloot ter illustrasie. (Argieffoto)

Maatskaplike werkers is Maandag na ʼn dagsorgsentrum in Johannesburg gestuur ná bewerings van ʼn pedofiel wat glo met kinders by die sentrum gelol het.

Volgens Morakane Mosupyoe, die Gautengse LUR vir maatskaplike ontwikkeling, is ʼn vierjarige kleuter by die Silindokuhle‑dagsorgsentrum in Soweto deur die beweerde pedofiel verkrag. Die man woon glo by die sentrum.

Besonderhede oor die voorval is nog nie bekend nie, maar maatskaplike werkers is na die dagsorg ontbied om die saak te ondersoek.

“Ons wil eerstens vasstel of die dagsorgsentrum wettig geregistreer is as ʼn gedeeltelike versorgingsfasiliteit ingevolge die Kinderwet van 2005. Daarna sal ʼn ondersoek van stapel gestuur word om die besonderhede en omvang van die voorval vas te stel.”

Dié ondersoek sal glo die departement bemagtig om regstappe teen die betrokkenes te doen.

“Ondersteuning sal ook deur die departement aan die kleuter en haar gesin voorsien word,” het Mosupyoe gesê.

“Vroue en kinders is daagliks teikens van fisieke en seksuele mishandeling in ons land. Indien die maatskaplike werkers enige onwettige praktyke of vorm van mishandeling in hul ondersoek vind, sal die departement onmiddellik stappe teen die skuldiges doen.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

JohanR ·

Groot baie skerp snoeisker, en knip af! Known as the FINAL SNIP!

AmY ·

Dit sal mos nou weer ‘onmenslik’ wees. Hy het ook mos ‘regte.’

Hanna ·

Wat het die registrasie met die verkragting te doen? Die verkragter moes lankal inhegtenis gewees het…

Ansie ·

Waarom nie eers die voorval ondersoek en dan die dagsorgsentrum nie. Is die registrasie van die dagsorgsentrum dan belangriker as die verkragting van ‘n vierjarige? Nee, maggies!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.