Pedofiel op 180 aanklagte gevonnis

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pedofiel wat sy slagoffers deur verskeie sosialemediaplatforms gelok het, is onlangs op 180 seksuele misdaadaanklagte skuldig bevind en gevonnis.

Eric Ntabazalila, Wes-Kaapse woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê Nizaam Ajam het deur middel van BBM, WhatsApp, Facebook en MXit kontak met minderjariges gemaak deur vir hulle vriendskapversoeke te stuur. Wanneer die kinders sy vriendskapversoeke aanvaar het, het hy aanlyn met hulle gesels en hul vertroue gewen. Die kinders was seuns en meisies tussen die ouderdomme van 12 en 16 jaar oud.

“Die beskuldigde het sy slagoffers versoek om kaalfoto’s van hulself te neem en dit aan hom te stuur. Nadat hy die foto’s ontvang het, het hy gedreig om die kaalfoto’s bekend te maak as hulle nie nog kaalfoto’s vir hom stuur nie,” het Ntabazalila gesê. “Hy het by drie geleenthede drie van die minderjarige slagoffers na sy huis gelok waar hy hulle verkrag het.”

Volgens Ntabazalila is 180 aanklagte teen Ajam aanhangig gemaak, onder meer van verkragting, uitbuiting, seksuele gereedmaking van kinders, die vervaardiging van kinderpornografie, blootstelling van kinders aan kinderpornografie, verspreiding van kinderpornografie en die aanmoediging van seksuele selfmisbruik.

“Die beskuldigde het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan en is tot 20 jaar tronkstraf gevonnis,” het Ntabazalila gesê. Sy naam sal ook by die seksoortredersregister gevoeg word en die hof het beveel dat hy nie ʼn vuurwapen mag besit nie.

“Die NVG verwelkom hierdie vonnis en moedig ouers aan om hul kinders se aktiwiteite op sosiale netwerke te monitor,” het hy gesê. “Die berekende manier waarop [Ajam] hierdie kinders bevriend het, valse profiele gebruik het, hulle oorreed het om die kaalfoto’s te stuur en hulle dan af te pers, maak hom ʼn gevaar vir die samelewing.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Ja nee ·

Vir die skade wat hy aan hoeveel jong kinders aangerig het en onthou dit is maar die waarvan hulle weet, daar sal nog klomp wees wat te skaam of bang is om uit te kom. Hulle moet vir die res van hul lewe ‘n nuwe pad bou en vind. Hy kan na ‘n paar jaar uitkom en houtgerus weer sulke nonsens aanjaag en hy het mos nou goed uitgewerk hoe dit werk. NVG moenie te gou juig, dink net oor ‘n paar jaar moet jy hom weer soek met beter planne etc……… So mens se phsige is so verwronge dit kan nie reggemaak word nie. Hy is boos!

Magda ·

Sit sy foto in elke koerant, op elke paal in die land, op social media, orals!

gert van der Merwe ·

20 jaar ?? nadat hy soveel kinders se lewens ‘n knou toegedien het. More oor more dan oortree van sy slagoffers ook een of ander wet dan sal hulle in die hof pleit dat hulle seksueel in hul kinder jare gemolesteer is . hy moet van die samelewing vir altyd verwyder word.

Maria van Dieweeck ·

Dit is feitlik onmoontlik om n pedofiel te rehabiliteer. Al wat kan help is om hul `reg te maak`. Selfs n vrou wat dit doen MOET NIE n kind kan he nie. Harde arbeid en operasies in die tronk kan bydra tot groter veiligheid in ons land. Sekere mense is banger vir harde werk as vir die dood!

Hoe begin mens n petisie? Die wat so ledig sit moet sommer begin tronke bou ook en hul eie voedsel groei. #harde arbeid.

snoefie ·

die man se gedrag is veragteluk. maar…. kinders van 14 tot 16 weet waaroor die lewe gaan. hoekom kla kinders nie by hulle ouers nie ? praat hulle nie met mekaar en waarsku mekaar nie? dis skreiend dat kinders hulle wie ouers nie genoem vertrou om sulke gevalle onder hulle aandag te bring nie.

johann cb ·

Kinders kry té maklik toegang tot sosiale media. Tuis, op hul selfone ens. Ek hoop nie dit gaan so maklik by skole nie. Ek sou kyk na wetgewing wat kinders eers na 18 -jarige ouderdom op sosiale netwerke toelaat. Dan is daar nog die kwessie van ouers wat opgevoed moet word…

Mariette Hammann ·

GEEN rede om sy identiteit te beskerm nie. Foto’s asseblief, dat almal teen hom gewaarsku kan word.

marianne ·

Mxit is ‘n bordeel netwerk!!! Die eerste vraag wat hulle joy vra is : ” is jy stout”? Dan stel hulle ook voor day hulle airtime vir foto’s sal ruil. Hoe meer gewaagd die foto, hoe meer airtime.
Die dae waar mens “net vriende” op mxit kon task chat is verby!!!
Ouers moet toegang tot hulle kinders se fone kry en hulle kinders beskerm!!!
Baie getroude mense neuk ook rond op die netwerk….
EK WENS HIERDIE MONSTER WORD ONTBLOOT EN DAT ONKUNDIGE MENSE INGELIG SAL WORD TEEN CYBER SEX.
Dit word as onskuldig beskou maar verwoes lewens!!!

jessica ·

….. Ek sou ook my mond vol gehad het oor kinders op sosiale media en dalk die ouers gekritiseer het MAAR dit het ook met my dogter gebeeur toe sy 12 was. Ek het haar teen als gewaarsku maar as n slu pedeofiel jou kind “bevriend” en oorreed hoeveel weerstand het daai ouderdom kind. En al wat ek wil se oor die wat vinger wys …. My kind gaan nogsteeds deur he’ll ! Skaamte, vernedering, skole skuif, vriende verloor, bang vir die nag, woedebuie – kan ek aangaan. Dink sy dien haar straf uit. Saak was aangegee by KBE. Na 5 maande is als nog doodstil. Ons het sy selfnommer. KBE se die no is ni ge-rica nie. Wtf!

jessica ·

Dieselfde het my my dogter (toe 12) gebeur. Ek is n ouer wat omgee. Ek het haar teen als gewaarsku. Groepsdruk is n blikemmer. Als het in my huis gebeur. Ek laat haar nie toe om na willekeur te doen wat sy wil nie. Maklik vir pedofiel om kind te oortuig en vertroue te wen. Sy (en ons) dra die gevolg van haar dom keuse. Sielkundige sessies, ander skool. Shame, onvergifnis vir haarself …. Moet ek aangaan. Haar straf is groot

Christie Joubert ·

Kastrasie vir pedofiele en historektomies vir vroue pedofiele. Wie stem?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.