Penny Sparrow in hof oor crimen injuria-aanklagte

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Penny Sparrow, eiendomsagent van KwaZulu-Natal, het Woensdag vlugtig in die Scottburgh-landdroshof verskyn.

Natasha Ramkisson-Kara, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, het gesê Sparrow het in die hof verskyn op ʼn aanklag van crimen injuria (strafregtelike laster).

Sy het gesê Sparrow is na die hof ontbied en die saak is tot 18 Augustus uitgestel om haar die geleentheid te bied om regshulp te bekom.

Sparrow, ʼn voormalige lid van die Demokratiese Alliansie, het aan die begin van die jaar onder skoot gekom toe sy op Facebook na swart mense met ape vergelyk het.

Herman Mashaba, stigter van Black Like Me, het die aanklag teen Sparrow gebring.

Irfaan Khalil, gelykheidshoflanddros, het in Junie vanjaar beslis dat Sparrow R150 000 aan die Oliver and Adelaide Tambo Trust moet betaal as boete vir haar plasing. Sparrow moes ook die regsfooi van die ANC betaal wat die saak voor die gelykheidshof gebring het.

Lees alle vorige berigte oor Penny Sparrow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Koos ·

Vra net verskoning en gebruik die voorvalle van die swart mense wat aan dieselfde oortredings skuldig is maar net verskoning hoef te vra.

Anti DA ·

Ek hoop net sy stem VF+ want duidelik gaan haar vorige party haar nie bystaan nie.

Karolis ·

Tot dusver het jou party ook nog niks vir haar gedoen nie.

Cherokee ·

Waarom Karolis, verwag jy van die VF+ om haar te help as sy lid is van jou party wat hul eie lid eerder sal aanvak as verdedig? Dit was ‘n hulpelose en sinnelose poging wat jy aangewend het in jou antwoord aan die oorspronklike kommentator.

Maryna ·

Anti-DA jy is reg, as almal van ons net saam staan, dan sal ons `n verskil kan maak, ons moet VF stem, die DA gaan niks vir ons doen nie. Ten minste het VF al die waardes waarmee ons groot geword het. Maar so baie van ons wil nie saam staan nie, dis hoekom die VF nog nie regtig vir ons iets kan doen nie. Ek kan een ding se Afri-Forum is agter VF en as ek kla oor iets, dan is hulle daar om te help

jen ·

Ek dink iemand moet ‘n organisasie stig met die naam “White and Proud” en al hierdie “black like me’s met hulle haarspraak op sosiale media hof toe sleep. Ek dog die DA is daar vir hul mense….sorry Penny jy’s nie belangrik genoeg vir die DA nie want jy is wit. En hoe gouer mense deur hulle kan sien hoe beter

Karma ·

Ek sal so ‘n beweging eerder “Trots Afrikaans en Wit” noem. Ek sal vir seker daarby aansluit en my ledegeld betaal, maar dan moet dié mense soos Afriforum en Solidariteit wees – hulle moet DIENSTE lewer vir die Trots Afrikaans en Wit-lede. Sake van rassisme by die MRK en gelykheidshof aanhangig maak en suksesvol deurvoer; mense wat – soos met die SABC8 – onregverdig afgedank word e.d.m.

Sannie ·

Verskoon asb die engels:
“I’m proud to be Asian, said the Asian. I’m proud to be black, said the African. I’m proud to be white, said the racist.”

Joann ·

En waar is,KillThe boer,wittes moet opgekap word en nog vele ander?????

Annemarie ·

Wil ek ook weet!!! Niemand het niks weer van die rassiste gehoor wat haatspraak teenoor blankes pleeg nie???

Wit-soos-ek ·

Wat het gebeur met die beginsel dat ‘n mens nie twee keer vir dieselfde oortreding aangekla kan word nie?

kalfie stander ·

Dit is jammer die aanklaers vers\taan nie afrikaans nie. As sy gese het hulle wemel soos miere beteken nie hulle is miere nie, as sy gese het”al dra n aap n goue ring het dit niks met ape te doen nie net so het die woord ” na aap” niks met ape te doen nie. Dit is betreurenswaardig dat die regering uit onkunde die vrou aanval

Peter ·

Dit wil voorkom asof hier ‘n heksejag gemaak word op Penny Sparrow. Daagliks word ek in winkelsentrums in die verbygaan gestamp of uit ‘n ry gedruk by ‘n betaalpunt. Durf ek iets daaroor sê? Nee, want dan is ek ‘n rassis. Dieselfde gebeur by verkeersligte, stopstrate ens. Omdat my velkleur lig is, moet ek alles gelate aanvaar……? NÉÉ! Wat op een persoon van toepassing is, is op ÁLMÁL van toepassing….ongeag ras of geslag. Daar kom níks van haatspraak sake deur swart op wit nie, want die leiers van sekere politieke partye en die leier van die land doen dit dan openlik en herhaaldelik sonder enige nagevolge

Koos1 ·

Onthou een ding wat ek geleer is.
‘n Mens kan dinks wat jy wil, maar nie se wat jy wil nie.

My probleem met die situasie is die ongelykheid/onregverdigheid van die “howe”. Ons land se grondwet bepaal dat almal gelyk is voor die hof, maar in praktyk gebeur dit nie, en dit is een van die eerste tekens van ‘n land wat besig is om te faal..

Denise ·

Soms raak dinge net TE veel en jy se dinge wat nie toelaatbaar is nie en dan is dit net vuurwerke maar hoekom kan sekere mense weg kom daarmee en ander moet boet? Ons lewe in n duurmekaar wereld !!! Nogmaals sterkte Penny!!!

Wern ·

Witmense word op getrap in die artikel, daarom is die DA maters weer lekker aktief hier maar hulle Bly soos altyd stil wanneer swart rassiste aktief is.

Sarie ·

As ek vir ‘n wit ou sê hy is ‘n aap is ek dan nog rassisties. Die feit is hier dat daar van ‘n molshoop ‘n berg gemaak word. Dat dubbele standaarde toegepas word wat swart op wit rassisme aanbetref onder die mat ingevee word en wittes wat volgens hulle rassisties optree word gestraf. Die DA se leier sê ook dat hy dit snaaks vind dat in winkel sentrums swart mense werk en wit mense koop. Hy het blykbaar nog nie van RA gehoor nie ‘n Wit mens kry nie werk in winkelsentrums nie. Ek is so moeg vir die gedurige verwysing na kleur dat ek kan naar word. Daar is belangriker dinge waaraan geld bestee kan word as rassisme byvoorbeeld moord, doodslag en diefstal.

Cherokee ·

Sover my kennis strek kan ‘n groep nie belaster word nie maar slegs individue.

Ex-DA ·

Ek was vas van plan om DA te stem in hierdie en die volgende verkiesing omdat die VF+ so klein is en omdat die ANC so groot is, maar nadat ek gesien het hoe die DA rasse gevalle handteer het ek my lidmaatskap beeindig. Ek gaan VF+ stem, dis nog ‘n druppel in die emmer en wie weet? Eendag tip hy dalk net om.

Arie ·

Ek stem volkome saam hulle voel net soos die ANC daaroor tree net anders op, doen niks vir Afrikaans nie of teen plaasmoorde nie

Arie ·

Ek stem volkome saam hulle voel net soos die ANC daaroor tree net anders op, doen niks vir Afrikaans nie of teen plaasmoorde nie

Eugene ·

EX-DA Die VF+ sal nog baie plusse moet bykry. Eendag wanneer hulle kan omtip is wanneer hulle bietjie na links beweeg en die DA sou split , maar dan loop hulle weer die gevaar dat n party na regs kan ontstaan en weer stemme by hulle sou wegvat. Hulle huidige 0. 9% van die stemne van 2014 is net te min.

Frikkie Brits ·

Ek stem. Maar om ons wat onderdruk word enigsins te help het ons n organisasie nodig om vir ons op te staan. Afriforum en Solidariteit was en is nog altyd daar om sake namens ons op te neem, om reg en geregtigheid te laat geskied. Ek kan werklik nie sien wat enige politieke party vir die land kan doen nie, daarom sal my hand VF+ stem maar my hart Solidariteit. Kom ons maak Solidariteit en Afriforum se hande sterk deur aan te sluit en hulle sodoende meer bedingingsmag te gee, vir seker sal benadeeldes onder ons die vrugte daarvan pluk. Almal vir een en een vir almal!

Eugene ·

Frikkie Brits ja ek dink Solidariteit en Afriforum doen baie goed. Ek sien hulle het vanoggend weer nog n saak in Bloemfontein gewen. Die verskil is hulle tree vir ander bevolkingsgroepe ook op!

Cherokee ·

Heelyemal reg soos jy sê, Frikkie. Die DA is ‘n swart party wat slegs vir swart in die bresse tree. So is die ANC en so is die EFF ook swart partye. Die VF+ is ‘n blanke party wat deur blankes gestig is om vir blanke regte te veg en ek merk op dat hulle ook nou ‘n hand uitsteek na die bruin bevolking en dit sal vir my geweldig sin maak as hulle ook betrek word. Ek woon in ‘n ANC-beheerde stad en die VF+ sal in die komende verkiesing nie verteenwoordig wees nie. Ek sal dus op die draad sit en die verloop dop hou.

Frikkie Brits ·

Ek dink Solidariteit het baie, baie meer reggekry as enige politieke party die afgelope 20 jaar wat reg en geregtigheid betref. Die dag as almal wat omgee by Solidariteit aansluit gee ons hulle mandaat om elke onreg teen ons volhoubaar aan te spreek, sodoende DOEN ons iets, individue wat galbraak teen al die onreg het ons mos nou gesien is n eensame stem in die woestyn. dit werk nie , maar Eendrag Maak Mag!

Arie ·

Die DA het lankal gewys hulle gee nie n vlenter om vir die Afrikaners nie, ook nie plaasmoorde nie. Hulle het reeds my en my fam se stemme verloor

Aster ·

Die VF+ is nie meer Klein nie, die ondersteuning groei, en word net sterker.

Cherokee ·

Bedank ondermeer die DA daarvoor, Aster. Die klomp libs wat DA gestem het en weer sou stem begin deur die DA sien stadig maar seker en dit is die VF se wins.

Tina du Toit ·

Mag God gee dat die VF nog sterker sal groei. Party mense se oë moet net oop gaan en nie glo wat die DA en ANC jou belowe nie.

Wern ·

Om te groei moet die FV+ ook wit engelse en bruin mense werf, almal gaan baat as die VF+ beter verteenwoordig word, tot die swartmense gaan baat as daar meer rasionele mense is wat besluite neem.

Derek Meyer ·

Kan Maroela Media enige inligting aanstuur oor hoe ek kan help om haar boete te betaal ? Inligting daaroor het glo vlugtig verskyn op Nuus24 en was toe vinnig afgehaal. Ek sal regtig wil help om daai boete te betaal.

Wern ·

Jy het n goeie hart Derek, dankie. Ek sien jy is nognie geantwoord nie behalwe as jy deur epos geantwoord was, maar as jy niks hoor nie stel ek voor die beste is om goeie prokereursfirma in scotburgh te kontak, hulle regs gemeenskap is klein en sal jou kan sê wie haar prokereur is.

Ansie Hartman ·

Dan moet die een kandidaat van die EFF wat so BLATANT op FB gesê het die witrwz moet hul goes vat en gaan want as hulle in bewind kom is ons nie ons lewens seker nie ook hof toe gesleep word. Dit is nie net rassisties nie maar ‘n openlike dood dreigement teenoor alle blankes in die land. Hy behoort ook uit sy Party verwyder te word en moet ‘n openbare apologie doen op FB soos Me Sparrow.

Pieter van Zyl ·

Verseker is daar dubbel standaarde. Een vir wit en een vir blank.

Cherokee ·

Een vir wit en een vir blank sê jy. Ek was al die jare so seker daarvan dat die wittes almal blank is.

sarie van heerden ·

Ek het ‘n plek tussenMarine drive en die strand in Margate en ek kan nie vakansies soontoe gaan nie want die plek is totaal bemors en bly ek dus tuis. Ekhet baie simpatie met die Sparrow dame want wat sy gese het ondervind ons gedurig maar mag nie kla nie. Wil iemand my ruim 3 slaapkamer in goed beveiligde kompleks vir ‘n winskopie koop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.