Pedofiel hoor vandag sy lot

Die Wes-Kaapse hooggeregshof. Argieffoto

Andries Petrus Retief (37), die pedofiel wat agt jaar tronkstraf opgelê is nadat hy skuldig bevind is op aanklagte van kinderpornografie, gaan na verwagting Vrydag hoor of hy ʼn swaarder straf gaan kry.

Dit volg nadat die Wes-Kaapse direktoraat van openbare vervolging teen sy “skokkend onvanpaste ligte vonnis” geappelleer het. Die uitspraak sal in die Wes-Kaapse hooggeregshof gelewer word.

Landdros Mandy van Leeve het Retief, ʼn siviele ingenieur, in Augustus 2015 ʼn opgeskorte vonnis van agt jaar tronkstraf opgelê in die hof vir seksuele misdrywe in Parow. Retief het skuldig gepleit op verskeie aanklagte rakende die vervaardiging en besit van kinderpornografie sowel as seksuele aanranding.

Retief, ʼn eerste oortreder, het skuldig gepleit op 2 130 aanklagte. Die hof het gehoor Retief het jong kinders na ʼn plaas naby Durbanville gelok met die oog daarop om pornografiese foto’s en video’s van hulle te neem. Van sy slagoffers sluit in ʼn sesjarige, agtjarige en negejarige kind wat almal seksueel aangerand is terwyl hulle geslaap het.

Retief se dade het aan die lig gekom nadat ʼn familievriend die huis waar Retief saam met sy vrou en gesin gewoon het, opgepas het. Retief het sy internetwagwoord vir die vriend gegee waarna die vriend op Retief se skootrekenaar op die foto’s en video’s afgekom het.

Van Leeve het wesenlike redes gevind om vir Retief ʼn minimum vonnis te gee. Die landdros het gesê Retief se inhegtenisneming het gelei tot sy besef dat hy ernstige emosionele probleme gehad het en dat hy ʼn dringende behoefte aan langdurige psigoterapie het. Sy het gesê hy het homself onmiddellik vir terapie beskikbaar gemaak.

Die direktoraat vir openbare vervolging het daarna besluit om teen die vonnis te appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Wow ek is vol hoendervleis ·

Wow ek sal bly wees, want dit is die wreedste misdaad wat jy aan onskuldige slagoffers kan doen. Hulle sukkel die res van hul lewens en hy word net deur die hof gesê “uhm dit is nie reg wat jy doen, ok as jy dit weer doen, sluit ons jou toe” never, nooit. Hy sal net skelmer raak, hierdie seksuele misdrywe is ‘n siekte en hy het nog goeie geld ook daarmee gemaak. Verder Landdros Mandy van Leeve, leave this cases you have no idea what the impact is and if you do not know, stick to the guidelines…… Regtig ek wil nie sê hoop jy kom so iets oor nie, dit is net te wreed, maar as jy iemand ken of ‘n naby een so iets oorkom, sal jy die impak daarvan verstaan. Nie straf uit wraak, maar straf om onskuldige kinders en mense te red en so ook vir Andries Retief teen homself beskerm.

Nee! ·

Is dit hoe enige weerlose kind deur die wet beskerm word? BESKERM ons kinders!

marlene ·

Doodstraf is gepas. Hy het alreeds sy slagoffers se lewens geneem.

Tharina ·

Hy het sy slagoffers reeds lewenslange vonnis toegedien, maar hy kry slegs 8 jaar?! Behoort meer soos 80 te wees! As die gereg dan nie ons kinders beskerm nie is ek seker gemeenskappe gaan begin optree en reg in eie hande neem. Die gereg vaal ons mense, veral ons jeug!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.