Peiling wys ANC is onder 50% steun in Gauteng

Argieffoto

Gautengers is die land se voorste eksponente van koalisieregering op munisipale vlak, en nou wys ’n peiling met dat die ANC tans minder as 50% steun in die goue provinsie geniet.

Ter sprake is die DA se interne peiling soos dit verlede Woensdag gestaan het. Daarvolgens staan die ANC tans op 48% steun in Gauteng, die DA op 30%, die EFF op 14% en die VF Plus op 2%.

Hoewel die ANC in die verlede nog altyd sy steunvlakke met ’n reusagtige finale poging in die laaste twee weke kon maksimaliseer, word die impak van so ’n laaste oomblik-poging die afgelope paar verkiesings telkens kleiner, en kan dit skerp teengewerk word deur hoë stempersentasies in DA-gebiede as DA-kiesers besluit om as hoofprioriteit te gaan stem eerder as om enigiets anders op stemdag te prioritiseer.

Die onmiddellike redes wat vir die versterking in opposisiesteun en die verswakking in ANC-steun gegee word, is die Bosasa-onthullings en die koppeling daarvan aan die ANC en pres. Cyril Ramaphosa persoonlik, die relatief suksesvolle opposisiekoalisies in veral Johannesburg en Tshwane, die Eskom-debakel, die onthullings van staatskaping voor die Zondo-kommissie, en die vernietiging van DA-verkiesingsadvertensieborde, vermoedelik deur ANC-ondersteuners.

Dit beteken dat ’n koalisie op provinsiale vlak in Gauteng ’n baie sterk moontlikheid is, wat strategiese optrede van die DA sal vereis.

Argieffoto: Twitter via @Our_DA

Indien die ANC wel redelik onder 50% val, sal die DA moet besluit of hulle as kleiner vennoot saam met die ANC wil werk en na die ANC se pype wil dans, of hulle eerder met die EFF wil saamwerk soos reeds suksesvol in Johannesburg en Tshwane gebeur, en of hulle met niemand wil saamwerk nie en die ANC en EFF in mekaar se arms dryf.

Wat die nasionale peilingsyfers betref, is die DA aan die groei en die ANC aan die agteruit gaan, nadat die peilings lank in die teenoorgestelde rigting beweeg het. Die vraag is nou of dit volgehou kan word.

Die ANC staan tans op 54%, die DA op 24% en die EFF op 12% nasionaal. Sedert die vernietiging van die DA-advertensiebord het die DA met 3 persentasiepunte verbeter en die ANC met 5 persentasiepunte verswak.

’n Interessante tendens in vanjaar se syfers is dat die ANC en die EFF se steunvlakke baie onstabiel is, wipplank ry en op die kort termyn skerp verbeter of verswak. Dit is ongewoon vir Suid-Afrika, waar ondersteuningsvlakke gewoonlik baie stabiel is.

In die Wes-Kaap het die DA se posisie die afgelope paar weke skerp verbeter nadat die party se provinsiale binnegevegte opgehou het. Die DA is tans op 54%, die ANC op 32% en die EFF op 4%.

In KwaZulu-Natal staan die ANC op 54%, die DA op 15%, die IVP op 15% en die EFF op 15%. Vrystaatse steun vir die ANC is tans 60% met die DA op 20% en die EFF op 14%.

In Noordwes is ANC-steun tussen 55 en 60%, die EFF op 18 tot 22% en die DA op 12%.

Syfers vir Mpumalanga, Limpopo, die Oos-Kaap en die Noord-Kaap was nie by die peiling ingesluit nie.

  • Die berig is gewysig sedert dit gepubliseer is. -RED

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

D B ·

Twee “snaakse” dinge rondom hierdie peiling:
1. Ek is nog nooit by so ‘n peiling betrek nie.
2. Volgens dieselfde peiling gaan ek die lotto wen, probleem is net ek moet ‘n kaartjie koop.

Dieter ·

Is dit nou soos die peilings wat gewys het dat Trump gaan verloor?

JohanL ·

DB, met ‘n peiling word daar net na ‘n steekproefruimte gekyk, wat nie alle mense insluit nie. Daarom is dit dan ook ‘n “peiling” en kan finale uitslae nogal baie verskil van die “peilings” wat geneem is.

Oor die Lotto – wel jou kans om te wen is nul, want jy koop nie ‘n kaartjie nie :) :) :) :)

Cherokee ·

Probleem is jy moet ‘n kaartjie koop? Ek hoop nie dit wys daarop dat jy dit problematies vind om te stem nie.

Peter ·

Net jammer dat die DA nie beter is as die ANC nie. Mmusi het oor en oor bewys.

Elna ·

Ons almal weet dat die stemme nie korrek getel word nie en dat hulle omgekoop word om die Anc te laat wen en selfs meer stem briewe inait wat Anc kruisies op het as wat daar werklik moet wees. Dit sal nooit n regverdige stemmery wees nie want te veel oneerlikheid is daarby betrokke en dus sal die ANC vir nig n 100 jaar regeer

jaco ·

Voordat almal nou te veel lekker kry: onthou net, die afrikapatroon is dat die liberation movement wat by die wit mense oorgevat het, die bewind vir altyd behou.
die anc sal miskien nog ok wees met nog 1 provinsie aan die DA afstaan, maar NIKS meer nie.
In Zimbabwe het die regerende ZANU-PF die MDC toegelaat om Harare se stadsraad oor te neem (Die MDC het toe dadelik nuwe luukse motors vir al die raadslede gekoop…)
Maar toe dit duidelik word dat die MDC die algemene verkiesing van 2008 gewen het, het ZANU eenvoudig geweier om die uitslag behoorlik te erken en te eerbiedig en dus geweier om regeringsmag aan die MDC te oor.
Dieselfde patroon, in baie gevalle BAIE MEER gewelddadig, is oor en oor in Afrika herhaal. Dit sal dus nie anders in SA wees nie.

Naas Vermaak ·

Jy’s reg Jaco….hulle sal nooit weer ‘n nederlaag aanvaar nie…eerder die land in absolute chaos dompel

JohanL ·

Jaco, ek haat dit om te skryf – maar ek dink jy is reg. Definitief op korttermyn (wat ek sien as nog 20 jaar).

Gaan lees gerus Martin Meredith se boek “The State of Africa”.

John ·

Groot skelmstreke kan verwag word in die Mei-verkiesing. Dit is nie uitgesluit dat dit geweldadig kan raak nie.

Michael ·

As hulle so kurupt kan wees met staatskaping dan is verkiesing bedrog mos klein speletjies vir hulle.

Afrikaner ·

Kom ons stamp voet en skree … Cyril Cyril Cyril, Cyril Cyril Cyril … rom rom rom die ANC kom!

pfffff!

Piet Pompies ·

Hoe werk ‘n peiling, jy ondervra 10 mense 10 vrae, hierdie vrae het almal dieselfde antwoord, die sinsbou verskil net.
Jy vat die antwoorde se getalle en maal dit met 10, deel dit deur 3 plus 11.
Daar verloor ek dit nou….. net soos die peiling.

Judge Dredd ·

Want dit is die persentasie van intelligente mense in SA.

Pofadder ·

Kom asb. tog net reg! Wil jy VF+ stem??? Dink net asb. n bietjie??? HELP ONS ABSOLUUT NIKS!

Dries du Toit ·

As die VF+ se steun nie drasties optel nie. Kan ons maar ernstig dink om die land te verlaat. Dan het ek geen meer vertroue in my mede volksgenote nie

Stem Dries ·

Janee want almal oortuig ons om VF+ te stem dan loop hulle met 2 % steun weg . what the?? Hoe kan mens vir ‘n party stem met geen steun nie? Erens lieg die wittes weer vreeslik, maak of hulle VF stem en gaan stem dan weer stilletjies vir die DA.

Realis ·

Ek moet hier saamstem.
Die Afrikaner (ook blanke-dom in geheel) WIL nie saam staan nie (dis nie ‘n geval dat hulle nie kan nie… hulle WIL nie.

Dis mos makliker/geriefliker om oor iets te KLA as om iets daaromtrent te DOEN!

Kyk hoe sukkel Afriform (en ander entiteite) wat ‘n verskil probeer maak om selfs net stem ondersteuning te kry. Ek kry soms die idee dis vir “ons” lekker om so te sukkel / te ly onder verdrukking… gee ons iets om oor te moan.

Pleks ons opstaan, saamstaan en opruk teen die “vyand” (verwysend na enige korrupte saak/entiteit/beweging), maar nee, dis mos maklik om in my woonkamer op my “lazy-boy” te sit saam te moan…totdat die “deur oopbars en nog iemand in ‘n aanval vermoor word…

Nee-wat !!! Ons moet maar vir ons kry… ons “like” dit mos!!!

Hanna Hoekom ·

Droom maar rustig voort: dit sal net n t-hemp (made in China) en n goedkoop kospakkie vat om die “volk” weer ANC te laat stem. Afrika is maar redelik eenvoudig!

Nick ·

Die peiling is n liegstorie want jy gee die anc net n gratis kospakkie en hy wen die verkiesing!!!!!!

Realis ·

Ek gaan nie eens moeite doen om te stem nie! My stem sal net ‘n naald in hierdie hooimied (klugspul) wees!

Juffrou ·

Dis net daar waar jy die pot mis sit! Jou wegblystem beteken ń stem viri ANC. Dan kan jy nie kla oor die regering van die dag nie!!

Dries du Toit ·

Realis ??????As jy nie gaan stem nie moet jy vinnig leer om jou opinie vir jouself te hou. By die huis en veral by die braaivleis vure. Dit is gewoonlik die grootbekke om die braaivleis vure wat nie hulle kruisies gaan of kan trek nie

Naas Vermaak ·

…en jy’s deel van die grootste politieke party in hierdie land….ons ondergang….die slim wegblyers.

Vra net ·

Kom ons aanvaar vir een oomblik dis waar dat ‘n moontlike stem vir die DA in ‘n stem vir die ANC verander as die stemmer wegbly.
Sê nou net ‘n persoon sou vir die ANC gaan stem het en hy bly weg, verander sy stem dan outomaties in ‘n stem vir DA?
Ek vra, want dis wat ek uit die verwronge logika hierbo verstaan.

Ek se ook maar net ·

As jy wegbly van die stembusse beteken dit jy het alle hoop verloor en dus stem jy in werklikheid vir die ANC waar daar ook geen hoop vir morele waardes oor is nie.
As jy nie stem nie kan jy ook nie loop en kla en saampraat oor politiek en alles wat skeef in SA nie. Dit traak jou nie meer nie.
Jy verloen nie net jou landsburgers nie maar SA ook.

remo ·

dis n klein moeite om te stem, tenminste is jy deel van iets om weg te bly is n stem vir oposisie

GP ·

As jy nie stem nie verswak jy die opposisie en gee die ANC EFF ens meer mag. Watter redes het mense om nie te stem en ons stem sterker in parlement te maak nie?
Net een stem gaan nie verskil maak nie: Ek wens al die EFF ondersteuners het so geredeneer.
Help nie om klein party te ondersteun nie: In die geval sou BLF geen steun gekry het nie.
Sal help as alle blankes nie stem nie en so kan afstig: Wie gaan weet of omgee as blankes nie stem nie.
Te lui en braai eerder: Aanvar dan maar die ANC en EFF vir wat hulle doen en moenie kla nie.

Oupa D ·

Moet asb nie wegbly nie. Dis ‘n gratis stem vir anargie en verwoesting. Asseblief, gaan stem ter wille van verantwoordbaarheid. Ons enigste kans is sterk opposisie!

Cherokee ·

Maar steeds sit ons met besluitlose mense in ons geledere. Lekota se onlangse aanval op Ramaphosa is daarop gebasseer dat hy (Lekota saam met Ramaphosa gearresteer was vir terrorisme. Hulle het winkelbomme ondersteun en onskuldiges is vermoor. Ten spyte daarvan is mense soos Lekota en Mandela (wat so lank opgesluit was omdat hy geweier het om geweld af te sweer) die helde van sommige witmense. Hulle spog hulle gaan Cope stem ten spyte van die geskiedenis. Val rond tussen partye as gevolg van ‘n gebrek aan kennis. Stem VF+ en as jy daarna nie vrede het met die regering nie het jy ten minste die nodige vrede met jou gewete.

Cherokee ·

Die VF+ se stempersentasie gaan met 2% lig want my vrou en ek gaan vir hulle stem.

Dries du Toit ·

Dan kan dit dalk 4% wees as ek en my vrou ook vir hulle stem. Dit gee my baie moed

KAKtus ·

Julle is baie beter af om eerder te braai of plant n Kaktus, dit verkwik jou siel.

t ·

Ek stem om te braai. Sal nie voel of iemand my ingedoen het na die tyd nie.
Is dit nog so dat kroeë op stemdag gesluit is?

GRIET ·

VIVA OU ?kaktus ? plantjie!
ÍETS gáán dárem groei!
Instede van heel dag ini que staan,ini son tog só hoopvol,dat mý stem gáán tel…
Net om verswelg te word deur 50 mil ander kiesers…DAAROM PLANT Ñ ?

Ronel ·

tel nog 5 by VF+. Ek is doodseker dat die VF+ baie baie meer stemme gaan kry! Ek het altyd DA gestem maar my oe het oopgegaan.

Johanna Botha ·

Eintlik moet net mense met n belasting nomner die voorreg he om te stem !

JohanL ·

Johanna, kom ek probeer weer. Ek het al op MM gereageer op die punt en toe plaas MM dit nie (en daar was niks lasterlik of rassisties nie).

In die ou Kaap Kolonie was daar ‘n stelsel van “gekwalifiseerde stemreg” waar alle mense (Blank, Swart, Baster, ens soos dit toe genoem was) stemreg gehad het op grond van bepaalde “kwalifikasies”. Dit was nou in die 18de eeu.

Ek stem saam met jou dat dit die rigting is om in te beweeg. Maar met ons liberale Grondwet sal dit nooit gebeur nie, want dan ontneem jy burgers die reg om te stem (die wat dan nou nie sal kwalifiseer nie).

Cherokee ·

Johanna, almal betaal koopbelasting..
Johan, daar het nie iets soos koopbelasting bestaan in die jare toet nie.

GP ·

So trots om te hoor by die skool hoeveel blanke matrieks regestreer om te stem. Jammer dat somige volwassenes eerder sal braai of dink dat iemand sal agterkom of omgee as blankes nie stem nie.

piper ·

ek vertrou nie die kieserslys nie. toe ek my naam nagaan vra hulle my waar ek woon. toe se hulle vir my ek moet nou by n ander stemlokaal gaan registreer en stem. toe ek by die ander lokaal kom het niemaand my gevravir n bewys waar ek woon nie. so enige persoon kan stem waar hy wil sonder n bewys van waar hy woon. so kan stemme geskuif waar dit nodig gaan wees. so dit lyk my die stemmery is al klaar gekook nog voor n stem uitgebring is.

Frik Lotz ·

Hierdie peiling is dus nie deur n onafhanklike en neutrale instansie gedoen nie, maar deur die DA self? Dan gaan die DA se syfers mos goed lyk of hoe?

t ·

Ek stem om te braai. Sal nie voel of iemand my ingedoen het na die tyd nie.
Is dit nog so dat kroeë op stemdag gesluit is?

GRIET ·

? jaaa,lekker mos nehh… dan staan ons alweer heeldag ini que’s,HOOPVOL, dat ons ou paar wit stemmetjies,tóg gaan tel, tóg ñ verskil gaan maak…?siestog en 20 jaar later sien ons die begre het ñ muis gebaar…

Kudu ·

Ek gaan vir oom Terror ‘n kans gee. Jammer die DA jaag bollie aan in die Kaap en in Pretoria. Stem Cope of VF+!

Cherokee ·

Die leier van Cope was in die tronk vir terrorisme. Vir ondersteuning van moord op onskuldige blankes dmv winkelbomme. En jy ondersteun hom. Geen wonder die blanke kiesers val rond van politieke party tot politieke party.

J. van Rensburg ·

Daardie peiling sal die ‘anc net meer vasberade maak om te sorg dat hulle aan bewind bly en verderalles tot niet laat gaan – na die verkiesing in 1994 toe hulle ingekom het, het die ?Sunday Times direk daarna fotos op sy voorblad gewys (ek dink binne-in ook) hoe die syfers gekook was – waar daar onder ‘n sekere getal stemme vir hulle getel is, is daar duidelik in ‘n ander handskrif duidelik ekstra syfers aangebring – nee kyk, die woord “BOEREVERNEUKERY” is baie duidelik tydens stemdag ‘n faktor, en glo my,dit gaan weer gebeur…

Niel ·

interresante redenasie wat party mense het rondom nie gaan stem nie. Stem dan eerder net vir VF+ net om bietjie DA en al die ander partye bietjie te laat stres. Daar is tans net 4 VF+ ouens in die parlement wat vir ons almal opstaan. Dink wat gaan dit beteken as daar nog 2 of meer ouens kan wees wat saam kan baklei, en in verskillende komitees kan seker maak alles vlot goed. 4 man kan onmoontlik seker orals uitkom, so kom ons help dat VF+ bietjie ekstra hande kan kry? Want onthou as jy nie stem nie, beteken dit in wese jy erken dat jy nie ‘n burger van die land is nie, en dan mag jy onder geen maar geen omstandighede meer kla oor wat aangaan in die land en van die rusbank af kla nie, maar doodstil bly. Ons het mekaar nou eers nodig – die eeu oue leuse van SA geld nog – eendrag staan mag… waar’s jou trots, waar’s jou “hier is ek?”

Ben10 ·

Die ANC moet ou Julius en sy party baie dankie se vir hulle besstaan want as dit nie vir hulle was nie was daar n groter persentasie aan die DA gewees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.