Penny Sparrow gaan pleitooreenkoms met staat aan

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Penny Sparrow, die KwaZulu-Natalse eiendomsagent wat van crimen injuria aangekla is toe sy swart mense met ape vergelyk het in ʼn Facebook-inskrywing, het ʼn pleitooreenkoms met die staat aangegaan.

Natasha Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê Sparrow het Maandag in die Scottburgh-landdroshof skuld op die aanklag teen haar erken. Volgens die pleitooreenkoms is Sparrow tot ʼn boete van R5 000 of 12 maande tronkstraf gevonnis.

“Sy is ook tot nog twee jaar tronkstraf gevonnis, wat vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat sy haar in hierdie tyd nie weer aan crimen injuria skuldig maak nie. Sy moes ook ʼn openbare verskoning in die hof lewer en moet ook op Facebook om verskoning vra,” het Kara gesê.

Die gelykheidshof het in Junie vanjaar beslis Sparrow moet R150 000 aan die Oliver and Adelaide Tambo Trust betaal as boete vir haar Facebook-plasing. Sparrow moes ook die regsonkoste van die ANC, wat die saak voor die gelykheidshof gebring het, betaal.

Adv. Moipone Noko, die KwaZulu-Natalse direkteur van openbare vervolging, het haar tevredenheid met Sparrow se skuldigbevinding en vonnis uitgespreek en gesê dit is gepas onder die omstandighede.

“Mev. Sparrow het berou getoon en ek glo sy is werklik so spyt soos sy sê sy is. Uitsprake soos die [van Sparrow] het vandag geen plek in ons demokrasie nie. Ek vertrou eensgesinde oortreders sal hiervan kennis neem en onthou sulke uitsprake sal nie geduld word nie,” het Noko gesê.

Lees alle vorige berigte oor Penny Sparrow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Heksejag ·

Swart teen wit rassisme in aksie. Skaamteloos en openlik. Die swartmense wat mense met groot wapens wil uitroei kom NIKS oor nie maar sy moet deur al die dinge gaan? Jammer, Maar hierdie is ernstige swart teen wit haat.

Jakes ·

Die SR student wat witmense wil skiet? Wie toi toi en betoog? Of dit nie rassisme?? Haatspraak??

Jan maak n Plan ·

Hierdie is nou tipies volstruis politiek. As n wit mens rassities is dan is die hel los maar as die swart mense iets rassistes kwyt raak dan is dit reg. Ek dink hier kom kort voor lank vreeslikke groot probleme hieroor.

Herz Brennt ·

vra ek ook! wees wit, maak n vergelyking, soos Penny. Sy het hulle vergelyking gemaak. Maar die ander helfte kan moord aan hits. Word glo “geskors”…. Hy was nie die enigste nie. Wat van die een wat “nie sal tip voor wittes die land terug gee nie”? Daai saak a lankal weg en vergete.

Hannes ·

Ek is bereid om R1000.00 in n fonds vir Penny te plaas. Solidariteit of soortgelyke kan n bankrekening oopmaak waar dit inbetaal kan word. Arme ou vrou – so verneder – op Tv.
Wie gaan dit saam met my doen?
Ek kyk uit vir bank besonderhede.

Columbiana ·

En wat nou van daardie knaap wat gesê het hy wil witmense dood kap?

Peet ·

Ek gee R500. Gee my n fondsnr asb. Kom 0ns help hast betaal!!!

Johanna Botha ·

Jy weet die arme vrou is iemand wat haar hele lewe n bydae gemaak het tot die land se welstand deur haar belasting ens. Hier sien sy iets wat almal weet verkeerd en onsmaaklik is….. waar mense alles bemors en verniel en die plek soos n varkhok agterlaat. Wat kry eerlike goeie suidafrikaners vir hulle belasting eintlik …geen veiligheid , karige of geen mediese dienste geen bejaarde verpleeging of versorging n vuil vervalle omgewing waar min of niks meer werk nie …presies jy kry niks en as jy le nog n skop in jou ribbes. En die wat steel moor verkrag breek brand en plunder wat geen bydae lewer …hulle kry eendag n staatspension …

Hannes ·

Wat is volgens u doe waarheid. Na my mening het sy n onsensetiewe uitspraak gemaak, maar daar is BAIE wat Baie erger uitsprake gemaak en word GEEN boete opgele.
is dit nie diskriminasie nie?

Hannes ·

Wat is volgens u die waarheid. Na my mening het sy n onsensetiewe uitspraak gemaak, maar daar is BAIE wat Baie erger uitsprake gemaak en word GEEN boete opgele.
is dit nie diskriminasie nie?

Ig ·

Sy moes net gesê het die helfte is , en dan gesě het die helfte is nie.

Popeye ·

Beste Hannes en Ig, my kommentaar voor my vorige kommentaar is nie geplaas nie…

Andre ·

Wat van die swart mense wat sê “Kill the boer…kill the farmer”. Dis al by meer as een geleentheid gebruik. Ek sou dink dis baie erger as ‘n vergelyking!

Andre ·

Wat van die swart mense wat sê “Kill the boer…kill the farmer”? Dit is al op meer as een geleentheid deur hulle gebruik.
Ek sou dink dis baie erger as ‘n vergelyking!

Andre ·

Wat van “K*ll the boer..k*ll the farmer”?
Ek sou dink dis erger as ‘n vergelyking!

Flippie ·

Daar bestaan nie ‘n Penny Sparow nie!!! Die hele ding is ‘n georkestreede klug.

foxi ·

Flippie….as jy nuus gekyk het sou jy haar in lewende lywe gesien het en ook hoe sy haarself verneder het in die publiek!
Genugtig man…..dat die SAUK soveel moes betaal het vir die uitsaai van so n gemene spel!
Dit regverdig ook NIEMAND nie om rassistiese uitlatings te maak nie in elk geval.

jaco ·

vervang die R5000 boete of 12 maande tronkstaf die boete van R150 000, of moet sy steeds die R150 000 ook betaal?

Naam ·

Beste is om net te EMIGREER. Weg van die primitiewe en vieslike vuil korrupte Afrika hel-hool af.

Mariska ·

Ek hoop net dat ALMAL wat deesdae sulke rassistiese uitlatings maak (veral op FB) dieselfde straf en swaerder kry – en dat daaroor ook berig sal word.

Anne ·

Die probleem is dat net SEKERES gestraf word en die res word vir berading gestuur.

foxi ·

Onregverdigheid seëvier in ons land. N witvrou word as voorbeeld gemaak en so verneder, om in die publieke gesig….om verskoning te vra oor haar uitlatings! Hoeveel rassistiese uitlatings word net nie gemaak teenoor witmense nie, en niks word daaraan gedoen nie.
Jammer…..ek buig alleenlik voor my Hemelse Vader.
Alle rasse loop in elk geval met bitterheid in sy hart. Ja, ongelukkig moet dit nie so wees nie, maar hoe anders.

Wouter ·

Ek het haar nou op Facebook gesoek. Daar is net twee Penny Sparrows een het slegs een friend en die is swart. Die ander een n n swartman van Kaapstad en al sy friends is swart. Ek dink ook sy bestaan nie regtig nie. Gaan kyk maar self.

OumaLien ·

Kan daar nie geld ingesamel om haar boete te betaal nie? Die vrou is opreg jammer. Sy is genoeg verneder en gestraf. Ek dink daar is erger oortredings wat eerder die aandag moet kry.

suster sêra ·

Nou toe OumaLien, put your money where your mouth is. As jy vir so ‘n vrou wil geld insamel, begin met jou koeksister bakkery. Haar krokkediltrane laat my koud.

Pieter ·

Ek verstaan nie die beginsel nie. Sy is skuldig bevind en moet R150.000 betaal. Nou is sy weer skuldig bevind aan dieselfde oortreding en moet R5000 betaal.
Van wanneer af kan jy oor en oor skuldig bevind word aan dieselfde oortreding in ons regstelsel?

Theresa ·

Hallloooooooooooooooooo, daardie swerkater wat gesê het hy haat blankes en hul kinders moet plat geslaan word en tonge uitgesny word (iets dergeliks) WAAR IS SY STRAF???? Die media skuld ons dit. WAAR IS SY BOETE EN TRONKSTRAF wat opgeskort word vir x jaar???? En dan die SR wat luidkeels uitblaker hy haat blankes, ensovoorts. KOM, regsstelsel teen sogenaamde haatspraak en rasisstiese opmerkings – wees regverdig en WYS ons wat hul opgelê was!!

Marianne ·

Mmmmmm laat ek my inhou……
Baie mense ongeag hul Ras laat mens yskoud as jy Na julle gedrag kyk.
Penny moes haar woorde net beter gekies het.
Na my siening is haar vervolging werklik onnodig.

Cornelius du Rand ·

Ek wonder hoeveel van julle wat so gal braak het Ja gestem in die referendum en is ou nasionaliste en FW Kaders. Hierdie is die punt van die ysberg wat blankes gaan ervaar met omgekeerde appartheid en dit is deur die SLIM blankes oor ons gebring. En om julle babbel te bars. Geeneen van die ander kulture lees eers hierdie blog nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.