Pendelaars gestrand ná betogers paaie versper

Verkeer op die N14 naby Diepsloot weens ‘n betoging in die gebied. Foto: Twitter via @_ArriveAlive

Verskeie paaie is Maandagoggend versper nadat betogende inwoners van Diepsloot, noord van Johannesburg, die strate ingevaar het.

Inwoners van die informele nedersetting het verskeie paaie met bande wat aan die brand gesteek is, draagbare toilette en klippe versper. Die paaie wat geraak word sluit die N14-snelweg rondom Diepsloot, die R511, die R114 en die R55 in.

Taxi’s en ander vorms van openbare vervoer kon glad nie in die gebied beweeg nie en talle pendelaars is gestrand en kon nie werk toe gaan.

Hoofsupt. Wayne Minnaar, woordvoerder van die Johannesburgse metropolisie, het gesê die inwoners eis glo dat elektrisiteit aan hulle verskaf word. Volgens Minnaar is die betoging nie gewelddadig nie, maar is die polisie in die gebied om die situasie te monitor.

“Die R511 is gesluit op die oostelike gedeelte tussen Sandton en Pretoria, asook die R55 en die R114,” het Minnaar gesê. “Die N14 is net voor 08:00 weer oopgestel en ons hoop dat ons binne ʼn paar ure al die paaie weer oopgestel sal hê.”

Diepsloot is ʼn digbevolkte informele nedersetting wat langs die gegoede woonbuurte Dainfern en Chartwell geleë is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Uvonka ·

Het gister daar verby gery. Ten eerste, siesa!!!! Tweedens is die DSTV skottels daar net vir “show” of moet hulle eletrisiteit he om dit te laat werk? Sal nooit die mense verstaan nie.

Lalla ·

Daar is ‘n DSTV skottel op elke huis. En waarom moet jy verniet elektrisiteit kry? Waar het jy voorheen gebly voordat jy in hierdie plakkerskamp kom bly het? En het jy nie dalk ‘n huis in een van die landelike areas nie?

Hans ·

Hoekom moet die algemene publiek se lewens ingevaar en ontwrig word oor n plaaslike aangeleentheid. Waarom verwyder die polisie nie die onwettige betogers van die openbare paaie nie.

Swannie ·

Hans, ek stem saam.
Daar was `n geldige rede gedurende die ou bedeling waarom huise nie na aan `n openbare pad gebou was nie. Deesdae is dit te maklik om paaie te versper en dan onskuldige mense in voertuie met klippe te gooi.

Marlene ·

As dinge so aangaan in ons land wil ek nie eers dink aan hoe dit oor 5 jaar gaan wees nie. wat gaan oorbly van ons land nadat hulle alles verwoes. dis regtig scary oor hoe hulle suid afrika verwoes. en die regeering doen net mooi niks nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.