Penny Sparrow-saak in gelykheidshof

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Die ANC in KwaZulu-Natal het versoek dat Penny Sparrow R200 000 moet opdok vir die rassistiese kommentaar wat sy na bewering vroeër vanjaar op Facebook gemaak het.

Dit is egter nie duidelik of Sparrow Vrydag self by die gelykheidshof in Scottburgh sal wees waar die saak aangehoor word nie. Sparrow kan sedert die kommentare aan die lig gekom het nie opgespoor word nie en die tersaaklike hofdokumente is nog nie op haar beteken nie.

Die ANC het intussen in ʼn verklaring gesê ʼn afvaardiging van die party sal Vrydag se hofverrigtinge bywoon.

“Ons doen ʼn beroep op die hof om haar ʼn swaar vonnis op te lê wat rassiste duidelik sal laat verstaan dat dié land g’n plek het vir mense met sulke naakte vooroordele nie. Vooroordele gegrond op die waan van meerderwaardigheid net omdat hulle toevallig as wit mense gebore is,” het Super Zuma, die ANC se provinsiale sekretaris in KwaZulu-Natal, gesê.

“Haar aanstootlike uitlatings het nie net die nasionale atmosfeer in die land vergiftig nie, maar ook alle vooruitgang wat ons gemaak het in die totstandkoming van ʼn nie-rassige land waarin alle Suid-Afrikaners ʼn reg op menswaardigheid het, bedreig.”

Sparrow het ʼn herrie op sosiale media ontketen nadat sy op Facebook swart mense met ape vergelyk het en gesê het sy sal alle swart mense in Suid-Afrika voortaan as “ape” aanspreek. Sparrow het hierna om verskoning gevra.

Lees alle vorige berigte oor Penny Sparrow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Vra net ·

Hoekom hoor mens nooit dat rassisme van swart mense teenoor blanke mense of teen enige ander ras nóóit in die hof gaan draai nie?

Loeis ·

Op daai noot: volgens News24 is Penny nou te siek om in die hof te verskyn. Wonder of sy die Shakes gekry het?

Maar helaas is ons almal gelyk in hierdie land, party is net meer gelyk as ander.

Maddox ·

So sy kon nog nooit opgespoor word nie? … darem snaaks ne, kan dit dalk wees dat sy nie rerig bestaan nie, en hierdie hele gedoente ‘n opgemaakte storie was om weer blankes in ‘n slegte lig te stel ? Ons ken mos nou almal al die ou deuntjie- net wit mense kan rasisties wees!

Willie ·

Na wie is die een Stadion vernoem, wat altyd geskree het “kill the farmer, kill the boer”? Peter wie ….

Vra net ·

Hoekom hoor mens NOOIT dat rassistiese asnmerkings van swart mense teenoor blanke mense of teen enige ander ras nooit in die hof gasn draai nie?

Francois le Cochon ·

Die vraag op jou antwoord sal jy vind in die Bybel. Gaan lees Spreuke 12 vers 16.

christine ·

Sy bestaan nie klaar nog nooit so n van gehoor nie. Wie sal hulleself nou n Sparrow wil noem belaglik

Karma ·

@Christine – ek het al van vreemder vanne as “Sparrow” gehoor. Onthou net, die agentskap waar sy gewerk het, het bevestig dat sy as eiendomsagent daar gewerk het. Maar dat dit ‘n “hoax” is, is nie onmoontlik nie. ‘n Mens kan enige iets van die rassistiese ANC verwag!

Lalla ·

Hoeveel mense wat haar nou stenig het gesien hoe gaan van die mense daar te kere. Hoeveel WIT mense mag nie na die hoof strad toe gaan nie omrede dit afgebaken wat vir die swart mense se gebruik. Is dit nie ook rasisties en verkeerd nie.

Karma ·

@Lalla, terwyl ek die probleem van omgekeerde rassisme ná 1994 nie misken nie, moet ek droogweg opmerk dat – indien daar wel enige strand is wat afgebaken is vir gebruik eksklusief deur swartmense – dit letterlik “karma” is: voor 1994 het die swartmense, kleurlinge en Indiërs dit aan hulle bas gevoel – nou voel ons witmense dit aan ons basse!

Spook ·

DIS NET PROPOGANDA EN AANBLAAS TOT VOLKSMOOD OP DIE WIT MENSE.Niemand kon nog ooit die vrou se bestaan bevestig nie. En wat van die kill all whites kaders?

Rina Pretorius ·

laat almal van hulle soort dan ook R200000 opdok asb, gaan kyk gerus op facebook hoe hulle ons name noem en hoe hulle ons gaan uitmoor, hello!!! laat hulle elkeen dan R200000 aan solidariteit betaal

Cherokee ·

Wonder of die spreeu-vrou steeds DA stem. Terloops, waarom is julle DA’ers so stil?

Hendrik ·

Ek neem aan jy is nie ‘n DA ondersteuner nie. Ek kan self aflei wie jy voor stem. JZ het verskoning gevra vir iets baie erger en almal vergewe hom. Maar die oomblik as ‘n wit persoon iets van swart mense se wat nie deur almal aanvaar word nie en sy vra verskoning dan word daar egter gevra dat sy erger gestraf word. Hoe kry jy die twee bymekaar Cherokee? Probeer in Desember op Durban se strand gaan swem as ‘n wit persoon. Ek daag jou uit. Jy het nie ‘n kans nie.

lynette ·

Julle is nou lekker laf, die vrou bestaan wel. Sy het dalk die land verlaat, sy het haar werk verloor, wat bly vir haar oor in die land?

Grap ·

Die ANC soos die DA baklei kliphard as dit wit teen swart is maar niemand se iets as dit swart op wit is nie waar is ons leiers of die partye wat ons stem by die stembus soek????

Nevi ·

Sparrow is te siek om hof by te woon…sy vrees vir haar lewe…geen prokureur wil haar verteenwoordig…haar dogter het namens haar verskyn…WAT NOU???Tel eers jou woorde voor jy UITBAARS!!!

Maddox ·

En nog steeds het niemand haar gesien nie!. Enige iemand kan in die hof opstaan en se sy is die vrou se dogter. Mense doen snaakse goed vir geld. Ons sal eers glo sy is nie ‘n spook nie die dag as ons haar in lewende lywe sien. Hierdie ruik al meer na ANC se vuilspel om wittes swart te smeer!

Geen probleem ·

Geen probleem, sy kan ‘n swaar straf opgele word (ek dink in elk geval meer van community service met mense in rural areas), maar dit moet vir almal geld alle kante toe. Gaan lees Mohammed Ali se uitpraak: Enige iemand wat iemand oor kleur haat, maak nie saak watter kleur dit is nie, is net eenvoudig verkeerd. Die woorde sluit die totale bevolking in, ons moet respek vir mekaar hê, ons is almal ‘n skepping van God en moet dit eerbiedig.

RESPEK ·

Die SIEL van lewende het GEEN KLEUR maar DIE VRUG (optrede/reaksie) daarVAN KLASSIFISEER HULSELF;
Mens/omgewing=selfrespek, Dier\natuur=kultuur.

Hannelie ·

Ek ken net vir “Jack Sparrow”. Nog nooit van haar gehoor. Maar hoor gereeld ‘KILL THE FARMER, KILL THE BOER”. Wonder of dit in ander konteks gesien word? Sekere persone mag gal braak teenoor sommige kulture, en daar word NIKS daaromtrent gedoen. Sjoe waar trek mens die streep?

Gertjie ·

No. 1 het gese “;bring my masjiengeweer” wie wil hy doodskied???

Hahaha ·

Klink eerder of die ANC geld nodig het vir hulle verkiesing. Ag jitte tog, die land brand en hulle is soos ‘n gewonde leeu oor die sogenaamde wit op swart rassisme.

Moedeloos ·

Waar gaan alles eindig? En hoekom kan daar niks aan gedoen word nie? Is dit n toekoms vir die blanke? Dis nie my skuld oor wat voor 94 gebeur het nie. Is dit die enigste waar toe ons as blankes in staat is, om te mor en moan op platvorms soos die en om die braaivleis vure. sug.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.