Peiling: ANC groei, maar DA en EFF kry swaar

Die kans op ʼn ANC-EFF-koalsie wat ná volgende jaar se verkiesing die leisels in Gauteng oorneem, lyk baie goed, as ʼn mens die uitslag van ʼn meningspeiling deur die Instituut vir Rasseverhoudings (IRV) kan glo.

Tydens ʼn blitsopname deur die IRV in die laaste week van November het 48% van die ondervraagdes in Gauteng aangedui hulle sal vir die ANC stem, 25% vir die DA en 12% vir die EFF. Maar as ʼn stempersentasie van 73% op dié syfers toegepas word, kry die ANC 50% van die stemme, die DA 27% en die EFF 10%, wat kan beteken die ANC en Rooi Barette sal moet saamspan om ʼn regering te vorm.

Landwyd sê die IRV die ANC se steun het sedert September met 4 persentasiepunte toegeneem tot 56%, terwyl die DA sʼn met 5 persentasiepunte tot net 18% afgeneem het. Die EFF se verwagte steun by die stembus het met 2 persentasiepunte gedaal tot 11%. Volgens dié meningspeilings sal die ANC dus ná Mei 2019 steeds gemaklik in beheer van die nasionale regering wees.

Patricia de Lille se nuwe party, Good, kan hoofsaaklik die steun werf van kiesers wat nog nie weet vir wie hulle gaan stem nie, is in die peiling bevind. Die party se nasionale steun staan op 4%.

Van dié onseker kiesers was vroeër DA-ondersteuners en ander ANC-kiesers. Sy kan steun te wagte wees van ontevrede DA- sowel as ANC-ondersteuners; daarom hou haar party nie noemenswaardige bedreiging vir die regerende DA in die Wes-Kaap in nie.

Vir die doeleindes van hul meningspeiling het die IRV Suid-Afrika se kiesers in twee groepe verdeel: “swart” en “minderheidskiesers”. Die ANC kan nou reken op 69% van swart kiesers se steun, die DA op 6% en die EFF op 14%.

Onder minderheidskiesers kry die ANC 12% van die steun, die DA 61% en die EFF 0%. Die DA het volgens die peiling 10 persentasiepunte steun onder minderheidskiesers verloor sedert die vorige peiling in September gehou is.

Dié kiesers het nie hul steun aan die ANC of EFF toegesê nie, wat beteken die onseker kiesers is waarskynlik nou meer en moontlik ʼn vrugbare teelaarde vir De Lille se party.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Cherokee ·

Een berekening van julle wat vir my nie sin maak nie is in die 3rde laaste paragraaf, waarvolgens die DA kan staatmaak op 6% swart steun terwyl die EFF 14% daarvan kan toe eien.
Die DA is immers ‘n swart party met ‘n paar rigtinglose blankes wat ook vir hulle stem. Die DA oordonder elke jaar die EFF met stemtotaal en dit is juis hier waar die 6% &14% nie sin maak nie.

Toek ·

Daars g’n rigtinglose blankes nie inteendeel hulle sien die DA as die mees oppsisie vir die ANC dis hoekom hulle daar is.Die VF Plus sal dit nie maak nie,jammer

Staak saam ·

Die ANC gaan baie naby aan n 2/3 meerderheid steun kom.

Koos ·

Die ANC was onder Mandela die naaste aan twee derdes. It aint happening. In teendeel, as hierdie syfers KORREK is gaan die ANC + EFF nie eers genoeg saam kry volgende jaar om die grondwet te kan verander nie. Hulle moet hul kans gebruik terwyl hulle nog kan ja.

DA BO ·

Nouja, daar het julle dit. Dis of stem vir DA of die Anc en Eff maak net wat hule wil.

MTSteyn ·

Vroee aanduidings dui dus op ‘n ANC wat groei, veral soos wat dit meer links leuen en lug geen aan sy NDR versugtinge, en ‘n EFF wat nog steeds 10% van stemme op hom verenig.

Nou hoe rym bg met rubriekskrywers en sg. politieke ontleders wat op hierdie webwerf en op ander plekke bv. die EFF se einde verkondig? Vergelyk hierdie 10% van ‘n jong party met die enkelsyfer stempersentasies van ouer partye soos die IFP en VF. Julius Malema, in die hande van sy hanteerder,s trek 1 miljoen stemme op hom, en hy word afgemaak as ‘n lee blik. Allermins!

Daar word selfs verkondig dat grondroof vir nou eers op die lange baan geskuif is, terwyl ek van mening is dat swart politiek weereens verkeerd gelees word. Dit is voldwonge feit.

Terloops, waarom geen beriggewing oor die onteiening van die grond van kerke en myne, soos aangekondig die naweek, en berig deur rsg?

Jakkie ·

Blankes wat steeds DA aanhang is dwase…of fataliste. Red ‘n volk, wat nie gered wil wees nie!!

Joe ·

Stem, en ek weet nie waar hierdie syfers vandaan kom, maar ek dink die ANC se aanhang krimp by die dag, selfs die domstes kom nou agter hierdie spul is net ‘n klomp geld wolwe.

Poot ·

@Jakkie
Ou Jakkie….. vertel ons blankes dan van jou wonderlikke plan en vir wie jy stem.

Richard ·

Nou toe Jakkie, vertel ons jou groot alternatief? Die Vryheidsfront ploeter nog steeds rond, en daar is geen ander party wat enige “blanke belange” bevorder nie. Die DA probeer ten minste, en met al hul foute is hulle nog steeds die enigste werkbare oplossing.

Okkie ·

DA is opportuniste wat bitter min doen vir Afrikaners…misbruik hul domastrantheid, naïwiteit en passiewe wese, met elke verkiesing. Hou moed…dit sal nog beter gaan in SA. Word wakker uit jul diepe slaap, want jul verloën jul eie kinders.

Jaco ·

Okiie jy is doodreg, die DA is dood. Mense word wakker Mmusi doen niks vir blankes nie, stem VF+ hulle staan ten minste op teen die ANC

Forkeeps ·

Ek hoop om meer stemme vir COPE en VF+ te sien, ek glo party mense gaan heuglik verras wees met die twee partye se uitslae.

nico k ·

Die rubriek se peiling klink vir my baie akkuraat. Die persone hierbo wat beweer dat die ANC hoofsaaklik ‘n swart party is weet natuurlik nie waarvan hul praat nie. Dit is ook duidelik dat die EFF nie veel groei nie en in daardie opsig beskou ek hulle ook as geen bedreiging nie. Hulle groot baklei was teen Zuma, en daardie argument het hulle nie meer nie. En ek glo baie van die hoër klas swartes het begin om vir die DA te stem ook weens Zuma. Baie van hulle mag dalk nou terug gaan ANC toe. Met Zuma weg kan die ANC dus meer stemme verwag. En De Lille kan van die onsekeres se stemme trek, maar dit sal ‘n kort termyn verskynsel wees en sy sal niks meer maak in die toekoms nie.

Roger ·

DA gaan weer hul gebruiklike propoganda versprei, dat…”‘n stem vir ‘n klein party, is eintlik ‘n stem vir die ANC is”. ‘n Mens stem tog vir die party wat jou eie morele waardes en lewensuitkyk deel, ongeag hoe groot of klein hul is. Die DA was nog nooit ‘n party waarmee ek kon assosieer nie. Hopelik het mense geleer uit hul foute, alhoewel mens dit betwyfel.

Pierre ·

Kom ons wees vandag met mekaar baie eerlik. Nie die DA, EFF of BLF gaan die vermoe he om die ANC te stuit nie. Die DA met sy onderduimse binne gevegte het hulle eie ondergang bewerkstellig en gaan nie weer in ‘n leeftyd enige impak maak in enige verkiesing nie. Die feit dat hulle toegelaat het dat interne issues verdeeldheid in die party veroorsaak het is ‘n bewys van swak leierskap. Die hartseer is egter die blanke kieser van hierdie land, waar trek jy jou kruisie, dit is FN en VF+ wat weer tussen die blanke kieser verdeeldheid bring. Die ou gesegde is waar, bring vir my 4 blankes bymekaar en ek stig 4 kerke en 4 politieke partye. En nou, al is dit hoe afgesaag is daar net een faktor wat hierdie saak sal beredder, bid dat God ‘n persoon sal stuur wat weer die mense van hierdie land sal verenig onder Bybelse beginsels, ongeag kleur of geslag.

Poot ·

@Pierre
Jys die enigste een wat met logiese kommentaar hier ‘n bydrae gelewer het. Baie dankie.

Ek glo in ñ Almagtige God ·

Wat van diégene van ons wat onsself Christene noem beywer onsself om vir ñ slag met ons stem in lyn te kom met wat ons glo. Na my mening is daar slegs een party wat die Bybelse mandaat wat God stel volg en nie probeer om mense tevrede te stel nie, dit is die ACDP. Dit help nie ons bely met ons monde dat ons op God vertrou, maar dan gaan stem ons vir ñ party wat glad nie Sy waardes nastreef nie (en inteendeel heeltemal aan die keersy staan van wat Sy waardes is) net omdat dit volgens ons verstand die enigste manier is om ñ meerderheid stem vir party anders as die ANC te verkry nie. Dis waarom ons sit in die dilemma wat ons is. Ons wat onsself Christene noem, moet begin ernstig besin oor wie ons dien en bely dat ons menslike kennis bo Hom stel. Gaan kyk BAIE mooi na wat elke party se mandaat en waardes is en besluit dan self, hou op vaskyk in ras. God Allerhoogste moet begin eerste kom, al maak dit nie wesenlik sin nie, laat toe dat Hy die leiding neem.

Joshua ·

In watse land ban mense bly ons waneer n korrupte gemors soos hierdie ANC regime dalk twee-derde meerderheid gaan kry met die volgende verkiesing? Om waarlik vry te wees van hierdie rassistiese onderdrukkers is net Selfbeskikking die uitweg.

Krummel ·

@Josua – Ek stem Josua, ons moet ons beywer daarvoor, daar is geen ander uitweg! As mense net hul gemaksugtigheid wil laat staan. Ek sal vandag oppak en skuif, ons moet die meerderheid word in ‘n gebied voordat dit te laat is.

Johan H. ·

Ek stem vf+ al is ek die enigste een. Dan slaap ek daarna lekker en weet ek het nie gebuig onder die lotte nie. Almal sal se en doen net om jou kruis te kry. My velkleur is my laaste linnie!!!!

Toek ·

Daars g’n rigtinglose blankes nie inteendeel hulle sien die DA as die mees oppsisie vir die ANC dis hoekom hulle daar is.Die VF Plus sal dit nie maak nie,jammer

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.