Peiling toon kiesers nog onseker voor stemdag

(Foto: pixabay)

Meer as ʼn derde van mense op die kiesersrol glo nie daar is ʼn party wat hul standpunte verteenwoordig nie, terwyl sowat 45% van kiesers in teenstelling daarmee seker is van hul politieke keuse.

Dít volgens ʼn studie van die marknavorsingsgroep Ipsos, wat kiesers van reg oor die land tussen 22 Maart en 17 April vanjaar oor hulle standpunte gepols het.

Ipsos het gesê hoëprofiel en voortslepende diensleweringsbetogings was in aanloop tot die verkiesing gereeld in die kollig, terwyl kiesers se onsekerheid vir wie om te stem, tesame met ʼn afname in vertroue in politici, ook dikwels die hoofopskrifte gehaal het.

“Die bevinding van 45% word weerspieël in die uitslae van ʼn ander vraag: Respondente is gevra om op ʼn skaal van 0 tot 10 aan te dui hoe oortuig hulle is dat hulle op verkiesingsdag vir hul gekose party gaan stem. Volgens die uitslae is minder as die helfte van ondersteuners sterk oortuig dat hulle wél vir dié party gaan stem.”

Volgens die navorsers glo vier uit elke tien kiesers ook “dit is heel aanvaarbaar” om te betoog as jy ontevrede is met die vlak van dienslewering in jou gemeenskap. Nagenoeg dieselfde verhouding glo dat “gewelddadige betogings die enigste manier is om dienslewering te kry”.

“Duidelik word betogings – en selfs gewelddadige betogings – gesien as ʼn geldige manier van politieke deelname. Aan die ander kant kan gemeenskappe wat oor die afgelope 25 jaar bykans geen vooruitgang gesien het nie, nie kwalik geneem word as hulle die geleentheid gebruik om aandag in die media en selfs die aandag van politieke partye en -leiers te kry nie,” het navorsers bevind.

Volgens die studie is kiesers se vertroue in alle politieke partye nou laer as wat dit in Februarie vanjaar was. Vertroue in die DA en EFF was negatief sedert met die navorsing begin is, het Ipsos gesê. Dieselfde sentiment word in mense se vertroue in politieke leiers gesien.

“Die vlakke van vertroue in politieke leiers is laer in April as in Februarie. Tog het die leiers van die grootste politieke partye dit reggekry om die vertroue in hulle onder hul eie ondersteuners, te verhoog.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Oom Koos ·

Ek sal die peilings met ‘n spreekwoordelike knippie sout vat.

Andre ·

In SA politiek stem jy nie noodwendig DA omdat jy van die DA hou nie, jy stem DA want jy hou niks van die ANC nie.

…groot klem verskil in manier van dink

Judge Dredd ·

Die DA probeer maar net ANC besluite beter doen.

Munisipale verkiesing – Stem DA en hoop vir beter dienslewering.
Algehele verkiesing – DA ??????? Wat, sodat hulle maar kan bly diskrimineer teen my taal, my kultuur, my mense.

Cherokee ·

In SA stem jy VF+ want jy hou nie van die ANC of hul meelopers, die DA en EFF nie. Jy stem VF+ want jy besef dat dit sal loon om meer LP’s vir die VF+ te verkry. Jy stem VF+ omdat jy ‘n gewete het wat jou gaan vra hoe lojaal jy was aan jou volk en jou taal.

Daan ·

Of daar een VF+ lid in die parlement is of 20, dit gaan nie ‘n verskil maak nie. Dalk meer toespraaktyd, maar vir leë banke. Wie het die VF+ aangestel as die eienaar van die Afrikaner se gewete? Die klompie sit nou al vir 25 jaar in die parlement, en kom steeds met niks vorendag wat die toekoms van Afrikaners op ‘n nuwe trajek sal plaas nie. Net soos die ANC, meer van dieselfde. Nou wil Pieter G iemand terugslaan. Genade tog.

J van Rustenburg ·

Ek het vir jou ‘n vraag wat niks te doen het met die artikel nie Hoekom gebruik en betaal die Vryheids front ANC ondersteuners om hulle plakate op te sit Dit is maar lekker skynheilig hoor en weerspieel die karakter van Vryheidsplus ondersteuners

Gert van Wierdapark ·

Lyk my die stemvee was goed verteenwoordig in Ipsos se steek-proef. Sekere politieke leiers wie se “onderdane” onder hulle ly, sal seker bly wees om te hoor dat hul steeds in die land van Eenoog koning is! Die a en see se beloftes klink seker al hoe beter hoe nader ons
aan 8 Mei 2019 kom!

Johan ·

Hulle lieg net al hoe beter en die wat gewoonte stemmers is weet nie eers wat die gewoonte partye se beleide is nie. Lees die party beleide en maak dan n ingeligte besluit. Die bordjies sal heeltemal verhang in een dag as almal die moeite wil doen en hulle verstand gebruik.

Elsa ·

Ek kan verstaan dat mense die reg kan hê om te kla of selfs te betoog as hulle ontvrede is oor iets soos dienslewering. Wat ek nie kan verstaan nie, is dat mense wat alreeds sukkel met dienslewering in hul gemeenskappe, nog dinge wat wel beskikbaar is, vernietig. Selfs ‘n swak munisipaliteit kon dalk reggeruk word, maar as hulle die plek afbrand, dan bly daar net mooi niks oor wat verbeter kan word nie. Ongelukkig stem die meerderheid vir die ANC uit gewoonte uit, nie omdat hulle gesonde verstand gebruik nie. As hierdie mense hul verstand gebruik het, sou die ANC lankal nie meer aan bewind gewees het nie en die EFF en BLF sou nie eens as politieke partye geregistreer gewees het nie.

Attie. ·

Of ons dit wil weet of nie, ons toekos le in ‘n koalisie. Ons wil nie net groot partye in SA he nie want dan gaan elke ras belis geen verteenwoordiging iewers he nie. Ek persoonlik hou van enige party wat sal KAN REGEER, behoorlik en sonder bedrog, maar so ‘n party bestaan nie in ons land nie. Daarom stem ek VF+ want immers word daar na my belange ook omgesien. Ek glo die VF+ sal ‘n waardige koalisievennoot wees vir die DA. Indien daar genoeg klein Partye bestaan, dan het die DA nie nodig om na die EFF te hardloop en ‘n koalisie met hulle te sluit nie. ‘n Stem vir enige klein party is ‘n stem teen die ANC.

Attie. ·

Ek wil Kyknet stop omdat ek elke jaar in meer gay aanbieders moet vaskyk wat weer op hul beurt onderhoude doen met hoofsaaklik hul gay vriende. Nou kyk ons elke Sodagaand na rolprente waar die jong meisies in elke sin vloek en die groot F woord is nie meer iets snaaks nie. Is ons as Afrikaners dan te sleg om ons eie TV kanaal op die been te bring. Ek sal stem vir ‘n party wat dit regkry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.