Pendelaars maak amok by Kaapstad-stasie

Pendelaars het verskeie winkels by Kaapstad-stasie geplunder en ‘n trein aan die brand gesteek (12 Junie 2017) Foto: ANA

Die Stad Kaapstad se brandweer het Maandagaand bevestig ʼn trein is by die Kaapstad-stasie aan die brand gesteek nadat pendelaars amok gemaak het oor lang vertragings.

Theo Layne, woordvoerder van die brandweer, het gesê geen beserings is aangemeld nie. Vier brandweerwaens is ontbied om die brand te blus.

Metrorail het in ʼn verklaring bevestig “honderde gefrustreerde klante het by Kaapstad-stasie bymekaargekom en verskeie winkels is beskadig en geplunder ná vertragings”. Die spoorwegdiens het gesê die vertragings was as gevolg van elektriese probleme.

Die polisie is na die toneel ontbied.

“Ons aanvaar dat pendelaars gegrief is, maar geen ongerief regverdig sulke gedrag nie,” het Richard Walker, streeksbestuurder van Metrorail, gesê. Hy het gesê hulle sal die beeldmateriaal van die betoging ondersoek en oortreders aankla van opsetlike saakbeskadiging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Aitog ·

En more staan en wag hy vir daai einste trein wat hy gister aan die brand gesteek het. Special kind of stupid….

lynni ·

Ek keur nie sulke gedrag goed nie, want onskuldige mense kan seerkry tydens sulke optrede. Maar ek het self trein gery en glo my daar is amper elke dag vertragings. Derde klas spring dan sommer in by eerste klas. Chaos. Ons moet hulle sommer Metrofail.

JA ·

Zirk, 100% korrek. Dit is die EEN GROOT verskil tussen die twee rasse.

Magda ·

En so gebruik hulle elke dingetjie wat nie volgens hulle sin is nie – om net nog meer te steel – want hoekom altyd die winkels plunder – Niks in die wereld is altyd reg nie – en solank as wat hulle dit nie insien nie, gaan elke klein misverstand gebruik word om net nog meet te steel en die bietjie goed wat nog oor is afte brand – Maar dis reg brand af tot daar niks oor is nie – en dan bou julle dit self, en sien waste harde werk was dit om SA te bring tot waar dit 20 jaar terug was. Dit gaan nie meer baie lank neem om oor te begin nie, nie op die trand wat alles vernietig word nou nie.

Marius ·

Gaan daar nog enige treine oorbly om te brand? Gaan daar nog iets oorbly in ons eens pragtige land, want ALLES word aan die brand gesteek. En in plaas daarvan dat ons president, wat veronderstel is om ‘n leier te wees, die dade te veroordeel en pro-aktief moet optree, is hy meer besig in die hof, om al sy korrupte dade te probeer toesmeer. Ásb, SA het leiers nodig om hierdie optredes te stop!! Staan op! Kom na vore!

Hendrik ·

Maruis dit lyk vir my jy het ten volle ingekoop in die demokratiese Suid-Afrika. Maak soos die mense in Zim. Stem gereeld en hoop. DIt is hoekom daardie land geval het. Sluit aan by ‘n burgerregtegroep en raak betrokke want dit is waar die leierskap nou sit. Die leierskap sit nie in die parlement nie want hulle word gemaginaliseer deur die groot meerderheid.

Gerfanus ·

Ja, Leon, ook so-iets gelees en onthou sg’verligtes’ se teregwysing dat die geskrif onnodig en onvanpas was! Vandag word hulle optrede nogal as ‘n ‘REG’ afgemaak. Ai jai -jai !

Boetman ·

Zirk jy is 100% reg. Dit sal in die bestaan van lewe nooit verander nie. Dit is geneties.

cor ·

Dit is nog n deel van kolonialisme en wit monopolie kapitaal , wat verwoes moet word daar moet geen maar geen vooruitgang wees nie. Dit is nou maar deel van die wilde weste afrika so raak gewoond daaraan dit gaan net erger word.

Hans ·

Wonder of die mense die omvang van die ramp wat die Wes-Kaap verlede week getref het besef en dat baie infrastruktuur beskadig is.

Swapie ·

Die gepeupel is boos oor laat treine. Wie het die kragdrade gesteel?

Elsa ·

kan nie verstaan dat die mense net nie kan besef die vernietiging is tot hul eie nadeel…arresteer hulle dat hul versnrwoording doen en ook opruiming. wie moet dan opdok? ek dink die vernietigers moet….sigbaarhei van polisie moet ontplooi word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.