Pedofiel wat ‘jammer’ sê swaar gestraf

Foto: Miranda Jordan Friedmann/WMACA.

Foto: Miranda Jordan Friedmann/WMACA.

Warren Troy Knoop, wat skuld beken het op meer as 800 aanklagte teen hom, van onder meer kinderverkragting, seksuele aanranding en die besit van kinderpornografie, is Maandag in die Johannesburgse hooggeregshof gevonnis.

Regter Cassim Moosa het Knoop tot 32 keer lewenslange tronkstraf sowel as ʼn bykomende 170 jaar tronkstraf opgelê. Moosa het tydens vonnisoplegging gesê kinders word gewoonlik deur mense na aan hulle misbruik en dat die oortreders glo hulle gaan daarmee wegkom. Knoop se broer en die ma’s van twee van die meisies wat hy misbruik het, was in die hof.

Maroela Media het vroeër berig die 40-jarige Knoop het aanlyn kinderpornografie onder die naam “APE man” gedeel. Die foto’s is glo met internetgebruikers in die VSA gedeel, waar wetstoepassingsagentskappe snuf in die neus gekry het en die Suid-Afrikaanse polisie na Knoop gelei het.

Maroela Media het vroeër berig hy is verlede Woensdag by sy werkplek in hegtenis geneem. Die polisie het hierna ʼn klopjag op sy huis uitgevoer waar hulle op skootrekenaars, hardeskywe, selfone, geheuestokkies en ʼn klein “spioenkamera” beslag gelê het.

Die misdade het tussen 2011 en 2015 plaasgevind in die ooste van Johannesburg en Mpumalanga. Volgens Knoop het hy die Here “gevind” terwyl hy in die tronk was en is nou gerehabiliteer.

Regter Moosa het gesê ʼn sterk boodskap moet gestuur word aan sulke oortreders. “Suid-Afrikaanse howe gaan nie toelaat dat hierdie soort ding meer gebeur nie,” het Moosa gesê. Knoop is ook beveel om woedebeheerklasse by te woon, asook klasse vir seksoortreders om te help met sy rehabilitasie.

ʼn Vrou, wat in ʼn verhouding met Knoop was en wie se 12-jarige dogter hy seksueel misbruik het, het gesê haar dogter kry nou berading, maar sy het steeds selfmoordneigings. “Sy getuienis was ʼn grap, hy het altyd vir my voorgesê hoe ek moet aantrek of nie moet drink of rook nie,” het sy gesê.

Een van die ander ma’s het verduidelik hoe Knoop ʼn privaatspeurder gehuur het om haar te ondersoek en na haar telefoonboodskappe en oproepe geluister het omdat hy onder die indruk was sy het hom verkul.
Knoop is voorheen toegang tot sy biologiese dogter geweier omdat sy vrou hom betrap het waar hy na kinderpornografie kyk. “Daar is verskeie ander kinders, maar ons was die enigste ma’s wat bereid was om na vore te kom,” het een van die ma’s gesê.

Phindi Louw, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het gesê hulle het die pleitooreenkoms gesluit, aangesien hulle geweet het dit sou verseker dat Knoop ʼn strawwe vonnis opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Christelle ·

Wat ek nie verstaan nie is hoe hierdie ‘tipe’ skielik die Here vind in die tronk. Ek is bly hy het so ‘n groot vonnis gekry.

Lucy ·

Wonderlik hoe al hierdie verkragters skielik die Here in die tronk “vind”
Hy is net jammer hy is gevang. Kry vir jou boetie. Mens speel nie met mense se lewens of met die Here nie.

Leon van Deventer ·

Rehabilitasie??? Vir watter doel, die man kan mos nie weer vrygelaat word nie?

Alida ·

Baie bly oor die vonnis. Hierdie tipe mense probeer altyd die howe beindruk deur hul skielike “bekering”. Dit is bog. Hulle siek tot op die been en sal nooit ooit gerehabiliteer kan word nie.

Lise ·

Ek stem saam met jou, Alida. Pedofiele is onrehabiliteerbaar. Hou hom in die tronk sodat hy kan aangaan met sy goeie werk en nog mede gevangenes na die Here lei. Ha-ha. Wat ‘n grap.

M ·

Ek verstaan nou nie so lekker die tydlyn nie… Woensdag aangekeer, vandag gevonnis – en hy het tyd in die tronk gehad om die Here te vind… in 5 dae… haha!!! Probeer ‘n ander een pel – en lekker sit!!!

Ontevrede ·

Ek wens ons het nog die doodstraf gehad vir moordenaars, verkragters en kindermolesteerders!!

Lise ·

Maroela Media, die berig maak nie sin nie. Hier word slegs gepraat van Maandag het dit gebeur en Woensdag het dat gebeur. Watter Maandag en watter Woensdag? Ek probeer nou die prentjie bymekaar sit, maar dit sukkel maar.

Janie Monsieur ·

Dagsê Lise,

Dankie vir jou kommentaar. Hy is vandag (Maandag) gevonnis, en verlede Woensdag by sy werkplek in hegtenis geneem.

Die berig is gewysig om verwarring te voorkom.

Groetnis
Janie mns Maroela Media

Pikkie ·

Die Here sal nie laat monsters soos hy verder skade aan sy aards engeltjies doen nie, geen staf sal ooit genoeg wees nie. Kindertjies is weerloos teen sulke gevoellose gemors wat loop en vernietig. Hoop jy kry dit 800 keer plus terug

Ongelowige Thomas ·

Hoekom het die Here die wandade in die eerste plek toegelaat? Soveel hartseer en verdriet kon gespaar gewees het.

Joa ·

Ongelowige Thomas. Ons as mense moet onthou dat die Here nie goed toelaat of nie toelaat nie. Hy het die heelal geskep en Hy het gese dit is goed. Omdat God gese het dit is goed, het Hy die mens in Sy goeie skepping gesit en Sy skepping aan ons toe vertrou, daarom kan ons nie se God laat dit toe of laat dat toe nie. God het vir ons ‘n volmaakte wereld geskep en Hy het ook aan ons die vryheid van keuse gegee. Die mensdom het hierdie wereld vieslik gemaak.

Piet ·

Amper het ek ophou nuus lees omdat ek my siel net vergal deur altyd die geweldadige aard van die nuus te lees ( en die kommentaar wat my soms sprakeloos laat). Koms ons gee egter nou aplous aan n regter waar n aplous verdien word! Ons het nou wel nie die doodstraf in SA nie, maar hierdie straf kom redelik naby.

SL ·

Ek glo die Here se hart is ook seer oor hierdie dinge. Hy self sê in Sy Woord vir die dissipels dat hul nie die kindertjies moet verhinder nie maar na Hom toe moet laat kom. Dis God se hart vir kinders. Aan die ander kant is dit net weereens n bewys van die mens se goddeloose sondige natuur waarin ELKE MENS gebore is en tot so iets in staat is. DIt is waarvoor Jesus aan die kruis gesterf het! Hy het nie gekom vir die wat gesond is nie maar die wat siek is.
Die Here gee elke mens n vrye wil. Hierdie dinge is nie Sy skuld nie. Wie is ons dat ons enigsins vir God sulke vrae kan vra? Het ons MEER BARMHARTIGHEID as Hy wat Sy lewe vir ons gegee het?
Die Here bied verlossing vir ELKE mens wat BESEF hy is n sondaar- van die grootste pedofiel tot die tannie wat koeksisters bak vir die bazaar. Ons samelewing wil nie meer vir die skoolkinders elk n Bybel gee op skool nie, maar beland hulle dan in die tronk DAN moet hulle nou n Bybel kry- maar dan is die skade klaar aangerig. Mag die Here elk van die kindertjies genadig wees.

Christa ·

Ek kan nie verstaan hoekom die ma van sy kind hom nie reeds gerapporteer het toe sy hom met kinderpornografie gevang het nie!! Wys dit hoe min ons regtig omgee – en dan kerm en kla ons elke dag oor misdaad!!!

Kobus 4e ·

Sy het, dis hoekom hy voorheen toegang tot sy eie dogter geweier is. Die staat moes toe al n saak van kinder pornografie teen hom gemaak het, wat hulle nie gedoen het nie

Melkies ·

@Namibië
Die Amerikaner speurdienste het ons polisie ingelig dat kinderpornografie vanaf hier in SA afkomstig was. Ons polisie het dit ondersoek en op hierdie skepsel afgekom. Hy het toe skuld beken en vandag gevonnis. Hul het hom seker op sy IP adres opgespoor.

Emm ·

Al is ek geen expert op d veld nie – glo ek vas dat seksueleoortreders (soos d pedofiel) NIE rehabiliteerbaar is nie. Hy is siek in sy kop en in sy wese – niks klassies en ‘tyd om na te dink en besin oor sy sondes’ en niks van d skielike en kamstige bekering gaan maak dat hy weer as n gesonde bydraende lid vd gemeenskap vrygelaat kan word uit d tronk nie. Die pervert moet bly waar hy is tot d dag v sy dood – ek hoop maar dis kom spoedig.

Elsje ·

Vrouens raak te gou verlief op die gemors van die aarde en doen dan alles vir die man en kom nie agter die ding is besig om hul kinders se lewens te verwoes nie. Vrouens jul kan alleen regkom, sorg eerste vir jul kinders en vir julself, dan sal God vir jul ‘n wonderlike man stuur om jou en jou kinders gelukkig te maak. Hierdie en die Poppie saak is goeie voorbeelde van vrouens wat soos onderdane word en hul kinders vir die wolwe gooi.

Anoniem ·

Jammer reverdig nie wat by gedoen het nie en dit beteken niks die skade wat jy aan soveel mense gerrig het kan nooit reg gemaak word nie

tamboti ·

Ongelowige Thomas, jy moet verstaan dat God en die Bybel ewe onverstaanbaar is maar die’ wat daarin glo dit wel so verklaar asof dit bo feit en wetenskap verheerlik is.
Dit is net so vals soos daardie lekker groot kruis om die Knoop kop se nek.
Ek herdoop jou sommer na Verstandige Thomas.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.