Penny Sparrow se dogter in hof

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Penny Sparrow se Facebook-inskrywing is wyd op sosiale media gedeel. Foto: Twitter

Penny Sparrow, die KwaZulu-Natalse eiendomsagent wat ʼn herrie veroorsaak het toe sy in ʼn Facebook-inskrywing swart mense met ape vergelyk het, het Vrydag nie by die gelykheidshof in Scottburgh opgedaag nie.

Sparrow se dogter, Charmaine Cowrie, het egter namens haar ma in die hof verskyn. Cowrie het aan regter Irfaan Khalil gesê haar ma kon nie hof toe kom nie omdat sy siek is. Volgens Cowrie “weet Sparrow nie wat om te doen nie” en was sy nie in staat om regsverteenwoordiging te kry nie. “Niemand wil haar verteenwoordig nie,” het Cowrie gesê.

Sy het die hof versoek om die saak uit te stel. “Sy is nie vandag hier nie, want sy is op die oomblik siek. Sy is ʼn diabetes-lyer,” het sy gesê. Cowrie het gesê sy het hof toe gekom omdat sy ʼn telefoonoproep van ʼn polisiebeampte ontvang het wat vir haar gesê het sy moet die hofsaak bywoon.

Adv. Denzil Potgiete, namens die ANC, het aan die hof gesê daar is verskeie pogings aangewend om Sparrow op te spoor. Hy het gesê Sparrow het haar uiterste probeer om te verhoed dat hofdokumente op haar beteken word. “Daar is geen gronde waarom hierdie saak enigsins verder vertraag moet word nie,” het hy gesê.

Die saak duur voort.

Lees alle vorige berigte oor Penny Sparrow op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Ivan ·

Absoluut n’skande, niemand wil haar verteenwoordig nie, maar van ons regsgeleerdes is bereid om swart moordenaars wat duidelik skuldig is se sake aan te neem en teen ons mense te getuig. Dis pure bees bollie.

As jy verkeerd is ·

Ek sê altyd as jy verkeerd is moet jy maar jou moeilikheid vat. Dit was ‘n baie dom ding om kwyt te raak, maar regtig is dit so erg dat die arme vrou in vrees en doodsiek opeindig. ANC as jul so ver wil gaan, moet jul dieselfde met almal doen, ek praat nie Penny Sparrow se uitspraak goed nie, nee ek stem glad nie saam met dit, maar regtig dit is nie moord en dood nie en beslis nie die goed wat al deur Ministers, regering, oposisie partye geskryf of gesê is nie, tot t-hemde dra wat regtig baie lelike goed sê! Ons almal verwys soms neerhalend na iemand anders veral as jy moedeloos en vies is.

Maddox ·

En nog steeds het niemand haar gesien nie?. Enige iemand kan opstaan in die hof en se , sy is Sparrow se dogter. Mense doen snaakse dinge vir geld. Ek sal eers glo sy bestaan die dag as ek haar in lewende lywe kan sien, want hierdie storie begin al meer ruik na ‘n vrot anc opgemaakte storie om wittes sleg te se.

JT ·

As iemand op jou tone trap moet jy maar jou voete uit die pad kry.

Paul ·

‘n Mens kan met sekerheid aanvaar dat Penny Sparrow nie bestaan nie. Sy is deur die ANC geskep om witmense by te kom. Twee mossies word vir ‘n pennie verkoop maar tog voed God hulle. Hoe het Steve gese- Go figure.

Jan maak n Plan ·

Nou hoekom juis n advokaat aanstel vir n saak in die geleikheidshof. Wil hulle nie sommer meer geld mors en sommer n paar advokate aanstel nie. As Sparrow swart was sou hiervan niks gekom het nie. Waars die sake wat teen daai Kaapse studente sou gemaak gewees het —– WEG!!!!!

Marietjie ·

Die anc kom weg met moord, se en doen net wat hulle wil, niks gebeur nie. Blameer als op die wittes en apartheid wat al holrug gery is. Swart en wit sal nooit eye to eye sien nie, kan nie meng nie, en sal nooit soos duisende jare nou al reeds bewys het in dieselfde juk kan trek nie.

Isabel ·

Ja van iets klein word nou ‘n berg gemaak. Penny Sparrow weet Vader se Hy kyk na die “sparrow”. Sterkte en laat die wat jou nou wil kruisig hul self op hang. Ons leef in ‘n land waar mense in vrees lewe. Sommiges kom weg met moord maar o! Wee! Oppas as jy iets kleins se.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.