Peiling: Dié partye kry meeste mediadekking

Argieffoto

Argieffoto

DDI, ʼn mediaontledingsgroep, het Maandag bekendgemaak dat die ANC effens meer mediadekking as die DA gekry het tydens die laaste verkiesingsveldtogte wat oor die naweek plaasgevind het. Julius Malema is egter die politikus wat die meeste dopgehou word.

Volgens die DDI het die ANC 36.5% plaaslike mediadekking oor die afgelope 24 uur gekry en die DA 36.1%.

Die DA het egter oor die afgelope week die ANC met 35.2% teenoor 31.9% geklop.

Wat dekking oor politieke leiers betref kraai Julius Malema, leier van die EFF, koning met 42%. President Jacob Zuma, leier van die ANC, en Helen Zille, leier van die DA, is albei in die tweede plek met 28%. “Dit is te wagte, want Malema is basies die enigste bekende leier in sy party, terwyl die DA en die ANC ander leiers het wat ook publisiteit vir hul partye genereer,” het die groep gesê. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frik Lotz ·

Wat van VF Plus? Dis die party wat hou by sy beginsels en standvastig is. Afrikaners en ander minderhede moet beslis VF Plus stem op 7 Mei.

AmY ·

En wat van die ACDP? Eerwaarde Kenneth Meshoe se party. Een met Christelike waardes en vir ALMAL!!!

Een wat verkragters NOOIT weer buite die gevangenisse wil sien nie, want monsters wat kinders en babas verkrag kan NIE gerehabeliteer word nie.

Hoe weet jy daai mense is ‘gerehabeliteer’? Daar is nie babas en kinders in die gevangenisse nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.