Pendelaars gestrand tydens taxi-betoging

Taxis staan Donderdagoggend in Mamelodi, Pretoria. Foto: ANA

Taxis staan Donderdagoggend in Mamelodi, Pretoria. Foto: ANA

Minibustaxi’s het Donderdagoggend geweier om enige passasiers in Mamelodi, Pretoria, te vervoer in protes teen beweerde teistering deur die polisie.

Taxibestuurders, wat gewoonlik sterk meeding vir pendelaars se besigheid, het omstreeks 05:00 rustig in klein groepies gestaan en gesels naby hul voertuie op verskeie punte in die nedersetting. Simon Masango, een van die taxibestuurders, het gesê hulle probeer ʼn duidelike boodskap aan die regering stuur nadat talle voertuie deur die polisie geskut is vir verskeie “simpel” redes.

“Ons is nie Zuma se kinders nie en ons bly nie in Nkandla nie. Ons werk vir ons families en Zuma stuur sy polisie om ons te teister. Nou moet die regering maar die mense aanry werk toe. Hulle het ons van die pad afgehaal oor simpel redes,” het ʼn ontstoke Masango gesê terwyl sy kollegas hom toegejuig het.

Polisie was Donderdag op die toneel in Mamelodi, Pretoria. Foto: Twitter/SAPD

Polisie was Donderdag op die toneel in Mamelodi, Pretoria. Foto: Twitter/SAPD

Lufuno Ndedze, een van die pendelaars, het te voet in die donker en koue na ’n nabygeleë treinstasie gestap. “Ek dink die regering maak dinge net moeilik vir almal. Ek dink ook hierdie taxibestuurders verstaan nie dat duisende ander mense soos ek afhanklik is van hul diens nie,” het hy gesê. “As ek laat is vir werk, is daar strawwe gevolge. Ek werk vir ʼn private maatskappy, nie vir die regering nie. Ek moet net by die werk kom en my werkgewer sal nie verstaan nie.”

Verskeie stampvol Autopax-busse het steeds op hul roetes gery met polisie-eenhede insluitend die Gautengse blitspatrollie en verkeersbeamptes wat hulle begelei het. Hordes mense het in die rigting van die besige treinstasie gestap.

Geweld het verlede week in die area uitgebreek toe taxibestuurders probeer het om die Autopax-busse te blokkeer om die roetes te ry wat voorheen deur die Putco-busse gery is. Die regering het daarna die omstrede Operasie Fiela in die area implementeer, wat tot padblokkades en polisie-soektogte gelei het. Talle minibustaxis is tydens die operasie geskut.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Peet Schabort ·

Hetsy dit vervoer of wat ookal is, die onskuldiges is altyd die lydende party.

Landie ·

Al wat die stadsraad/regering moet doen is om busse in te stel op die roetes waar die taxis ry. En julle taxis is nie geskut vir simpel redes nie, dis omdat julle julle nie steur aan wette soos bv lisensies/padwaardigheid, ens nie!!! Kom by!!!!

Christie Joubert ·

Altyd die “victim” Jou taxi is geskut vir baie goeie redes. Landie, kan nie meer met jou saamstem nie. Wette, lisensies en padwaardigheid is vir gewone peopolle soos ek en jy. Hulle is mos verhewe bo die wet.

willie ·

Is al die onpadwaardige ,on-gelisensierde taxis nou weer terug op ons paaie ?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.