Penny Sparrow moet opdok, las hof

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Penny Sparrow. Foto: Facebook

Penny Sparrow, die KwaZulu-Natalse eiendomsagent wat ʼn herrie veroorsaak het toe sy in ʼn Facebook-inskrywing swart mense met ape vergelyk het, is Vrydag in haar afwesigheid in die gelykheidshof in Scottburgh gevonnis.

Die hof het gelas dat Sparrow se uitlatings op haatspraak neerkom. Landdros Irfaan Khalil het Sparrow beveel om binne 60 dae R150 000 aan die Oliver & Adelaide Tambo-stigting te betaal. Die stigting het ten doel om kwessies rakende sosio-ekonomiese opheffing, onderwys, vrouebemagtiging en die bevordering van kuns, kultuur en erfenisinisiatiewe aan te spreek. Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, het die vonnis verwelkom.

Sparrow se dogter, Charmaine Cowrie, het Vrydag namens haar ma in die hof verskyn. Cowrie het aan regter Irfaan Khalil gesê haar ma kon nie hof toe kom nie omdat sy siek is. Volgens Cowrie “weet Sparrow nie wat om te doen nie” en was nie in staat om regsverteenwoordiging te kry nie.

Adv. Denzil Potgieter, namens die ANC, het aan die hof gesê daar is verskeie pogings aangewend om Sparrow op te spoor. Hy het gesê Sparrow het haar uiterste bes gedoen om te verhoed dat hofdokumente aan haar beteken word. “Daar is geen gronde waarom hierdie saak enigsins verder vertraag moet word nie.”

Die ANC in KwaZulu-Natal het vroeër geëis dat Sparrow R200 000 moet opdok vir haar kommentaar. ʼn Afvaardiging van die party het die hofverrigtinge bygewoon.

Sparrow het ʼn herrie op sosiale media ontketen nadat sy op Facebook swart mense met ape vergelyk en gesê het sy sal alle swart mense in Suid-Afrika voortaan as “ape” aanspreek. Sparrow het hierna om verskoning gevra.

Lees alle vorige berigte oor Penny Sparrow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Tommie ·

As jy nie iets positiefs het om te sê op sosiale media nie, bly dan net stil. Dis die veiligste

Hendrik Jordaan ·

Dan volg jou eie raad, Tommie. Hierdie uitspraak is belaglik. Dan ook nog ‘n skenking vir ‘n stigting wat ‘n oud-Terroris huldig. Dis eintlik verby lagwekkend hierdie. Treurig is die feit dat min mense hulle daaraan steur.

Vra net ·

En wat van al die haatspraak, aanhitsing tot geweld op blankes en moord agv hierdie haatspraak? Gaan die (c)anc (er) en eff tot verantwoording geroep word hiervoor?

Sarie ·

Het hulle al daaraan gedink dat uitsprake soos die en dan nog die moontlikheid dat sy ook krimineel vervolg gaa word, van meer van meer mense net nog groter rasiste gaan maak. Hierdie uitspraak is absoluut belaglik. As dit is hoe daar in die toekoms opgetree gaan word, dan gaan ons nooit ooit vrede in hierdie land weers nie want al wat ‘n regerings politieke amptenaar is, van die president tot op die laagste vlak maak daagliks erger uitlatings teenoor witmense as wat hierdie dame gemaak het. Wat van al die ander politieke partye se rasistiese uitlatings wat daagliks van politieke verhoe af gemaak word. Hoekom is nog nie een van hulle gelykheidshof te geneem en beboet nie?

Steve ·

Ek stem… so hulle mag se, optree, verkrag, moor en laster sonder dat enige iemand n vinger verroer nie…? he?….

pat aldrich ·

Wat gaan van die geld word. Virwatter doel. Ek sal nie betaal nie dis verseker

Kobus ·

Ek twyfel sterk of sulke belaglike boetes aan die ander kant van die spektrum gegee sal word. Kyk net na al die haatspraak (en selfs liedere) van die ANC/EFF

Jacques ·

Ek hoop die ander wat so ter velde getree het met hul haatspraat na Penny se insedent , word ook oor dieselfde kam geskeer

JOHAN ·

Van wanner af skryf die ANC vir die regbank voor wat die stawwe moet wees.Of ek is jammer , ek moes seker nie sulke vrae vra nie , want dit is seker ook rasisties.Wat ‘n sirkus!

Jordaan ·

Op 8 Junie is ‘n rubriek van Leopold Scholtz gepubliseer waar hy noem dat volgens die reg vir haatspraak ‘n dreigement moet teenwoordig wees. In die geval was daar nie sover ek kon sien enige dreigement gemaak nie, dus verstaan ek nie wanneer iets sogenaamde haatspraak is nie. Soos ander lesers genoem het sal mens graag sien dat een van die “ander kant” se rassisme ook in die hof beland. Al wys dit net weer die dubbele standaarde uit sal dit tog sinvol wees.

Theuns ·

Miskien moet die regering vir Leopold kry om die Gelykheids Hof en ander te kom adviseer oor hulle eie wette wat hulle nie verstaan nie. Of is dit blatante dubbel standaarde en omgekeerde rassisme?

Lance ·

Die wat skreew kill the farmer kill the boer en wat penny beswadder het as rasiste …gaan hulle ook opdok of wegkom soos die damn nkadla sage .. .

Skroplap ·

Kan daar nie ‘n fonds gestig word om die vrou te help om teen die vonnis te apelleer nie?

Jaques ·

Dis ‘n blink plan.

Laat weet as iemand rigtin kan gee ivm ‘n moontlike fonds vir Pennie.

Dalk kan ons die klomp agterafse rassiste meer gee as wat hulle wil he….

Francois ·

IS DAAR NIE N MANIER WAT ONS HAAR KAN HELP KOSTE DRAE NIE AS IEMAND HAAR KEN EN OP FB SIT ONS HAAR HELP

Oom Twakkies ·

Ironies diegene wat haar so wil stenige (die ANC) het baie meer skandalige geraamtes in die kas, veral hulle leier wat toevalige vandag geprobeer het om sy skandes te versteek in die Noord Gauteng Hoogeregshof.

Tc ·

Op grond van watter wet en artikel is sy gevonnis???Klink my hier word n kans gevat deur die landros????

Katheleen Venter ·

Dis so onregverdig, Ek ken Penny persoonlik, omdat ek saam met haaar gewerk het in Scottburgh Nursery / landscaping en so ook vir Charmain, want dit was Charmain se besigheid, en Penny is glad nie ‘n mens wat haat in haar rondra nie. Sy was ‘n volwasse persoon wat gedeel het in ander se hartseer, het ‘n fyn himorsin teenoor mense gehad, Sy het altyd oor alles gelag! Penny is nie ‘n mens wat ‘n ander leed sou aandoen nie. Wat sy wel gese het op haar FB was persoonlik aan haar vriende en het niks met die media uit te waai nie. Dit was nie persoonlik teenoor ‘n persoon indirek gese nie. Die hele ding word uit verhouding geruk! Hoekom word sy daaroor gestraf? Julius Maleme kom weg met sy woorde wat hy in die openbaar gese het. Ons President, Zuma, met ‘n rits geskiedenis agter sy naam? Penny is ‘n vrou duisend en sou nie in die openbaar so iets gese het nie. Penny en bid dat geregtigheid sal geskied. Jy moet nnie dat die gemors jou onder kty nie. Staan sterk vriendin en Charmaine dankie dat jy by Ma staan!. Sterkte julle.

peanut ·

Kan iemand my asb net se wie het al die ape uit die mou gelaat?

Jana ·

Ek voel ook hierdie uitspraak is net op haar gemik omdat sy wit is. Wat van ons oneerlike president wat gese het ons boere het ons grond gesteel en die geagte patetiese malema wat ons blankes so beledig en ook in polokwane by een van die nedersetings vir die mense gese het hulle moet die plase beset want die wit boere het dit van hulle gesteel. Dink hy en zuma behoort in die tronk en nie eers n keuse van boete nie. Maar hulle mag enigiets se want hulle is gelukkig nie wit nie!!

GES ·

Penny moet apelleer. Sy moet die voorbeeld volg wat numba-one stel. Die situasie begin nou handuitruk en gaan lei tot ongekende polarisasie.

Oom Kalahari ·

Dit is darem nou regtig ‘n manupilasie en vergrypings wet wat hier toegepas word wat niemand regtig van kennis dra onder watter artikel dit geformuleer is nie. Penny Sparrow, as jy dan werklik die gelde moet betaal op die einde van die dag, dan dring aan op ‘n stigting van jou eie keuse want daar is sovele blanke agterblewenes en oumense ens of dan liewer vir die Rhino en Elephant projekte as om tot kommies by te dra.

Isabel ·

Ja in die laaste dae sal daar nie meer geregtigheid wees nie. Vader sal jou help Penny. Bly net glo.

Pappa Beer ·

Soos Koos Doep gesing het, ” …..en toe word alles stil”.

Jos ·

Gelykheidshof, hahaha, wat ‘n klug. watter gelykheid? Watter WET het rassistiese uitsprake en haatspraak strafregtelik verklaar en watter straf kan daaraan gekoppel word en waar is die gelykheid hier want waar is die swart en anderskleurige rassiste al ooit gevonnis? Die grondwet spreek rassisme en haatspraak aan maar dis nie strafregtelik nie. Maak maar net soos Malema as jy by die MRK verkla word en sê ek trek my woorde terug en alles is reg, siedaar. En siedaar dit werk nie met Matthew nie. ‘n Regte narre sirkus en rassiste. “Kill all whites” is die ergste vorm van rassisme en haatspraak en daar word niks aan gedoen nie. Ek sal net appelleer op grond van gelykheid, konsekwentheid en strafregtelikheid.

Rupert Ashford ·

Is daar ‘n manier waarop ‘n onafhanklike liggaam kan aandring daarop dat elke sent van die geld geoudit kan word vir hoe dit bestee word indien sy dan moet betaal?

Siestog ·

Dankie Kathleen Venter vir jou insae. Ek stem Magrette Louw.

hans ·

Ek verstaan nie hoe daar n uitspraak en ‘vonnis’ gegee kan word as Me Sparrow nie eers in die hof is nie. Ek was nog altyd onder die indruk dat n beskuldigde of sy/haar regsverteenwoordiger die reg het om sy/haar saak ook te stel asook om getuies ens te ondervra.

Ben Prinsloo ·

Ek het op tv gesien van hierdie sogenaamde aktiviste by die universiteite het ook so n rassistiese t hemp gedra, wat het van daardie saak geword of is daar nooit n klag ingedien nie. Indien nie moet iemand baie vinnig so n klag indien.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.