Pedofiel hoor sy lot

tronkhande

Argieffoto

Uitspraak is Vrydag in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelewer in die appèl van die direktoraat van openbare vervolging wat ʼn swaarder straf vir die pedofiel Andries Petrus Retief (37) versoek het.

Landdros Mandy van Leeve het Retief, ʼn siviele ingenieur, in Augustus 2015 in die hof vir seksuele misdrywe in Parow tot agt jaar tronkstraf gevonnis op die voorwaarde dat hy nie binne vyf jaar weer dieselfde oortredings begaan nie. Die vonnis is egter heeltemal opgeskort, wat beteken het dat hy nie tronkstraf moes uitdien nie.

Dit volg nadat Retief skuldig gepleit het op verskeie aanklagte rakende die vervaardiging en besit van kinderpornografie sowel as seksuele aanranding.

Retief, ʼn eerste oortreder, het toe skuldig gepleit op 2 130 aanklagte. Hy het jong kinders na ʼn plaas naby Durbanville gelok met die oog daarop om pornografiese foto’s en video’s van hulle te neem. Van sy slagoffers sluit in ʼn sesjarige, agtjarige en negejarige kind wat almal seksueel aangerand is terwyl hulle geslaap het.

Van Leeve het wesenlike redes gevind om Retief ʼn minimum vonnis te gee. Die landdros het gesê Retief se inhegtenisneming het gelei tot sy besef dat hy ernstige emosionele probleme gehad het en dat hy ʼn dringende behoefte aan langdurige psigoterapie het. Sy het gesê hy het homself onmiddellik vir terapie beskikbaar gemaak.

Die Wes-Kaapse direktoraat van openbare vervolging het egter teen sy “skokkend onvanpaste ligte vonnis” geappelleer.

Regter Le Grange het Vrydag die direktoraat van openbare vervolging se appèl toegestaan. Le Grange het Retief tot 10 jaar tronkstraf gevonnis waarvan twee jaar vir vyf jaar opgeskort is. Le Grange het Retief ook tot ʼn verdere agt jaar tronkstraf gevonnis op van die ander aanklagte. Hy het egter gelas dat die vonnisse gelyklopend uitgedien moet word. Retief moet dus effektief agt jaar tronkstraf uitdien.

Sy naam moet ook op die lys van seksuele oortreders geplaas word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

Geskok ·

Siek ding! Die woord “pedofiel” of “verkragter” moet op so ‘n persoon se voorkop tattoo word en hy moet so rondloop sodat almal kan sien wat presies hy is.

Sarel Strydom ·

Ek verstaan niealdag die regstelsel nie. Hierdie man word feitlik vrygespreek en die landros hewt simpatie met hom. Wat van die slagoffers.

Nico ·

Soveel sake teen hom en kry maar 10 jaar sal hom lewenslank gee en hom in die tronk los sodat hulle hom goed kan bykom

Blondie ·

2130 Aanklagtes = 10 jaar waarvan 2 vir 5 jaar opgeskort is! Goeie genugtig ~ dis belaglik verby!

Eish ·

2130 keer eerste keer oortree? Sjoe, in my boek is dit aanduidend van n gewoonte.

Lynne ·

En wat het nou van die slagoffers se ernstige emosionele probleme en blywende letsels geword??!!

#siekvirdie ·

Al sy bates moet verkoop word. Geld in trust belê word en vir terapie van die kinders aangewend word en vir die gesinne van die slagoffers. Oortreders stap weg en dien n straf uit met gratis maatskaplike en sielkundige dienste. Iewers moet iemand begin pa staan vir dié kinders. Sy straf is ook om van naar te word…8 jaar…..regtig???

So verlig ·

Ek is werklik so verlig. Al is 10 jaar te min, waarvan net 8 effektiewelik is, is dit beter as Landros Leeve, Madam please leave, you have no idea what you are dealing with!

Deidré ·

Die ONREG wat ‘n kind aangedoen word, word nie vergewe nie!

EvW ·

….en as dit jou kind was????? Hoop hulle sorteer hom mooi uit daar innie tronk Siek vark !

bren ·

Ekskuus? so jy stem saam met die belaglike uitspraak? hoop die drek kry wat hom toekom in die tronk!!

Verlig ·

Jy is reg, oordeel kom ons nie toe nie, maar as ek en jy onverskillig staan en toekyk dat n pedofiel kinders (wat hulself nie kan beskerm) seksueel (wat by groot mense pas) MISBRUIK is ons net so skuldig voor God. Jy kan daai pad kies, ek gaan nie! Verder praat weer as jou kind, kind se kinders of naby mense so iets oorkom.

Eric ·

Ek hoop hul bly die uitspraak teenstaan en maak so groot ding van dit soos by oscar

Anna ·

Ongelooflik!! Wat is fout met ons regstelsel? Hoeveel kinders se lewens is verwoes en hy gaan 8 jaar in die tronk wees.

Spraakloos ·

Ek is spraakloos, destyds het Van Rooyen 2 jaar gekry, hyt uit gekom en presies dieselfde weer gedoen. En waar sit ons vandag? Niemand weet waar daai meisies is nie, wat gaan die man keer?

Rita ·

Ek is jammer. SA se regstelsel is regtig skokkend. Hy behoort lewenslank te sit. Pedofiele kan nie gerehabiliteer word nie. Dit is ‘n feit.

Piet ·

Ek praat glad nie sy dade goed nie. Ek stem ook nie saam met sy ligte vonnis nie. Ek sê net die oordeel kom ons nie toe nie. Alle sonde voor God gelyk en alle sonde voor God sal geoordeel word. Jesus sê in Mat. deur vir iemand Raka te sê ( siek vark) is gelyk aan moord. Dit wat die man aan kinders gedoen word is onstellend, hartseer en SONDE. God sal hom oordeel. Hy sal maai wat hy saai. Maar daar is ook vir hom vergefnis by Jesus as hy dit wil hê. En die oordeel kom ons nie toe nie.

Marieta Reyneke ·

Wat bedoel jy ons mag nie oordeel nie? Oordeel is die besluit tussen reg en verkeerd. Ons mag dalk nie veroordeel nie. En ek verstaan ook nie altyd hoe is alle sondes gelyk nie.

ken van benoni ·

Dit is regsuitsprake soos díe wat veroorsaak dat niemand die howe meer respekteer of vrees nie!!!
Strafbaremanslag = agt maande, moord =1jaar, diefstal = gemeenskapdiens !!
Die howe moet ondersoek word met hul patetiese vonnisse! Ondersoek sommer die regters wat sulke vonnisse gee!

Nettie ·

Ek kan nie glo dat hy nog steeds so lig daarvan afgekom het nie. Die kindertjies wat betrokke was by hierdie siek ding se doen en late gaan aan met sy lewe en hul lewetjies is verwoes vir ewig. Daar is nie woorde nie die duiwel word behoorlik gevoer en dit stuur ‘n boodskap uit aan al die monsters wat besig is met dieselfde siek bevredigings dat dit maar goed so is. Regtig!!!!

Marius ·

Amper 33 uur tronkstraf per kind/klagte. Hoeveel jaar gaan daai kinders met die letsels sit?

Ekke ·

Natuurlik moet ons in terme van God se Woord oordeel wanneer menslike straf uitgedeel MOET word! Ons kan ons nie oor sy ewige oordeel uitspreek nie, want as hy met sy HELE hart na Jesus uitroep vir vergifenis en hom bekeer (net Jesus kan hom van daardie gemors in sy lewe vrymaak – g’n psigoterapie nie!) dan kan hy baie ‘goeie Christene’ voorgaan in die Koningkryk van die Hemele! Die onreg en ongeregtigheid moet egter volgens Bybelse beginsels staatkundig uit die samelewing uitgeroei word. Moenie God se genade vir sondaars verwar met sy taak wat hy aan die owerhede toesê nie en ook nie ons begrip van reg en verkeerd nie. Ons moet staan aan die kant van Geregtigheid. Pasiewiteit teenoor dit wat God haat is beslis nie heiligheid nie!

Piet ·

Stem saam. Dis hoe ek dit bedoel. Verseker moet ons die dade oordeel, maar ons mag hom nie oordeel/ verdoem nie. Hy was moontlik ook slagoffer as kind…

Jackie ·

Eerste oortreder????????? Eerste oortreder se dinges man!!!! As hulle hom gouer opgetel het sou hy nie tyd gehad om 2000 oor die lyn te trap nie!!!!

Kiewiet ·

Rerig hy het 2130 lewens verwoes en dit is all wat hy kry en wat sê dit van ons regstelsel ek dink dit is bollie

Lynette ·

Jinne Piet hoe vergeet jy dan nou dat in dieselfde Bybel wat jy aanhaal staan daar geskryf in Matt 18:6 “maar elkeen wat een van hierdie kleintjies wat in My glo, laat struikel, dit is vir hom beter dat ‘n meulsteen aan sy nek gehang word en hy wegsink in die diepte van die see”.

Middie ·

@Piet, soetsappige Christenskap maak my siek. As ons nie mag oordeel nie, is die reg sonder werk, of is hulle (die reg) nie deel van “Ons” nie? Moet almal maar toekyk hoe “groot” en “klein” sondetjies gepleeg word met die verskoning: “Ons mag nie oordeel nie”, “Die wraak kom God toe”! Net deur jou opmerking oordeel jy reeds mense wat oordeel.

Snyaf ·

Was dit nie n halsoortreding so klompie jare terug nie? Sou te genadig gewees het. Die manne in die tronk gaan hom regsien.

Cathy ·

Weet 8 jaar is te min maar ek dink vir die slagoffers is dit baie beter as 2 jaar terug se niks tronkstraf. Hy word uit die openbaar verwyder en geen ander kinders kry seer nie. Vir so n man is daar nie genade in ons tronke nie. My hart gaan uit aan sy ouers nie vir sy vrou nie want sy staan by so n man en se daar is niks fout met hom nie. Ten minste is hy vir 8 jaar weg van enige kinders sy eie ingesluit

Sproetjies ·

Wat sal jy doen as dit jou kind wasPiet,hoe sal jy dan gevoel het,dit is maklik om te praat en dit en dat te se,maar wat sou jy gedoen het en gevoel het as dit Jou KIND was,wat dit mee gebeur het

Piet ·

Die OOREEL kom ons nie toe. God het hom steeds lief. As hy God se liefde verwerp dat sal God hom oordeel. In tussen moet hy gevolge dra van sy dade.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.