Pedofiel ‘jammer’; ouers soek geregtigheid

Argieffoto

Argieffoto

Die motorverkoopsman van die Oos-Rand wat skuldig gepleit het op meer as 800 aanklagte teen van onder meer kinderverkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie word Maandag gevonnis.

Warren Troy Knoop het Vrydag aan die Johannesburgse hooggeregshof gesê hy wil help om ander seksoortreders vas te trek. Regter Cassim Moosa het ingestem dat Knoop die hof toespreek.

“Ek sal niemand veroordeel wat dieselfde as ek gedoen het nie, hierdie was ʼn hulpkreet. Ek kan nie dit wat ek gedoen het of die lewens wat ek beïnvloed het, terugvat nie. Ek smeek om hulp,” het Knoop gesê.

“Ek het afskuwelike dinge gesien en beleef terwyl ek in die tronk was. Laat my asseblief toe om mense te help vastrek wat dieselfde verslawing as ek het,” het Knoop bygevoeg.

Volgens Knoop het hy die Here “gevind” terwyl hy in die tronk was en is nou gerehabiliteer. Hy het in die hof aan die vroue met wie hy verhoudings gehad het, gesê dat hy bloot in verhoudings met hulle was omdat hulle kinders het. Hy het aangedui dat hy in een geval die seksuele aanranding gestaak het omdat hy bang was die meisie raak oud genoeg om iets te sê.

Volgens Knoop het hy skuldig gepleit om almal tyd te spaar. “Ek het sielkundige hulp nodig om my te help om te verwerk wat ek gedoen het. Neem asseblief my persoonlike omstandighede in ag. Dis my eerste oortreding, ek is gesodomiseer as ʼn kind en ek ly aan depressie.”

Die 40-jarige Knoop het aanlyn kinderpornografie onder die naam “APE man” gedeel. Die foto’s is glo aan internetgebruikers in die VSA gedeel waar wetstoepassingsagentskappe snuf in die neus gekry het en die Suid-Afrikaanse polisie na Knoop gelei het. Maroela Media het vroeër berig dat hy Woensdag by sy werkplek in hegtenis geneem is. Die polisie het hierna ʼn klopjag op sy huis uitgevoer waar daar op skootrekenaars, hardeskywe, selfone, geheuestokkies en ʼn klein “spioenkamera” beslag gelê is.

Knoop staan onder meer tereg op 82 aanklagte rakende die misbruik van ʼn kind om pornografie te vervaardig, 85 aanklagte van die vervaardiging van kinderpornografie, 35 aanklagte van verkragting, agt aanklagte van seksuele aanranding, 33 aanklagte van ontbloting, 97 aanklagte rakende die verspreiding van kinderpornografie en 501 aanklagte rakende die besit van kinderpornografie.

Knoop se slagoffers was onder andere die kind van een van sy vriendinne en een van dié kind se vriendinne. Die hofgalery was volgepak met DA-lede, familielede van die slagoffers asook lede van die organisasie Vroue en Mans teen Kindermishandeling.

Staatsaanklaer Riana Williams het aan die hof gesê die minimum vonnis vir die aanklagte teen Knoop  is lewenslange tronkstraf. “Knoop het geen wettige verweer vir sy dade nie,” het Williams gesê. “Hy toon berou oor sy aksies, maar hy is ʼn reeksverkragter,” het sy bygevoeg.

Die ongerymdhede het tussen 2011 en 2015 plaasgevind in die ooste van Johannesburg en in Mpumalanga.

Een van Knoop se slagoffers was 12 jaar oud toe die mishandeling plaasgevind het en het daarna probeer selfmoord pleeg. Sy het genoem hoe sy ten minste 12 kere kon onthou waar sy wakker geword het terwyl Knoop haar seksueel aangerand het.

Knoop was in trane toe Williams die voorgestelde vonnisse vir die klagte teen hom voorgelees het.

Een van die ouers van die slagoffers het gesê hulle het hom vergewe, maar dat hulle nooit sal vergeet wat hy gedoen het nie. ʼn Ander ouer het weer gesê sy sal hom nooit kan vergewe nie. “Ek hoop hy gaan vir die res van sy lewe tronk toe sodat hy niemand anders kan seermaak nie. Ek sal hom nooit kan vergewe vir die feit dat my kind haar polse probeer sny het met ʼn stuk glas nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

38 Kommentare

jongste oudste gewildste
Francoios le Cochon

Nee reg, ons sal jou help. Dien eers jou lewenslange tronkstraf uit, en dan kan ons gesels oor hoe ons sal help, Ek maak tentatief ‘n aantekening in my 2042 dagfboek!

EKKE

SLUIT HOM TOE EN GOOI WEG DIE SLEUTELS

Lienkie

Siestog arme ding, nou wil hy huil, ek wonder hoeveel aande het daardie kindertjies gehuil met die leed wat hy hul aangedoen het, hul gaan nog jare sielkundige behandeling nodig kry, nee wat, gaan huil in die tronk, ek het GEEN simpatie met so sieklike mens soos jy nie.

Ano

Jou vieslike vent – ek het nie eers woorde om jou te beskryf nie. Jy beweer jy het “vieslike dinge gesien en beleef terwyl jy in die tronk was” – het jy gedink dis ‘n hotel waar jy kan aangaan met jou dade? Nee, as ek die keuse gehad het, het jy nooit ooit weer sonlig gesien nie. Ek hoop dat jy suffer elke liewe dag in die tronk. Daar gaan heeltemal te veel genade vir jou wees binne die tronk. Jy gaan kos kry, mediese sorg, ‘n gratis dak oor jou kop, ‘n bed ens. Dis te veel voorregte… Lees meer »

Johanna

O neee!! Huil gaan nie daardie kinderlewens wat hy verwoes het herstel nie. NOOIT nie!
Gee hom DIE SWAARSTE STRAF!!!