Pendelaars maak amok by Kaapstad-stasie

Pendelaars het verskeie winkels by Kaapstad-stasie geplunder en ‘n trein aan die brand gesteek (12 Junie 2017) Foto: ANA

Die Stad Kaapstad se brandweer het Maandagaand bevestig ʼn trein is by die Kaapstad-stasie aan die brand gesteek nadat pendelaars amok gemaak het oor lang vertragings.

Theo Layne, woordvoerder van die brandweer, het gesê geen beserings is aangemeld nie. Vier brandweerwaens is ontbied om die brand te blus.

Metrorail het in ʼn verklaring bevestig “honderde gefrustreerde klante het by Kaapstad-stasie bymekaargekom en verskeie winkels is beskadig en geplunder ná vertragings”. Die spoorwegdiens het gesê die vertragings was as gevolg van elektriese probleme.

Die polisie is na die toneel ontbied.

“Ons aanvaar dat pendelaars gegrief is, maar geen ongerief regverdig sulke gedrag nie,” het Richard Walker, streeksbestuurder van Metrorail, gesê. Hy het gesê hulle sal die beeldmateriaal van die betoging ondersoek en oortreders aankla van opsetlike saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Aitog

En more staan en wag hy vir daai einste trein wat hy gister aan die brand gesteek het. Special kind of stupid….

lynni

Ek keur nie sulke gedrag goed nie, want onskuldige mense kan seerkry tydens sulke optrede. Maar ek het self trein gery en glo my daar is amper elke dag vertragings. Derde klas spring dan sommer in by eerste klas. Chaos. Ons moet hulle sommer Metrofail.

JA

Zirk, 100% korrek. Dit is die EEN GROOT verskil tussen die twee rasse.

Magda

En so gebruik hulle elke dingetjie wat nie volgens hulle sin is nie – om net nog meer te steel – want hoekom altyd die winkels plunder – Niks in die wereld is altyd reg nie – en solank as wat hulle dit nie insien nie, gaan elke klein misverstand gebruik word om net nog meet te steel en die bietjie goed wat nog oor is afte brand – Maar dis reg brand af tot daar niks oor is nie – en dan bou julle dit self, en sien waste harde werk was dit om SA te bring tot waar… Lees meer »

Marius

Gaan daar nog enige treine oorbly om te brand? Gaan daar nog iets oorbly in ons eens pragtige land, want ALLES word aan die brand gesteek. En in plaas daarvan dat ons president, wat veronderstel is om ‘n leier te wees, die dade te veroordeel en pro-aktief moet optree, is hy meer besig in die hof, om al sy korrupte dade te probeer toesmeer. Ásb, SA het leiers nodig om hierdie optredes te stop!! Staan op! Kom na vore!